Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Zotero: stap vir stap

Vrydag, Junie 6th, 2014

In `n vorige bloginskrywing het ons  jou vertel van Zotero, `n kragtige verwysingsmiddel. Dié keer verduidelik ons hoe dit werk.

VERSAMELING VAN BRONNE

Daar’s ’n cool skermopname (screencast) wat al die aspekte hieronder illustreer, sowel as ’n baie goeie gids.

Zotero se eerste ‘wenner’ eienskap is die feit dat dit vir jou makliker en vinniger maak om die inligting oor jou bronne akkuraat te versamel. In die meeste gevalle kan jy al die inligting wat vir ’n aanhaling nodig is (bv. titel, datum, uitgewer en plek – in die geval van ’n boek) met ’n enkele klik “gryp” terwyl jy na die spesifieke item op jou verkose navorsings/biblioteekwebwerf kyk (bv. Google Scholar, JSTOR, EBSCOHost). Daar is vier maniere om bronne te versamel:

  1. Gebruik die ikoon in die adreslyn. Op die meeste webwerwe dal Zotero ’n ikoon aan die regterkant  van die boonste adreslyn byvoeg. Wanneer daar op hierdie ikoon geklik word, sal Zotero outomagies die metadata van die item waarna jy tans kyk, gryp (bv. ’n boek op Google Books, ’n wetenskaplike artikel op JSTOR, ens.) en ’n nuwe item in jou biblioteek skep.
  2. Gebruik jou navorsings/biblioteekwebwerf se “aflaai” (Export) funksie. Die meeste navorsingswebwerwe sal ’n “aflaai” skakel êrens op die blad hê. Zotero sal sonder probleme ’n nuwe item in jou biblioteek skep wanneer jy op daardie skakel klik. Dít is veral nuttig wanneer jy na soekresultate op ’n webwerf soos Google Scholar kyk, omdat jy baie bronne baie vinnig sal kan byvoeg (m.a.w. wanneer jy alles wat interessant lyk, saam groepeer om later daarna te kyk).
  3. Sleutel ’n boek se ISBN in. Indien jy met gedrukte boeke werk, sal jy daaraan gewoond wees om na die boek se voorste bladsye te blaai en die fyn druk te probeer lees vir die besonderhede soos die uitgewer, en die plek en jaar van publikasie. In hierdie geval is Zotero se toorkuns veral skouspelagtig. Klik eenvoudig op die ‘towerstaffie knoppie in Zotero, sleutel die boek se ISBN in en druk die doensleutel ENTER. Amper onmiddellik sal Zotero ’n aantal wêreldwye ISBN-dienste kontak, die korrekte metadata van die boek kry en ’n nuwe item in jou biblioteek skep.
  4. ’n Nuwe item met die hand skep. In die seldsame geval dat nie een van bogenoemde maniere beskikbaar is nie, kan jy ’n nuwe item skep en die besonderhede met die hand invoeg (d.w.s. op die sleutelbord).

AANHALING VAN BRONNE EN DIE SKEP VAN ’N BIBLIOGRAFIE

Sodra jy al jou bronne in jou Zotero-biblioteek versamel het, kan jy begin om hulle in Microsoft Word (en ander woordverwerker) dokumente aan te haal. Hierdie is Zotero se tweede ‘wenner’ eienskap: dat dit al die vuil werk van die stylformattering agter die skerms doen. Jy plaas eenvoudig jou muiswyser waar jy die aanhaling wil invoeg, gaan na die “Add-ins” tab in Word en klik die “Insert Citation” ikoon. Dit sal ’n aanloklike teksboks met ’n rooi rand oopmaak waarbinne jy die titel/outeur van jou bron(ne) kan tik. Deur die doensleutel ENTER te druk, sal ’n netjiese aanhaling in jou voorkeurstyl bygevoeg word. Nog iets: daar is meer as 6 000 style wat van die Zotero-webwerf afgelaai kan word.

Baie studente sal die bang voorgevoel ken wat opduik wanneer hulle klaar is met die eintlike skryf van hulle skripsie/verslag/tesis, net om te onthou dat die bibliografie skitter deur sy afwesigheid. Dit is hier waar Zotero se derde ‘wenner’ eienskap intree: dit hou tred van wat jy in jou dokument aangehaal het en genereer ’n volledige bibliografie, in jou verkose styl, met die klik van ’n knoppie.

Kyk bietjie na hierdie blad vir ’n volledige gids oor die aanhaal van bronne en die generering van ’n bibliografie met Zotero.

Volgende keer – Gevorderde wenke om die meeste uit Zotero te kry.

[ARTIKEL DEUR JOHANNES JONKER]

 

SUNid – die feite

Vrydag, Junie 6th, 2014

Wat is SUNid en waarvoor word dit gebruik?     

SUNid is die eerste en en `n belangrike bousteen van identiteit-en toegangsbestuur(IAM). Eksterne werkers en besoekers word op hierdie stelsel geskep. Die taak is voorheen deur Menslike Hulpbronne verrig, maar is nou desentraliseer en departemente neem dus self verantwoordelikheid vir eksterne werkers en besoekers by die departement.            

Moet ek dus glad nie meer vir Menslike Hulpbronne kontak vir die skep van eksterne werkers nie?
Nee, Menslike Hulpbronne word net gekontak vir personeellede wat op die betaalstaat van die uinversiteit is.   

Waar begin ek as ek ‘n eksterne werker of besoeker moet skep op SUNid?

  • Die hoof van die departement moet eers per epos aan help@sun.ac.za aandui wie in die departement mag optree as “Approvers” op die SUNid stelsel.
  • Die epos aan help@sun.ac.za teken ‘n outomatiese versoek aan in IT se versoekestelsel.
  • IT Dienstoonbank skep die hoof van die departement as “Sponsor” op SUNid en die persoon wie die hoof aandui as verantwoordelike persoon vir die skep van eksterne werkers en besoekers as “Approver” op SUNid.

Wat moet ek, as “Approver”, nou doen?

Gaan na http://id.sun.ac.za en teken aan met jou gebruikersnaam en wagwoord.

Die volgende skerm sal verskyn:                                 

1

 

Waar begin ek om ‘n nuwe eksterne werker/besoeker te skep op SUNid?
Kliek op Search for Identity en verskaf, verkieslik, die US nommer, andersins die ID nommer. 

2
 
 

Sodra die Identity gevind is, sal die res van die inligting op die skerm voltooi word.

  • Kliek Next.
  • Voltooi al die rooi, verpligte velde op die volgende skerm 
  • Kliek Create/Edit Engagement
  • Maak seker dat al die inligting korrek ingevul is.
  • Kliek op Send For Approval.

Wat ontvang die eksterne werker of besoeker nou?
Die nuwe eksterne werker sal ‘n US-nommer ontvang asook ‘n rol (as eksterne werker)

Wat moet die nuwe eksterne werker of besoeker nou doen?
Die nuwe eksterne werker kan na die kaartkantoor toe gaan (in Administrasiegebou A) om ‘n foto te laat neem, en ‘n US-kaart te ontvang.

Het die nuwe eksterne werker/besoeker ook nou toegang tot epos en internet?
Nee. Toegang tot elektroniese stelsels (soos e-pos, internet) is ‘n volgende stap en word versoek deur die volgende aansoekvorm te voltooi: https://maties2.sun.ac.za/rtad4/network_request/

Wat beteken die onderstaande foutboodskap wanneer ek ‘n eksterne werker / besoeker op SUNid skep?
“This new identity is already known outside SUNid – probably a permanent employee.”
Indien die persoon alreeds  ‘n bestaande rol het en dus nie op SUNid geskep kan word nie, sal dié foutboodskap verskyn. 

Maak seker dat al die inligting korrek voltooi is, kontroleer veral die datums van die nuwe “Engagement”. Indien u nie regkom nie, kontak asseblief IT se Dienstoonbank by 0218084367 of stuur ‘n epos aan help@sun.ac.za om ondersteuning te versoek.

Vir watter periode kan ek ‘n eksterne werker of besoeker op SUNid skep?
Nuwe “Engagements” op SUNid kan vir ‘n maksimum periode van 12 maande geskep word, maar ook vir so kort as `n week. Maak ook seker dat “Engagements” se datums nie mekaar oorvleuel nie. Elke “Engagement” moet ‘n unieke begin-en einddatum hê

Kan ‘n eksterne werker/besoeker se inligting op SUNid gewysig word?
Ja, die volgende opsies is beskikbaar:

Review
Renew
Terminate
Suspend
Transition
Edit Attributes

Waar kry ek die bogenoemde opsies op SUNid?
Kliek eers op Maintain Identities

 4
 
 Kliek dan op Search Engagements.
 
Is daar ‘n verskil tussen die jaarlikse heraktivering vir elektroniese dienste en eksterne werker / besoeker-rolle wat verval?
Ja, heraktivering vir elektroniese dienste moet jaarliks voor 31 Maart gedoen word. Eksterne werker/besoeker-rolle kan enige tyd van die jaar verval – dit sal afhang van wanneer dit geskep is

Moet eksterne werker/besoeker-rolle en herregistrasie vir elektroniese dienste dus jaarliks aktiveer word?
Ja, eposse vanaf helpinfo@sun.ac.za sal ontvang word wat as waarskuwings dien. Moet asseblief nie die eposse ignoreer nie. Alhoewel die eposse sal aandui dat die gebruikersnaam gaan verval, mag dit ook beteken dat dit ook beteken dat die rol gaan verval.

Hoe kan ‘n persoon seker maak dat heraktivering vir elektroniese dienste gedoen is?
Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer die opsie:

 6

Beweeg af tot heel onder op die regterkant van die skerm.  Indien die vervaldatum vir “Network/Email” en “Internet” aangedui word as 

7
 is toegang tot elektroniese dienste in orde vir vanjaar, 2014.

 
Hoe kan ‘n persoon seker maak dat die rol as eksterne werker/besoeker in orde is?
Die “Approver” kan aanteken op SUNid, en die “Search for Engagement” opsie gebruik om te kontroleer of die persoon se rol aktief is. 

Waar kry ek meer inligting oor SUNid?
Besoek ons wiki  vir meer inligting oor die prosedures vir registrasie op SUNid. Vorige artikels oor SUNid kan ook op ons blog gelees word.

[ARTIKEL DEUR PETRO UYS]

Jou gids to US informasie

Vrydag, April 11th, 2014

Tot onlangs was dit relatief maklik en vinnig om personeel se telefoonnommers op te spoor. Jy’t net vinnig in Outlook se adreslys gaan loer en gewoonlik het jy dit gekry. 

Deesdae verskyn telefoonnommers nie noodwendig meer in Outlook se adreslys nie. Die meeste van ons wend ons dan maar tot Kliëntediens by 9111 vir die tipe navrae. Ongelukkig beskik Kliëntediens nie oor skakelbord funksionaliteit nie en bestaan die vorige skakelbord alreeds sedert 2009 nie meer nie. Buitendien, het jy geweet daar is `n baie makliker en vinniger manier?

http://gids.sun.ac.za/ laat jou nie net toe om enige interne telefoonnommer op te soek nie, maar ook e-posadresse. Bo en behalwe die soekfunksies kan jy jou telefoon- en internetrekening opsoek, jou wagwoord verander en aansoek doen vir `n netwerkregistrasie. 

So, vir al jou admin, raadleeg ons eie, plaaslike US-gids

 Unfortunately Client Services doesn’t have a switchboard functionality. The previous switchboard ceased operating at the end of 2009.

Die einde van XP

Vrydag, April 11th, 2014

Op Dinsdag, 8 April het die einde van die Windows XP-era uiteindelik na 12 jaar aangebreek. Vanaf dié datum sal Microsoft nie meer opdaterings vir XP vrystel nie. 

Hoewel jou XP-bedryfstelsel steeds sal funksioneer, beteken dit wel dat jou rekenaar meer blootgestel sal wees aan rekenaarvirusse. Terselfdertyd is XP verouderd en nie meer  effektief genoeg om aan ons behoeftes vandag te voldoen nie. 

Daar is egter nog nie rede vir grootskaalse paniek nie. IT is sedert verlede jaar in die proses om Windows 7, XP se plaasvervanger, uit te rol na XP-rekenaars op kampus.  Ons wil so min as moontlik ongerief veroorsaak en verstaan dat personeel baie besig is en stel ons gebruikers se hulp in die verband hoog op prys.

Met die uitrol van Windows 7 stel ons ʼn aanvaarbare standaard van digitale sekuriteit en integriteit, en ewe belangrik, skep ons ʼn geleentheid vir gebruikers om nuwe tegnologie aan te leer en te bemeester.

Dis wel belangrik om in gedagte te hou dat `n groot aantal rekenaars se hardeware nie in staat is om `n swaarder en nuwer bedryfstelsel te hanteer nie. Ouer werkstasies mag komponente benodig en in so `n geval sal `n tegnikus `n aanbeveling doen. Hierdie uitgawes sal vir  die departement se koste wees. 

Opgradering van XP na Windows 7 is gratis, maar daar is `n koste verbonde aan die rugsteun van werksverwante data,  persoonlike data soos musiek, video en flieks, asook die addisionele hardeware (indien enige) benodig.

Geen 3de party sagteware sal herinstalleer word nie. Indien die rekenaar byvoorbeeld AutoCAD of SAS opgehad het, sal dit nie oorgelaai word nie. Sagteware soos SAS, wat nie deel vorm van IT se standaardsagteware installasie nie, maar steeds ondersteun word deur IT, sal per versoek aan help@sun.ac.za weer installeer word. Sagteware soos AutoCAD, word glad nie deur IT ondersteun nie en die onus berus bydie personeellid/departement om dit weer gelaai te kry.

Die koste vir datarugsteun beloop  R950-00 vir minder as 15GB en R1650-00 bo 15GB. 

As jy haastig is om jou rekenaar op datum en spoed te kry, kan jy ons gerus kontak om `n tyd te skeduleer wat jou sal pas.

`n Vinnige manier om vas te stel watter bedryfstelsel jy tans gebruik, is om HTTP://WHATSMYOS.COM/ te raadpleeg en die webwerf sal die dinkwerk vir jou doen. Indien jy wel XP gebruik, kan jy `n e-pos stuur aan HELP@SUN.AC.ZA  en `n opgradering versoek. Onthou net om vir ons die volgende inligting te gee om die proses te bespoedig – 

die rekenaar se batenommer,  kontaktelefoonnommer,  gebounaam en kamernommer.

Wil jy `n meningsopname doen?

Vrydag, Februarie 28th, 2014

SUrveys.sun.ac.za is `n webgebaseerde diens, gratis beskikbaar aan alle Universiteitseenhede en -personeel. Die hoofdoel is om akademiese personeel of nagraadse studente wat aanlyn meningsopnames, as deel van hul akademiese aktiwiteite moet uitvoer, te ondersteun.  SUrveys bied die geleentheid om:

1. maklik `n gesofistikeerde, pasgemaakte, aanlyn meningsopname te skep wat vertakking as addisionele funksie kan hanteer, 

2. die opname te toets,

3. deelnemers uit te nooi of `n unieke hiperskakel vir die opname te publiseer,

4. antwoorde in `n sentrale, geinstitusionaliseerde databasis (dit word gerugsteun en dis sekuur) te stoor,

5. jou eie reaksiedata te kan beheer,

6. data na SPSS of Excel te kan uitvoer.

As jy belangstel om `n meningsopname te doen, let op die volgende:

1. Indien die opname persone insluit wat geassosieer word met die Universiteit – of dit personeel of studente is – is dit onderworpe aan goedkeuring deur die Universiteit se Etiese komitee. Vir inligting oor hierdie proses, besoek asseblief die webwerf van die Departement van Institusionele Navorsing en Beplanning en kliek op  “Applications to undertake research involving University staff or students“.

Indien die meningsopname buite die Universiteit gedoen word, is etiese goedkeuring nie noodwendig nodig nie. Volg egter nogsteeds die stap uiteengesit by punt 1. hierbo. Indien daar aangedui word dat goedkeuring nie vereis word nie, voltooi die e-Survey aaansoekvorm . Tegniese inligting oor die sagteware wat gebruik word, is beskikbaar op die webwerf van Checkbox Survey Solutions.

2. Jou studieleier of dosent kan ook genader word vir hulp met die formulering van vrae en die samestelling van die opname om die beste moontlike resultate te kry. Hulp is ook beskikbaar by die Sentrum vir Navorsing in Wetenskap en Tegnologie en die  Sentrum vir Statistiese Konsultasie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.