Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Kommunikasie

Impak van die internet kabelbreuk op Universiteit Stellenbosch

Maandag, Januarie 20th, 2020

Die probleme met internetspoed wat Suid-Afrikaners tans ervaar is reeds vir weke lank in die nuus. Maar hoe het dit ons eie Universiteitsgemeenskap beïnvloed? 

Die kort antwoord is dat ons, in die meeste gevalle, hoegenaamd nie ʼn degradasie in netwerkverrigting opmerk nie. Hoe is dit moontlik, wonder jy dalk? Die rede lê by TENET, die diensverskaffer vir die tersiêre opvoedingsektor, se oortolligheidsontwerp van ons internasionale stroombane. Wanneer ʼn spesifieke netwerkstroombaan, om watter rede ookal, gebreek is – soos die Wes-Afrika kabel (WACS) op die oomblik – word die universiteit se internetverkeer soomloos herlei deur ʼn ander stroombaan, Seacom, wat langs die Oos-Afrika kus loop. 

Vanselfsprekend word die risiko van ʼn volslae netwerkonderbreking verhoog deur die huidige onbeskikbaarheid van die WACS (en SAT3), maar so ver het ons dienste beskikbaar gebly sonder enige glipse. Dis ook duidelik sigbaar op die grafiek onder wat deurlopende internetverkeersvloei, 100% koppelvlakbeskikbaarheid van die netwerk, ekstra beskikbare kapasiteit en geen netwerkfoute aandui. 

Ander netwerkdiensverskaffers het dikwels nie hierdie vlak van oortolligheid tot hulle beskikking nie en voel meer ernstig die impak van die kabelbreuk. Dis ook hoekom IDV’s soos Axxess, Afrihost en ander by tye gesukkel het en hoekom sommige gebruikers verbindingsprobleme tuis of elders as op kampus ervaar het. 

Wanneer sal die situasie weer terugkeer na normaal? Die WACS-kabel aan die kus van die Kongo word tans herstel deur die kabelherstelskip en TENET skat dat die herstelwerk teen 11 Februarie voltooi sal wees.

Vir meer gereelde nuus oor die situasie en inligting oor hoe die herstelproses werk, volg TENET op Twitter.

Click for larger image

TENET internet usage graphs

 

(English) WhatsApp scams

Dinsdag, April 23rd, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

`n Splinternuwe voorkoms

Woensdag, Junie 6th, 2018

Om in te lyn wees met die Universiteit se eeufeesvieringe en ook as ʼn poging om ons kommunikasie te standaardiseer vir konsekwentheid en veiligheidsredes, het ons, in samewerking met Korporatiewe Kommunikasie, alle elektroniese kommunikasie wat deur Informasietegnologie versend word, herontwerp. Dit sluit Bits & Bytes, ons nuusbrief, kubersekuriteitsboodskappe, sowel as kennisgewings soos wagwoord veranderinge, internetrekeningstate, ens. in.

Met die nuwe voorkoms hoop ons dit sal vir ons personeel en studente makliker wees om amptelike IT-kommunikasie uit te ken en slegs te reageer op hierdie uniek-ontwerpte boodskappe. 

Informasietegnologie sal nooit vir jou ʼn e-pos stuur om jou rekening te verifieer en dreig om jou rekening te sluit nie. Onthou egter om altyd eerder versigtig te wees en uit te kyk vir sekere phishing-eienskappe. As jy ooit twyfel oor die geldigheid van ʼn e-pos, kontak ons eerder direk by helpinfo@sun.ac.za of x4367. 

Hier is die ontwerpe om voor uit te kyk.(aflaaibare PDF-dokument)

ʼn Spesiale dankie aan Korporatiewe Kommunikasie en Nicolas wat ons met die ontwerpe gehelp het. 

SMiShing: Nou op jou selfoon

Dinsdag, Augustus 1st, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wangiri-bedrog neem toe

Maandag, Julie 31st, 2017

Volgens MyBroadband het Vodacom, MTN, en Cell C ʼn toename in Wangiri foonbedrog in Suid-Afrika opgemerk. Suid-Afrikaanse selfoongebruikers het ook berig dat hulle toenemend meer verbeurde oproepe van onbekende internasionale nommers ontvang. Oproepe kom van regoor Afrika en Europa, onder andere Guinee, Frankryk en België.

Wangiri is ʼn tipe foonbedrog wat aanvanklik in Japan ontstaan het. Wangiri kan vertaal word as “one (ring) and cut”. Die misdadigers huur ʼn premium-tarief nommer van `n telekommunikasie diensverskaffer  en skakel lukrake nommers deur middel van ʼn outomatiese skakelaar. Die telefoon lui slegs een keer en daarna word die telefoniese verbinding verbreek.

ʼn Outomatiese skakelaar is ʼn elektroniese toestel of programmatuur wat outomaties telefoonnommers skakel. Sodra die oproep beantwoord word, sal die outo-skakelaar normaalweg ʼn opgeneemde boodskap speel of jou verbind aan ʼn persoon. (Wikipedia)

ʼn Verbeurde oproep vertoon op die slagoffer se foon en hy skakel terug aangesien hy dink dat dit vir hom bedoel was. Gevolglik betaal hy `n buitensporige bedrag wat reguit in die misdadigers se rekeninge inbetaal word. 

Beide CellC en MTN het hulle kliënte versoek om nie enige verbeurde oproepe te beantwoord nie. Moenie ʼn nommer terugbel wat jy nie herken nie. Indien dit ʼn regte oproep is, sal die persoon jou terugbel of ʼn stempos los. 

Wangiri is slegs een voorbeeld van foonbedrog. Lees meer oor die ander variasies op Wikipedia.

 

[BRONNE: https://readstudyshare.wordpress.com; www.wikipedia.com]

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.