Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Sekuriteit

Eduroam-toegang vir besoekers (eVA)

Woensdag, November 6th, 2019

eVA (eduroam besoekerstoegang) is ’n nuwe diens wat besoekers aan hoër onderwys- en navorsingsinstellings in staat stel om toegang tot die veilige en sekure eduroam Wi-Fi netwerk te verkry. As addisionele identiteitsbestuurmiddel, is eVA ’n platform waar besoekers aan Universiteit Stellenbosch wat slegs tydelike internettoegang benodig op eenvoudige en veilige manier kan registreer. 

Wat is dit? 

eVA verskaf ’n meganisme wat gemagtigde personeel by eduroam-instellings toelaat om ’n besoeker te begunstig en tydelik regte aan toe te ken vir ’n spesifieke tydperk. Aangewese eVa-administrateurs kan bepaal wie geregtig is om besoekers te bestuur en hoe lank besoekers toegang kan kry. 

Hoe werk dit?

Indien jy eVA wil gebruik om jou departement se besoekers te registreer, teken asseblief ’n versoek aan op die ICT Partner Portal.  Om administrasie te vereenvoudig, kan die eVA kontakpersoon tipies dieselfde persoon wees wat SUNid ook hanteer en verkieslik ook slegs een persoon per departement of afdeling.

Neem net kennis dat jou lynbestuurder jou versoek moet goedkeur voordat jou regte toegeken kan word. Goedkeuring kan ook op die ICT Partner Portal gedoen word. 

Wat is die voordele?

  • Geen ander, addisionele registrasie, byvoorbeeld SUNid, is nodig om dié diens te gebruik nie.
  • Maklik om te gebruik. Handleidings en volledige instruksies is aanlyn beskikbaar. 
  • Besoekers se regte kan bestuur en beperk word.
  • Toegang verval outomaties na ’n verkose datum.
  • Rekords kan gehou en geoudit word.

Meer inligting oor eVA.

Strikroof vanaf personeel e-pos

Maandag, Oktober 14th, 2019

’n E-pos met die onderwerp “Purchase Order 98474” word tans aan personeel en studente versend vanaf ’n sun e-posadres. Die e-pos vra dat jy op ʼn skakel kliek om die details van jou bestelling te sien (sien voorbeeld onder)

Hierdie is nie ’n geldige e-pos nie, maar ’n strikroofpoging gestuur vanaf ʼn gekompromitteerde universiteit e-posrekening.

Deur op skakels in strikroof e-posse te kliek en jou inligting te verskaf, gee jy aan misdadigers toegang tot jou persoonlike inligting en rekeninge. Indien jy vermoed dat jou rekening of toestel gekompromitteer is of jy agterdogtige aktiwiteite oplet:

Verander dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password.

Kontak die IT Dienstoonbank deur ʼn versoek aan te meld of 808 4367 te skakel.

Phishing e-pos vanaf personeeladres

Maandag, Augustus 26th, 2019

Drie onderskeie e-posse met die onderwerpe “Information Service”, “Online course” en “IT Official Communication” is onlangs aan studente en personeel versend. Die e-pos vra dat jy op ʼn skakel kliek om ’n versoek te sien wat jy op die “Service Portal” aangemeld het, die ander om ’n opname te voltooi en die derde een om two-factor authentication te aktiveer. Laasgenoemde is ook uitgestuur met Informasietegnologie se eie grafika in `n poging om studente en personeel te oortuig dat dit amptelik is. (sien voorbeelde onder)

Hierdie is nie geldige e-posse nie, maar strikroof-pogings gestuur vanaf ʼn gekompromitteerde universiteit e-posrekening.

Deur op skakels in strikroof e-posse te kliek en jou inligting te verskaf, gee jy aan misdadigers toegang tot jou persoonlike inligting en rekeninge. Indien jy vermoed dat jou rekening of toestel gekompromitteer is of jy agterdogtige aktiwiteite oplet:

  • Verander dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password.
  • Kontak die IT Dienstoonbank deur ʼn versoek aan te meld of 808 4367 te skakel.
  • Meer inligting is beskikbaar op ons blog en Twitter.

 

(English) Phishing scam sent from compromised GOV.ZA account

Woensdag, Julie 17th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Phishing vanaf ’n sun e-posrekening

Dinsdag, Julie 16th, 2019

Personeel en studente is steeds slagoffers van die RFQ strikroof-aanval. Wees asseblief bedag wanneer jy ENIGE e-pos vanaf ’n sun-rekening ontvang oor ’n kwotasieversoek.

​’n E-pos met die onderwerp “RFQ” is Woensdag aan sommige studente en personeel gestuur vanaf, wat lyk soos, ’n sun e-pos adres. Die e-pos versoek dat jy op ’n skakel kliek om ’n kwotasieversoek te sien.  

​Hierdie e-pos is nie ’n geldige e-pos van die persoon nie, maar ’n gekompromiteerde sun personeelrekening. Sedert Woendag is verskeie sun e-posadresse op hierdie wyse blootgestel. Dit het gebeur omdat meer van ons personeel geval het vir die phishing e-pos, op die skakel gekliek het en hulle persoonlike inligting verskaf het. 

Wees asb. versigtig wanneer jy ENIGE e-posse van sun e-posadresse ontvang wat ’n kwotasie versoek. Kontak eerder die persoon direk om seker te maak dis geldig. Indien jy nie die persoon ken nie, is dit waarskynlik nie veilig nie, selfs al is dit vanaf ’n sun-adres gestuur.

Moet nooit persoonlike inligting deur middel van e-pos verskaf nie. Indien jy op skakels kliek en jou inligting gee, gee jy toegang aan krininele tot jou persoonlike inligting en jou rekeninge. 

Indien jy gekliek het op die skakel in ’n phishing e-pos, verander onmiddellik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password. Vir navrae, kontak die IT Dienstoonbank deur ’n  versoek aan te teken of bel 808 4367. Meer inligting oor kubersekuriteit is beskikbaar op ons blog en deurlopende nuus word geplaas op  Twitter.

 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.