Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Kennisgewings
(English) Teams: Useful links
Dinsdag, Augustus 4th, 2020Registreer vir MFA
Maandag, Julie 27th, 2020Ons is reeds deeglik bewus van die groeiende risiko betrokke wanneer ons aanlyn werk – hetsy dit in ons kantore is of by die huis is. Die nadeel van by die huis werk is die groter waarskynlikheid vir kuberaanvalle en hoër risiko vir sekuriteitsrisiko’s. Dis makliker om in die strik van sekuriteitsrisiko’s te trap as daar meer afleidings is en die aanlyn-werksomgewing minder veilig is.
Om ons personeel en studente te beskerm teen sekuriteitsaanvalle in ons huidige omstandighede, sowel as wanneer ons terug is op kampus, is dit nodig om ekstra sekuriteitsmaatreëls in plek te sit. Informasietegnologie ondersoek en toets reeds die afgelope paar maande veelfaktorbekragtiging (MFA) as `n addisionele maatreël om persoonlike inligting en data te beskerm. Lees meer oor MFA hier of kyk na tech-deskundige, Tom Scott, se verduideliking.
In kort beteken dit dat jy wanneer jy vir sekere dienste aanteken, jy gevra sal word om addisionele inligting te verskaf om jou identiteit as Universiteit Stellenbosch personeellid of student te bevestig.
Teen middel-Augustus sal daar van alle personeel en studente verwag word om veelfaktor-bekragtiging te gebruik om hulle inligting en die universiteit se netwerk te beskerm. Alhoewel MFA nog nie verpligtend is nie, kan jy reeds registreer deur die volgende stappe* te volg.
Indien jy enige vrae het, kyk asb. na ons FAQ-dokument en as jou vraag nog nie beantwoord word nie, teken asb. jou versoek aan op die ICT Partner Portal waarna ʼn tegnikus jou sal kontak.
Opdatering van persoonlike inligting
Maandag, Junie 22nd, 2020As gevolg van die implementering van strenger wetgewing aangaande die beskerming van persoonlike data, word wagwoorde nie meer deur IT namens personeel en studente verander nie. Ons beveel aan dat die aanlyn wagwoord selfhelp funksionaliteit gebruik moet word.
Om die aanlyn-funksionaliteit suksesvol te kan gebruik, moet jou selfoonnommer of eksterne e-posadres op die stelsel aangedui wees. Die opdatering van die inligting kan nie deur Informasietegnologie gemaak word nie aangesien IT nie regte het om persoonlike inligting op te dateer nie. Indien jou inligting nie volledig is nie, kan dit deur middel van die volgende metodes opdateer word:
- Personeel en studente kan hulle persoonlike inligting opdateer deur aan te teken by http://www.sun.ac.za/useradm en die betrokke velde in te vul op die invalsblad.
- Personeel kan Menslike Hulpbronne kontak deur ʼn epos te stuur aan sun-e-hr@sun.ac.za of hulle kontak by 021-8082753.
- Studente kan Kliëntediens kontak deur epos te stuur aan info@sun.ac.za of hulle te kontak by 021-8089111.
Verdere, gedetailleerde inligting oor die wagwoord self-helpfunksie.
Aanlyn Excel opleiding nou beskikbaar
Maandag, Junie 15th, 2020As jy jou Excel-vaardighede wil opskerp het ons net die oplossing vir jou.
Jy kan nou ʼn aanlyn Excel-kursus volg wat al die Microsoft Office Excel 2019 inhoud dek wat jy nodig het om internasionaal gesertifiseer te wees. Dit sal kursusgangers ook help om hulleself te orienteer binne die Office 2019 en 365-omgewing.
Die kursus vind plaas oor vier dae en daar is vaste opleidingsperiodes waaruit jy kan kies. Die volgende sessie vind 24 tot 27 Augustus plaas.
Die enigste vereistes is dat jy rekenaargeletterd is en oor ʼn tafel- of skootrekenaar, Office365 en ʼn internetverbinding beskik.
Om in te skryf vir die kursus, kan jy registreer op SUN-e-HR. Navigeer na my.sun.ac.za, kliek op die my.sun.ac.za oortjie en teken aan met jou sun-rekeningdetails. Nadat jy aangeteken het, gaan na Training and development-> Learner Home->Information Technology en die opsie vir die Excel-kursus sal sigbaar wees.
Sodra jy geregistreer is sal StellieTech, die maatskappy verantwoordelik vir die opleiding, jou kontak. Hulle instrukteurs sal saam met jou jou vordering met die opleiding monitor, jou bystaan en sekermaak dat jy op die regte spoor bly met die program.
Die opleidingmateriaal wat gedek word, is presies dieselfde materiaal wat gedek word in StellieTech opleidingsentrums. Al hierdie sentrums voldoen aan globale industriestandaarde en internasionaal geakkrediteerde sertifisering.
Op die platform sal jy julle pre-toetse vind, opleidingsvideo’s, oefen-simulasies, post-toetse en aflaaibare werkboeke. Al die inligting is duidelik uiteengesit op die platform en baie gebruikersvriendelik.
Meer gedetailleerde inligting oor die Excel-kursus.