Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Nuwe prosedures vir Outlook-opstelling op Android veroorsaak verwarring

Vrydag, Oktober 26th, 2012

Met die onlangse opgradering van Exchange is gebruikers gekonfronteer met `n paar ongewone vrae as hulle e-pos wou opstel op Android-fone. Maar eintlik is dit minder intimiderend as wat dit met eerste oogopslag lyk.

Sodra die standaard Outlook-opstelling gedoen word (kliek hier vir die volledige instruksies), verskyn Activate device administrator “ met `n  lang lys opsies – onder andere Erase all dataChange Screen unlock password, Password recovery . Hierdie boodskap is standaard vir enige opstelling van Exchange/Outlook vir `n Android foon so moenie skrik of bekommerd wees nie.Dit dui slegs aan wat die toepassing alles kan doen. Ander fabrikate/bedryfstelsel fone ondersteun moontlik dieselfde eienskappe, maar vertoon dit nie soos Android aan die gebruiker wanneer die program installeer word nie.

Die teks wat vertoon word is standaard vir die spesifieke Android-toepassing – IT het geen beheer daaroor nie. Dis ook standardpraktyk by verskeie universiteite wat MS Exchange gebruik.

Onder die opsies wat verskyn is die volgende – Erase all data: Perform a factory reset, deleting all of your data without any confirmation. Vanselfsprekend het hierdie opsie veral vrae laat ontstaan. As ons egter na die Exchange-implementasie kyk, is dit duidelik dat die posbuseienaar die enigste persoon is wat die handstuk kan skoonvee.

Hierdie en ook ander voordele en ekstra e-pos funksionaliteit, is na installasie aan die Androidgebruiker beskikbaar op www.sun.ac.za/webmail. In webmail, onder Options -> See All Options -> Phone -> Mobile Phones is daar verskeie funksies beskikbaar aan gebruikers.

Sync Logging: Stel jou in staat om die sinkronisasieproses te ondersoek, te selekteer watter data jy gesinkroniseer wil hê, watter bedieners gebruik moet word, ens.

Remote Wipe: Met hierdie opsie kan jy jou foon se data (kontakte, sms’e, foto’s ens.) afvee, indien dit in die verkeerde hande sou beland. Die foon sal slegs sy oorspronklikr fabrieksopstelling ophê. SLEGS die e-pos gebruiker het regte tot die funksie – niemand anders kan toegang kry nie.

Details: Wys presies watter toestel dit is, model, en sagteware weergawes, ens.

Delete Device: Dit verwyder die verbinding van Exchange se kant af na die toestel.Indien jy dit doen via webmail, sal die persoon wat jou foon het nie weer `n Exchange-opstelling kan doen nie. Jou data bly dus beskerm.

(INLIGTING VERSKAF DEUR FRANCOIS DE KOKER)

Hoe om jou foonbattery langer te laat hou

Vrydag, Oktober 26th, 2012

In `n vorige skrywe het ons vir julle voorstelle gegee oor hoe om jou selfoon se battery langer te laat hou. Na aanleiding van die positiewe reaksie wat ons gekry het, het ons besluit om nog `n paar idees met julle te deel.

Die verwagting om altyd aanlyn en beskikbaar te wees word by die dag groter en groter. Min dinge is egter so frustrerend soos `n pap battery wanneer jy `n belangrike oproep moet maak of e-pos moet stuur.

`n Pap battery is onvermydellik, maar daar is klein maatreëls wat jy kan tref om daardie ekstra bietjie lewe uit jou foonbattery te kry.

1. Wi-fi, 3G en Bluetooth

Indien enige van bogenoemde funksies voortdurend geaktiveer is, sal jou foon deurlopend probeer om aan die beskikbare dienste in jou omgewng te verbind. As jy nie die hele tyd toegang hoef te hê tot hierdie dienste nie, sit dit eerder af en verbind daaraan soos nodig.

2. Agtergrondlig

Het jy regtig in die middel van die dag `n helder bron van lig agter op jou skerm nodig?  Jou foon het krag nodig om hierdie lig te genereer en hoe helderder die lig vir jou skerm, hoe meer batterykrag offer jy op. Stel eerder die lig dowwer as jy wil krag spaar.

3. Toepassing

Goed, dis lekker om die nuutste toepassings te hê wat vir jou allerhande (soms onnodige) inligting kan gee. Hou net, jou foon het krag nodig om al tien toepassings te laat loop in die agtergrond. En dis krag wat jy dalk later nodig gaan hê as jy `n dringende oproep moet maak.

4. GPS

Om jou GPS te gebruik om op Twitter te wys waar presies jy tans is, mag handig wees, maar dit gaan ook jou batterykrag opsuig. En as jou batterykrag op is en jy verdwaal is jy ook sonder GPS!

5. Alarms en kennisgewings

Is jy geneig om afsprake en take te vergeet? En jou selfoon is so gestel dat dit jou op gereelde basis daaraan herinner? Kennisgewings en alarms op selfone is baie handig, maar as jy jou foon terselfdertyd op vibreer sit, ontneem dit jou van batterykrag.

(SOURCE: http://www.makeuseof.com)

 

 

Vinnige idees en wenke: Selfone

Vrydag, Oktober 12th, 2012

Pap battery?

  • Vind uit waar skakel jy jou slimfoon se 3G af. As jy die funksie afskakel, spaar jy geweldig baie van jou foon se energie en jy het dalk die batterykrag eerder nodig vir `n noodgeval.
  • Kry ook  ‘n ekstra USB kabel en stoor dit in jou kantoor. As jou selfoonbattery pap is of jou gewone laaier voete kry, kan jy nogsteeds jou selfoon met jou rekenaar laai. Hierdie laaiers is vir minder as R80-00 by die meeste winkels beskikbaar.
  • `n Goeie, beskermende houer vir jou selfoon sal voorkom dat jou foon te vinnig warm word en onnodig  batterykrag gebruik.
  • As jy jou battery laai, sit dit op `n koue of neutrale oppervlak en nie op `n warm area waar dit hitte kan opbou nie.

Ry veilig.

  • Ons is nie almal goeie multitaskers nie, veral nie as dit by bestuur kom nie! Kry liewer vir jou `n bluetooth-kopstuk voor jy `n boete kry, of veel erger, `n ongeluk veroorsaak. Jy hoef nie die duurste model aan te skaf nie, `n basiese model, soos  hierdie een, sal dieselfde doel dien.

Bly in kontak

  • Stoor al jou kontakte op `n sentrale plek op die web, byvoorbeeld op jou Google rekening. Slimfone kan jou kontakte daarvandaan onttrek en jy hoef nie rond te skarrel as jou foon gesteel word of die gees gee nie.

INLIGTING VERSKAF DEUR JURGEN MOOLMAN, IT DIENSTOONBANK

Wat is “ransomware”?

Vrydag, Oktober 12th, 2012

Die term ransomware  sal enige mens laat kopkrap. Hoe kan sagteware `n rekenaar gyselaar hou? Of raak tegnologie deesdae so slim dat dit alles kan oorneem?

Die beskrywing is egter nie so vergesog  nie. Ransomware is inderwaarheid deel van `n groep kwaadwillige rekenaarsagteware genaamd malware,  wat op onderduimse wyses op jou rekenaar beland en geld of data van jou eis. So `n program kan installeer word deur middel van `n e-pos aanhangsel, `n besmette program of `n kwaadwillige, onveilige webwerf. “Ransomware” staan ook bekend as acryptoviruscryptotrojan of cryptoworm.

Die sagteware ontvoer as’t ware jou data deur dit te enkripteer, beperk toegang tot jou rekenaar en vertoon vervolgens `n boodskap om jou so ver te kry om geld te betaal om weer toegang daartoe te kry. Die enigste manier hoe jy weer jou data en rekenaar kan gebruik, is deur middel van `n enkripsie sleutel wat natuurlik net verskaf kan word teen `n fooi en deur die eienaar van die sagteware wat in die eerste plek jou rekenaar oorgeneem het.

`n Meer onlangse weergawe van die sagteware laat nie vir die gebruiker weet dat dit geinstalleer is op sy rekenaar nie, maar vertrou op jou om inligting oor jou “probleem” te gaan soek op die internet en dan sagteware op geldige internetwebwerwe te koop om dit op te los. Laasgenoemde word natuurlik verkoop deur dieselfde persoon wat die oorspronklike ransomware ook geskryf het.

Ransomware is nie `n nuwe verskynsel nie. In 1996 het sekuriteitsdeskundiges by Columbia Universiteit  en IBM reeds `n verhandeling genaamd “Cryptovirology: Extortion-Based Security Threats and Countermeasures,” geskryf wat die  sagteware duidelik omskryf. Besighede was egter in die verlede die grootste teikens.

In Maart 2006 is ransomware met die naam Crypzip of Zippo gestuur aan `n groep internetgebruikers. Diegene wat die program ontvang het, het ook `n e-pos onvang met `n losprys nota wat $300 eis as hulle hul data ontsluit wil hê.

Gelukkig beskik die meeste antivirus verskaffers se programme oor maniere om die bekende weergawes van randomware te blok. Niks is egter 100% veilig nie. Om te verseker jy beland nie in hierdie netelige situasie nie, rugsteun gereeld jou data, wees versigtig as jy op die internet is en moenie e-pos aanhangsels van onbekende bronne oopmaak nie.

Meer inligting oor die nuutste ransomware wat Skype gebruikers teiken.

SOURCE: Wikipedia, Microsoft en Techtarget.

QVT Terminal staan opsy vir Tera Term

Woensdag, Oktober 10th, 2012

Die outomatiese opgradering van die administratiewe program, QVT Term na `n nuwe program, Tera Term is die week voltooi.  US-personeel het nou `n splinternuwe administratiewe program op hul rekenaars.

Die ikoon vir Tera Term lyk anders as QVT, (sien regs) maar moenie bekommerd wees nie, die funksionaliteit bly dieselfde.  Buiten vir die gewone funksionaliteit spog Tera Term met beter sekuriteit – iets wat van kardinale belang is vir die tipe funksies wat die program moet vervul. Maar daar is ook `n handige ekstra ingebou. Jy kan nou direk na jou gewone drukker, soos opgestel in Windows druk in plaas van die spesiale opstelling wat QVT nodig gehad het.

Om Tera Term te begin gebruik, gaan na Start, All Programs, Tera Term en kies Sentrale Rekenaars. Die aantekenskerms lyk `n klein bietjie anders, maar volg net die instruksies. As jy vashaak, is hier ook volledige instruksies wat jou sal help.

Ons wil aanbeveel dat jy so gou as moontlik Tera Term begin gebruik aangesien die verouderde QVT-stelsel binnekort uitfasseer word.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.