Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Is dit regtig nodig om te vergader?

Gegewe die huidige werk-van-die-huis situasie is ons meer geneig om ons werksure te spandeer in `n teams-vergadering of op `n Zoom-oproep. Diegene wat van die huis af werk sal moontlik `n skerp toename opgemerk in die hoeveelheid virtuele vergaderings waarheen hulle uitgenooi word sedert grendeltyd afgeskop het verlede jaar.

Die meeste van ons spring van een vergadering na die ander of probeer vergaderings skeduleer wat almal se reeds vol skedules pas. Hierdie optrede mag `n korttermyn oorreaksie wees weens die gebrek aan ander kommunikasievorme en sosiale kontak, maar dit kan produktiwiteit en effektiwitit beinvloed.

`n Produktiewe vergadering is een waar dit kennis gedeel moet word en die bespreekte onderwerpe gemeenskaplike samewerking benodig – waar mense terselfdertyd aanlyn moet wees, verkieslik op dieselfde plek. Dit is ook nuttig as konflik hanteer moet word of beter verhoudings gebou moet word. 

As `n vergadering egter geen duidelike uitset toon, die onderwerpe irrelevant is, die uitkoms bepaal kon word sonder `n vergadering of jy slegs teenwoordig is om te luister en nie insette  te gee nie, kan jy dit oorweeg om die uitnodiging van die hand te wys. Oor die algemeen is 40% van vergaderings nie werklik nodig nie.

Indien jy by verstek bloot uitnodigings na vergaderings aanvaar, veral dié sonder `n agenda, bevestig jy dat dit waaroor die ander persoon wil praat `n beter benutting is van jou tyd as jou eie werk.

Om vergaderinguitnodigings van die hand te wys kan `n uitdaging wees, veral met reeds geskeduleerde vergaderings. Dit kan egter die geleentheid bied om `n gesprek te begin met jou span oor watter onderwerpe nodig is om te bespreek en watter minder belangrik is. Onder is `n grafiese voorstelling wat jou en jou kollegas kan help om te besluit of `n vergadering nodig is. 

Gebruik hierdie geleentheid om jou vergaderings to verbeter, tyd te spaar en `n verbeterde, produktiewe werksongewing te skep. 

BRON: https://www.wrike.com/blog/meeting-infographic-decision-tree/

[ARTIKEL DEUR MANDY WANZA]

 

 

 

 

 

 

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.