Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

E-pos

Heraktiveer jou gebruikersnaam voor 1 April

Maandag, Februarie 8th, 2021

Alle personeel se netwerktoegang en gebruikersname verval outomaties einde Maart, tensy jy dit heraktiveer.

Om te verseker dat jy ononderbroke toegang tot IT-dienste (byvoorbeeld e-pos, internet, SUN-e-HR) het, stel ons voor dat jy dit so gou as moontlik afhandel. Neem in ag dat die kostepuntbestuurder eers jou aansoek moet goedkeur voordat jou toegang heraktiveer is. Laat dus voldoende tyd toe dat die proses afgehandel kan word sodat jou diens nie onderbreek word nie. 

Jy sal ʼn e-pos van helpinfo@sun.ac.za ontvang wat aandui dat jou gebruikersnaam (“engagement”) gaan verval. Drie waarskuwings word gestuur voor einde Maart. Alternatiewelik kan jy ook  direk na die heraktiveringsblad gaan wanneer jy verkies.

Sodra jy aangeteken is op die heraktiveringsblad, kan jy kies watter dienste jy wil heraktiveer. Bo-aan die bladsy, kry jy die geleentheid om die EKB (Elektroniese Kommunikasiebeleid) te lees. Ons beveel aan dat jy dit eers lees sodat jy jouself kan vereenselwig met die voorwaardes wat verbonde is aan jou netwerkgebruik. 

Kies die dienste waarvoor jy wil heraktiveer:

 

Heraktivering van internet-gebruikersname is nie meer nodig nie en kan geignoreer word.

Maak seker dat die korrekte kostepunt en projek (indien van toepassing) ingevul is.

Kliek Accept and Reactivate.

Die webblad sal aandui dat jou versoek ontvang is en dat jy ʼn e-pos sal kry wanneer dit goedgekeur is. Jy sal ook dadelik ʼn e-pos kry om te bevestig dat jou versoek ontvang is. 

Die useradm webwerf sal aandui dat die aansoek nog goedgekeur moet word deur die kostepuntbestuurder. Sodra dit goedgekeur is, sal die toegang geskuif word na einde Maart volgende jaar.

Indien bogenoemde stappe suksesvol voltooi het en jy nogsteeds e-posse ontvang vanaf helpinfo@sun.ac.za  oor heraktivering, kontak asb. die IT Dienstoonbank by  021 808 4367 of stuur ʼn e-pos aan help@sun.ac.za. Die rede hiervoor mag die status van jou rol by die universiteit wees. 

(English) Warning: Sextortion scam

Maandag, Februarie 1st, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Uitfasering van generiese IT e-posadresse

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Tot onlangs het Informasietegnologie generiese adresse gebruik vir navrae. Vorige jare is hierdie posbusse met die hand gemonitor, maar meer onlangs, met die in werking stelling van die ICT Partner Portal, is dit eerder opgestel dat ʼn versoek outomaties aangeteken word.

As voorbeeld – as jy ʼn e-pos sou stuur na quote@sun.ac.za om navraag te doen oor hardeware komponente, sou jou e-pos outomaties ʼn versoek om informasie aanteken op die platform, gekoppel aan jou naam. In ʼn soortgelyke geval, as jy aan help@sun.ac.za e-pos gestuur het omdat jy die IT Dienstoonbank wou kontak. is ʼn versoek op jou naam aangeteken op die ICT Partner Portal

Binnekort sal dit nie meer die geval wees nie. Hierdie generiese adresse sal uitfaseer word en voortaan sal die enigste manier hoe jy ʼn IT-diens of informasie kan versoek wees deur ʼn versoek aan te teken op die ICT Partner Portal. (Sien ook ons FAQs oor foutrapportering vir meer inligting)

Bogenoemde het betrekking op die volgende adresse:

help@sun.ac.za
helpinfo@sun.ac.za
software@sun.ac.za
quote@sun.ac.za
student@sun.ac.za
telecom@sun.ac.za
students@sun.ac.za
itkursus@sun.ac.za
ittd@sun.ac.za
portalhelp@sun.ac.za
pbk@sun.ac.za
csirt@sun.ac.za
soc@sun.ac.za
ithub@sun.ac.za

Indien jy enige verdere navrae het, teken asb. ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.

Teken uit van Cortana-kennisgewings

Woensdag, Augustus 5th, 2020

Microsoft het onlangs ʼn outomatiese status-opdateringsfunksie vir personeel en studente geaktiveer. Dié e-pos verskaf ʼn opsomming van al Microsoft-gebruikers se aktiwiteite op hulle platforms, byvoorbeeld Outlook en Teams. 

Volgens die maatskappye is nuwe Microsoft 365-funksies, soos die Briefing e-pos en Play My Emails, geaktiveer deur middel van Cortana enterprise services. Hierdie funksies is tans beskikbaar vir alle US-personeel en studente.

Jy kan egter uit teken van hierdie dienste deur unsubscribe onderaan die e-posse te kliek of jy kan dit doen by https://cortana.office.com/

(English) Phishing scam from a forged email

Donderdag, Mei 14th, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.