%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250609124252+00'00') /ModDate (D:20250609124252+00'00') /Title (Report 06-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4504 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 244.736 521.469 501.998 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 245.111 520.719 501.248 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 260.486 m 550.984 260.486 l 550.984 261.236 l 61.016 261.236 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(HO INTERNETGEBRUIK PROBLEMATIES)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(Die dienstoonbank is die afgelope twee weke oorval met navrae oor ho internetrekeninge.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Tydens een insident is buitengewone ho internetverkeer by `n personeellid se rekening opgemerk.Met nadere )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(ondersoek het dit geblyk dat iemand gesien het hoe hy sy wagwoord intik en dit daarna gebruik het omonwettig reekse )] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(daarmee af te laai.)] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Informasietegnologie kan gebruikers nie beskerm teen gevalle soos hierdie nie. Dit bly uitsluitlik jou verantwoordelikheid )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F4 9.0 Tf [(om jou wagwoord veilig te hou.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Daar is steeds personeel wat hul gebruikersname en wagwoorde met ander deel of dit sigbaar op `n stukkie papier op hul )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(lessenaartentoonstel.)] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Dis net so belangrik om jou netwerk-wagwoord veilig te hou as jou bankkaart se PIN-nommer en jy sal sekerlik nie jou PIN-)] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(nommervir iemand gee nie?)] TJ ET BT 61.016 482.530 Td /F4 9.0 Tf [(Met jou netwerk-wagwoord kan iemand nie net toegang kry tot jou internet nie, maar ook tot e-posse wat jou bankdetail en )] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(persoonlike informasie bevat, sowel as jou menslike hulpbronne inligting - insluitend jou salarisinligting! Die risiko bly )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde.)] TJ ET BT 61.016 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Maak seker dat jy `n goeie, sterk wagwoord het.)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 254.597 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(Microsoft)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 254.597 439.412 m 291.101 439.412 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 291.101 440.563 Td /F4 9.0 Tf [(het goeie riglyne daarvoor.)] TJ ET BT 61.016 420.574 Td /F4 9.0 Tf [(Bo en behalwe goeie wagwoordpraktyk, moet jy onthou om altyd jou Inetkey toe te maak as jy weg is van jou rekenaar of )] TJ ET BT 61.016 409.585 Td /F4 9.0 Tf [(jou rekenaar te sluit. \(ctrl+alt+del\) As dit oop bly, kan enigiemand dit gebruik en daar is geen manier vir IT om te bepaal )] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(wie jou internet gebruik het as jy die een was wat dit ontsluit het met jou wagwoord nie.)] TJ ET BT 61.016 378.607 Td /F4 9.0 Tf [(Gaan gereeld jou internetgebruik na sodat jy nie aan die einde van die maande `n verrassing kry nie. Jou internetbalans )] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(verskyn op die Interkey aantekenblokkie en kan ook nagegaan word by)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 346.667 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(www.sun.ac.za/useradm.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 346.667 366.467 m 447.197 366.467 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 347.629 Td /F4 9.0 Tf [(Hou in gedagte dat die spoed van die universiteitnetwerk en jou ADSL-lyn by die huis nie dieselfde is nie. Jy mag dinkdat )] TJ ET BT 61.016 336.640 Td /F4 9.0 Tf [(dieselfde hoeveelheid tyd op die US-netwerk jou dieselfde gaan kos as by die huis. Die universiteitnetwerk is baie vinniger )] TJ ET BT 61.016 325.651 Td /F4 9.0 Tf [(en jygaan meer data vinniger gebruik.)] TJ ET BT 61.016 305.662 Td /F4 9.0 Tf [(As jy `n ongewone toename in jou internetgebruik opmerk, kan jy `n navraag rig aan IT teen die koste van R200-00. )] TJ ET BT 61.016 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(Verdere inligting oor internetgebruik op die US-netwerk kan in ons)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 326.129 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(dienskatalogus)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 326.129 293.522 m 386.159 293.522 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 386.159 294.673 Td /F4 9.0 Tf [(gekry word.)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 274.684 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Internet | | With 2 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 254.5967 439.7302 291.1007 448.8877 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://windows.microsoft.com/en-za/windows-vista/tips-for-creating-a-strong-password) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 346.6667 366.7852 447.1967 375.9427 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.sun.ac.za/useradm.) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 326.1287 293.8402 386.1587 302.9977 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www0.sun.ac.za/itservices/help/internet.htm) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000005124 00000 n 0000005236 00000 n 0000005351 00000 n 0000005471 00000 n 0000005579 00000 n 0000005707 00000 n 0000005843 00000 n 0000005971 00000 n 0000006052 00000 n 0000006180 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 6282 %%EOF Internet « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Internet

`n Gids tot datarugsteuning

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Of dalk moet die titel van die artikel eerder wees  “Hoe om jou verslawing aan uitstel te oorwin in 5 maklike stappe!”. Want, kom ons wees nou maar eerlik, daar is `n magdom interessanter dinge wat ek eerder sal doen as om elke Vrydag my data te rugsteun.

Tensy jy lus is om al jou harde werk weer oor te doen en moontlik kosbare inligting te verloor, probeer om in `n roetine te kom van datarugsteun. Moenie uitstel nie, doen dit so gou as moontlik. Kies `n dag in die week – dalk `n tydjie wat minder besig is en dinge rustiger op kantoor is – soos `n Vrydagmiddag en maak elke week  dieselfde tyd `n nota in jou dagboek vir data rugsteun. Jy sal gou genoeg in die gewoonte kom om dit te doen tussen jou ander werk deur.

Moenie elke keer net jou vorige rugsteun kopie oorskryf nie – maak liewer ‘n paar opeenvolgende kopiee in verskillende gidse op die rugsteunskyf of rekenaar. Maak byvoorbeeld  elke week  ‘n nuwe gids met daardie dag se datum in die naam. Indien enige van jou dokumente dan op ‘n manier korrup word, byvoorbeeld a.g.v. probleme met jou hardeskyf, kan jy terugval na ‘n vorige weergawe wat nog reg was.

Maak van gereeld seker dat die medium waarop jy rugsteun nog in werkende toestand is en dat die dokumente wel oopgemaak kan word. Juis ook om hierdie rede, maak gebruik van meer as een rugsteunmedium, byvoorbeeld jou netwerkspasie EN `n eksterne hardeskyf.

`n Vorige keer het ons vertel van die nuwe Sharepoint weergawe wat nou tot julle beskikking is. Sharepoint is `n effektiewe en kragtige hulpmiddel vir inligtingsbestuur en samewerking waar spanlede inligting kan deel en saamwerk. Sharepoint is egter nie `n platform waar gebruikers hulle data kan rugsteun nie.

SharePoint 2010 word tans gebruik vir Teamsites, wat hoofsaaklik deur groepe (fakulteite of departemente) gebruik word en een lid van so ‘n groep word opgelei om regte en dokumente op hierdie webomgewing in te rig en bestuur.

Elke personeellid het ook toegang tot sy eie netwerkspasie waar jy gratis `n beperkte hoeveelheid data kan stoor. As jy verkies om jou data eerder in jou eie hande te hê, kry vir jou `n eksterne hardeskyf of dvd-skywe (die hoeveelheid data wat jy op laasgenoemde kan stoor is egter beperk). Moet nooit data rugsteun op `n flitsskyf nie – dis slegs bedoel vir data oordra van een toestel na `n ander en is glad nie betroubaar nie. Jy mag dalk een oggend verras word met snaakse karaktertjie in plaas van jou belangrike aanbieding of tesis.

Laastens is daar natuurlik die “cloud”, soos julle nou al tot vervelens gehoor het in die week se nuusbrief! Jy kan gebruikmaak van `n verskeidenheid “cloud”-opsies. (Lees meer oor voor- en nadele hier.)

Daar is net twee belangrike feite om in gedagte te hou ivm “clouds”. Gebruik hierdie opsie slegs vir persoonlike inligting, nie vir enige akademiese inligting of data wat sensitief is nie. As jy verskeie toestelle gebruik, onthou dat sekere van hierdie dienste elke keer sinkroniseer tussen jou toestelle – as jy dus 500 MB se data het op een plek en jy het 3 toestelle, gaan jy betaal vir 1500 MB se data. Dit mag na min klink maar as jy `n 3G modem gebruik, gaan jou rekening aan die einde van die maand angswekkend lyk.

Meeste van die dienste het gratis opsies wat genoeg spasie gee vir jou belangrikste lêers om veilig aanlyn gestoor te word, en dit kan selfs outomaties die lêers sinkroniseer tussen jou werk- en tuisrekenaars, wat beteken jy hoef nie dokumente op ‘n flashdrive rond te dra en te onthou om dit te kopieer sodat jy vanaand by die huis kan verder werk aan daardie aanbieding nie – sodra jy dit stoor is dit binne sekondes ook op die ander rekenaar!

Die onderskeie aanlyn dienste het elkeen maar so ‘n paar onderskeidende eienskappe wat een of twee voordele oor die ander bied, dus moet mens maar jou behoeftes ontleed vir data rugsteun en/of sinkronisasie en die beste een vir JOU kies. Lees hier meer oor die verskillende opsies vir “clouds”.

(FEITE VERSKAF DEUR NEELS BLOM, IT USER SERVICES)

Wat is die “cloud”?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Die nuuste gonswoord die afgelope paar maande is “cloud computing”, maar wat is hierdie sogenaamde”cloud” waarvan almal praat?

“Cloud computing” is die gebruik van rekenaarbronne (harde- en sagteware) verskaf as `n diens oor `n netwerk (gewoonlik die internet) Met ander woorde, dis `n netwerk van rekenaars wat op so `n manier opgestel is dat dit `n spesifieke diens kan huisves wat sagteware en inligting aan gebruikers kan verskaf.

Webwerwe en bediener-gebaseerde toepassings loop op spesifieke rekenaars of bedieners. Wat `n “cloud” egter anders maak is dat dit een gemeenskaplike, virtuele rekenaar gebruik wat onafhanklik loop van ander rekenaars of spesfieke bedienerkonfigurasies.

Om  T. Grance en W. Jansen (Guidelines on Security and Privacy in Public Cloud Computing) aan te haal – “The common characteristics most (clouds) share are on-demand scalability of highly available and reliable pooled computing resources, secure access to metered services from nearly anywhere, and dislocation of data and services from inside to outside the organization.”

Met vinniger breëband-internet word die behoefte om sagteware te loop op jou rekenaar of op jou maatskappy se webwerf al minder noodsaaklik. Baie van die sagteware wat jy elke dag gebruik is alreeds web-gebaseer. Die “cloud” neem dit net nog `n vlak hoër.

Voorstaanders van die  beweging na “cloud computing” beweer dat dit maatskappye sal help om toepassings vinniger aan die gang te kry, beter te bestuur en natuurlik laer onderhoud. Dit sal IT ook in staat stel om hulpbronne vinniger aan te pas en verander om te voldoen aan wisselende en onvoorspelbare besigheidsvereistes.

Eindgebruikers kry toegang tot die “cloud” deur middel van `n webblaaier of `n toepassing op jou rekenaar of selfoon, terwyl besigheidsagteware en gebruikers se data gestoor word by `n afgeleë ligging.  Aan die basis van “cloud computing” lê die filosofie van saamgesmelte infrastrukture en gedeelde dienste.

Hou asseblief in gedagte dat “cloud”-berging NIE aanbeveel word vir institusionele of akademiese inligting (sien definisies onder) aanbeveel word nie.  Indien jy wel besluit om van die “cloud” gebruik te maak, gebruik dit eerder vir persoonlike inligting of inligting wat nie krities is nie.

In terme van die konsep Informasie Bestuursbeleid, is die volgende informasie-kategorieë en sensitiwiteitskategorieë  gedefinieer:

Die twee oorkoepelende kategorieë is:

a)      Akademiese informasie  is informasie bestaande uit akademiese inhoud (insluitende biblioteek-en, leermateriaal en navorsingsuitsette)

b)     Institusionele informasie is die informasie wat die Universiteit as organisasie, personeel, studente en ander belanghebbendes ingesluit, besit of die kurator van is, asook enige informasie wat nie geklassifiseer kan word as akademiese inligting nie.

Vier kategorieë van inligtingsensitiwiteit, in volgorde van sensitiwiteit, is gedefinieer:

a)      Konfidensiële informasie is informasie wat vertroulik verskaf is en gebruik word en slegs toeganklik mag wees of gedeel word met gemagtigde persone op `n nodig-om-te-weet basis.

b)     Persoonlike informasie is `n spesifieke tipe Konfidensiële Informasie en word gedefinieer as informasie wat gebruik kan word om `n individu te indentifiseer of informasie oor `n identifiseerbare individu en informasie wat gedefinieer word deur die relevante wetgewing as persoonlike informasie.

c)      Operasioneel sensitiewe informasie (verstek-sensitiwiteit) is informasie wat operasioneel van dag-tot-dag deur die Universiteit gebruik word en geklassifiseer word as sensitief afhangende van die omvang en implikasie swat die bekendmaking daarvan die Universiteit  se beeld of werking kan beinvloed.

d)     Publieke informasie word algemeen gepubliseer of vir die publiek.

SOURCES: http://www.makeuseof.com/tag/cloud-computing-work-technology-explained/ & http://en.wikipedia.org/wiki/Cloud_computing

Watter een om te kies?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Noudat jy weet wat `n “cloud” is, is die volgende uitdaging om uit die magdom keuses een te kies wat aan jou behoeftes voorsien. Ongelukkig het elkeen sy voor- en nadele – ons het probeer om dit te ontsyfer.

ICLOUD

Apple se iCloud-diens lyk op die oog af baie effektief en dit werk seepglad. Dit sinkroniseer met al jou Apple-toestelle – iPhone, iPad en Mac en daar is heelwat ekstra funksionaliteit. Dis dus baie handig as jy `n iPod-aanhanger is, gereeld musiek aflaai en dit erens sentraal wil bêre.

iCloud gee jou 5GB se gratis stoorspasie, maar meer as dit moet jy voor betaal.  Die enigste nadeel is dat jy `n iOS-toestel of `n Mac gaan nodig hê om deel van die klub te wees.

AMAZON CLOUD DRIVE

Cloud Drive funksioneer net soos `n hardeskyf – die enigste verskil is dat dit aanlyn is en nie in jou rekenaar op jou lessenaar nie.

Hierdie platform gee ook vir jou 5GB gratis spasie. Vir meer sal jy 1$ vir 1GB per jaar moet betaal. Dit het ook `n Cloud Player Music stroom applikasie vir all jou musiekbehoeftes. Die enigste nadeel is dat jy Flash nodig het om dit te gebruik en  as jy iOS-toestelle gebruik wat nie Flash ondersteun nie, gaan jy probleme hê.

GOOGLE DRIVE

Google het `n magdom dienste van Picasa vir jou fotos, Gmail vir jou e-pos, Music Beta vir music en Google Docs vir  dokumente.

Terwyl SkyDrive en Dropbox jou leêrs van tot 2 GB laat stoor, gee Google vir jou tot 5 GB vir jou leêrs. Google het ook baie meer opsies as Dropbox en SkyDrive as dit kom by keuse vir betaalde databerging. SkyDrive het 3, Dropbox net twee, maar Google het 9 opsies waarvan jy kan kies.

Jy kry 1GB gratis vir Google Docs, 1GB vir Picasa, 7GB vir  Gmail en jy kan opgradeer na 16TB teen 4000$ per jaar. Google is waarskynlik ook een van die mees toeganklikste opsies – as jy `n webblaaier het, kan jy dit gebruik.

WINDOWS SKYDRIVE

Hierdie diens is soortgelyk aan die van Amazon, maar soos julle kan raai uit die naam is dit `n Microsoft-produk gemik op Windows. As Office dus `n groot deel van jou dag opneem, is Skydrive die logiese keuse vir jou.

SkyDrive bied 7GB se gratis stoorspasie en `n hele 25GB as jy voorheen van hulle diens gebruikgemaak het. Die betaalopsies is ook meer bekostigbaar as Google Drive of DropBox.

As jy die SkyDrive toepassing installeer word jy geforseer om alles van SkyDrive na jou rekenaar te sinkroniseer. Jy kan nie net sekere dele kies vir sinkronisasie nie.

`n Ander opsie vir Windows gebruikers is Windows Live Mesh. Lees meer op Wikipedia hieroor. 

DROPBOX

Waarskynlik die bekendste “cloud”-bergingsdiens is DropBox. Al jou toestelle kan verbind word daaraan en soomloos gesinkroniseer word. Enigiemand wat `n webblaaier het of die Dropbox-toepassing op hulle rekenaar, kan dit gebruik.

Dropbox is `n goeie en effektiewe dien, maar ongelukkig ook die duurste.

Ten spyte van die groot verskeidenheid van opsies (en ons het nie eers almal genoem hier nie), moet jy besluit watter een die beste werk vir jou.

(SOURCES: Regan Januarie (IT Gebruikersdienste), www.winsupersite.comhttp://www.memeburn.com)

Wikipedia binne jou bereik

Vrydag, Augustus 17th, 2012

Het jy geweet jy kan Wikipedia – die allesomvattende, alwetende bron van alle nie-amptelike inligting op die internet – aflaai op jou rekenaar? *

Ons ook nie! Dink net hoe handig kan dit wees as jou internet weer nukkerig is en jy jou eie weergawe van Wikipedia binne bereik het.

Hadlee Simons van cooltech by iafrica het al die inligting wat jy nodig het.


*Nog nooit van Wikipedia gehoor nie?

Wikipedia (Listeni/ˌwɪkɨˈpdiə/ or Listeni/ˌwɪkiˈpdiə/ wik-i-pee-dee-ə) is ‘n gratis, gesamentlik geredigeerde, en veeltalige internet-ensiklopedie, ondersteun deur die nie-winsgewende  Wikimedia Foundation. Die meer as 22 miljoen artikels (meer as 4 miljoen in Engels) is saam geskryf deur vrywilligers van regoor die wêreld. Feitlik al Wikipedia se artikels kan geredigeer word deur enigiemand wat toegang tot die webwerf het en dit het ongeveer 100,000 aktiewe, gereelde bydraers. Vanaf Augustus 2012 is daar weergawes van Wikiepedia in 285 tale. Dit het die grootste en mees populêre verwysingswerk op die internet geword, word globaal as nommer 6 gelys van alle webwerwe op Alexa en het `n beraamde  365 miljoen lesers wêreldwyd.

Wikipedia is in Januarie  2001 bekendgestel deur Jimmy Wales en Larry Sanger. Sanger het die naam Wikipedia, wat `n samevoeging is van wiki (a type of collaborative website, from the Hawaiian word wiki, meaning “quick”) en ensiklopedie, uitgedink.

(BRON: WIKIPEDIA natuurlik!)

Alle nuutste IT-nuus nou ook beskikbaar op Twitter

Donderdag, Julie 19th, 2012

Informasie Tegnologie was nog altyd `n vinnige, dinamiese omgewing en Stellenbosch Universiteit se IT-afdeling is geensins anders nie.

Die afgelope paar maande het ons probeer om kommunikasie met jou, die gebruiker, te verbeter en jou op hoogte te hou van alles wat ons doen en die nuutste IT-verwikkelinge op kampus. Ons het `n tweeweeklikse nuusbrief, Bits & Bytes, begin, ons blog aktief begin gebruik en ons is ook besig om te werk aan `n selfhelp wiki om die lewe vir jou makliker te probeer maak.

Om egter by te hou by ons vinnige omgewing was dit nodig om `n meer interaktiewe kanaal te gebruik om gebruikers onmiddellik in te lig. Ons is dus bly om te kan sê dat IT ook nou op Twitter is. Volg ons by @ITStellenUni, lewer kommentaar en retwiet – ons wil graag hoor wat julle dink.


 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.