Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Sekuriteit
(English) New malware warning
Dinsdag, Desember 4th, 2012Jou persoonlike inligting in die verkeerde hande?
Vrydag, November 9th, 2012As jy enigsins so sku vir administrasie en liasseerwerk is soos ek, ontvang jy ook deesdae al jou state en rekeninge per e-pos in plaas van slakkepos.
Ons het al tot vervelens toe gehoor hoe belangrik dit is om die inligting op jou rekenaar te beskerm. Meeste van die tyd dink ons slegs in terme van werksverwante data en ons is nie te bekommerd nie. Maar jy het meer persoonlike inligting op jou rekenaar as wat jy dink en ons stuur maar te maklik bankdetails, wagwoorde en ander belangrike inligting via e-pos omdat ons glo dis veilig.
Het jy al gedink wat `n kuberkrimineel met al daardie inligting kan maak as hy sy skelm handjies daarop kry? Daarom is dit tog belangrik dat jy steeds sekere maatreëls tref as dit kom by jou rekenaar se sekuriteit.
1. As jy vir langer as `n paar minute wegloop by jou rekenaar, sluit dit eerder deur Windows en L of die Lock this computer-funksie te gebruik. Jou inligting is dan weggesteek vir nuuskierige, dwalende oë.
2. Kies wagwoorde versigtig. (Vir nog handige inligting oor wagwoorde en hoe om die beste wagwoord te kies, lees gerus hier)
2.1 Oppas om ‘n wagwoord te gebruik wat ‘n patroon op die sleutelbord vorm. Dis die algemeenste manier om `m wagwoord te kies en gevolglik ook die maklikste manier vir `n kuberkrimineel om jou wagwoord in die hande te kry. Vermy iets soos 1q2w3e4r5t of !QAZ@WSX of qwertasdf of 654321 of 123456.
2.2 Wees eerder kreatief en dink ‘n sinnetjie uit wat jy maklik sal kan onthou, en gebruik dan die eerste letter van elke woord, maar gooi so ‘n syfer of twee of dalk ‘n leesteken tussenin.
2.3 Kies altyd ‘n wagwoord wat minstens 8 karakters (letters, syfers, leestekens en spesiale tekens soos @$%^&* ens) het.
3. Moenie wagwoorde neerskryf nie. Dis net so goed as of jou voordeursleutel op jou stoeptrappie te los.
4. Moet nooit wagwoorde in jou webblaaier, byvoorbeeld Internet Explorer, Firefox, Chrome, Safari, ens stoor nie. Dis geweldig maklik vir iemand om dan daardie wagwoorde in die hande te kry. As die blaaier vir jou vra of dit die wagwoord moet onthou, sê eerder nee al is dit minder moeite. Dieselfde geld vir Remote Desktop sessies en gestoorde wagwoorde.
5. Moenie jou wagwoord vir enigiemand oor die foon of via epos of ‘n kitsboodskap (IM) gee of reageer op enige epos wat vra dat jy dit (of jou bank rekeningnommer en PIN) aanlyn intik of per epos stuur nie.
(INLIGTING VERSKAF DEUR NEELS BLOM)
Ly jy aan wagwoord-uitputting?
Vrydag, November 9th, 2012Volgens `n studie wat in Augustus in die VSA uitgevoer is, het 3 uit 5 volwassenes, 5 of meer unieke aanlyn wagwoorde. (Verskillende studies het natuurlik ook verskillende opinies oor die spesifieke getal wat ter sprake is!) Dis dan ook geen wonder dat ons so sukkel om almal te onthou nie.
Daar is selfs `n erkende sielkundige verklaring vir jou onvermoë om jou wagwoord te onthou en die gepaardgaande effek wat dit op jou het. Ja inderdaad, daar is iets soos wagwoord-uitputting, of te wel password fatigue! Hierdie verskynsel word gedefinieer as die gevoel wat ervaar word deur persone wat daagliks `n groot hoeveelheid wagwoorde moet onthou as deel van hulle daaglikse roetine. Dit sluit enige wagwoord of kode in – van jou fietsslot tot jou rekenaar of otm-wagwoord. Lees hier meer oor wagwoord-uitputting.
As jy nie al 5 wagwoorde kan onthou nie, is daar egter hoop vir jou. Gelukkig is daar handige sagteware wat jou kan help onthou as jou grysstof die dag net nie meer kan byhou met al die inligting nie.
Die bekendste hiervan is KeePass Password Safe.
KeePass is gratis oopbron-sagteware wat jou kan help om jou wagwoorde op `n veilige, sekure wyse te bestuur. Jy sit al jou wagwoorde in een databasis en dit word dan gesluit met slegs een master key of wagwoord. Dis veiliger om al jou wagwoorde op een sentrale plek te stoor agter een sterk wagwoord as om dieselfde wagwoord te gebruik vir al jou programme omdat jy bang is jy vergeet dit!
Die addisionele voordeel van KeePass is tweedens sy aanpasbaarheid op die meeste stelsels. Dis oorspronklik bedoel vir Microsoft Windows, maar kan ook suksesvol geimplementeer word op Linux, Mac OS en `n verskeidenheid fone.
Die program het `n wye verskeidenheid funksies, onder andere `n funksie wat outomaties wagwoorde genereer. Lees meer oor KeePass hier.
Indien jy wil sien watter ander sagteware beskikbaar is vir wagwoordbestuur het www.smashingapps.com `n paar voorstelle.
Tyd vir jou rekenaar se kuber-inenting!
Vrydag, November 9th, 2012Elke jaar gaan jy dokter toe om `n griepinspuiting te kry. Jy moet jaarliks gaan omdat die virus verander en nuwe mutasies ontwikkel. Rekenaarvirusse werk presies dieselfde!
Hier is `n paar handige idees om seker te maak dat die proses so pynloos moontlik verloop. Maar eers vir die belangrikste en mees voor-die-hand-liggendste deel –
-
Gebruik Anti-virus sagteware – Dis noodsaaklik dat al jou rekenaars een of ander vorm van anti-virus sagteware installeer het. Die sagteware sal alle programme op die rekenaar, leêrs, sowel as e-posse nagaan vir potensiële virusse. Indien die program `n virus ontdek in `n program wat jy besig is om te gebruik, sal dit onmiddellik jou toegang daarheen blok om te voorkom dat die virus versprei.
Vir `n lys van aanlyn, sowel as losstaande anti-virus programme, kyk gerus hier.
-
Dateer jou Anti-virus sagteware op – Jou anti-virus sagteware is heeltemal nutteloos as jy dit nie gereeld opdateer en sekermaak dat die nuutste weergawes gelaai en op datum is nie. As jy nie die sagteware opdateer nie, sal dit nie weet van die nuutste virusse, wurms en trojaanse bedreigings wat op gereelde basis in die kuberwêreld vrygestel word nie. As `n nuwe infeksie dus te voorskyn kom, sal die sagteware nie weet dat dit kwaadwillig is nie en jou nie waarsku wanneer dit op jou rekenaar installeer en dit besmet nie.Dit is dus nodig dat jy ten minste eenmaal `n week jou anti-virus sagteware opdateer (selfs meer as jy verkies) sodat jy beskerm is teen die nuutste bedreigings. As jy gelukkig is, sal jou anti-virus produk self outomaties opdateer vanaf die internet, maar dis nie wys om dit net blindelings te vertrou nie. Maak eerder self seker dat jou sagteware op datum is. Baie van die gevaarliker virusse en “trojans” kan selfs jou anti-virus sagteware se opdateringsfunksie deaktiveer.
-
Installeer `n Anti-Spyware program – Net soos dit nodig is dat jy `n anti-virus program installeer, is dit ook nodig om `n anti-“spyware” program te installeer.Hierdie tipe programme word gebruik om jou rekenaar te beskerm teen “spyware”, “dialers”, sagteware wat jou webblaaier oorneem, sowel as enige ander kwaadaardige sagteware.Die vier aanbevole programme is SuperAnti-Spyware, Spybot – Search and Destroy, Lavasoft se Ad-Aware, en Windows Defender. Tutoriale vir sommige van hierdie programme kan hier onder gevind word:
Hoe om Spybot te gebruik – Search & Destroy vir die verwydering van Spyware , Malware, en Hijackers
Hoe om Ad-aware te gebruik om Spyware, Malware, & Hijackers van jou rekenaar te verwyder
-
Kommersiële Spyware verwydering- en beskermingsprogramme – As jy meer gemaklik is met `n kommersiële Spyware verwyderingsprogram, gebruik WebRoot se Spysweeper of Lavasoft se Ad-Aware Professional. Beide is goeie produkte wat waardige toevoegings is tot die arsenaal vir die beskerming van jou rekenaar. (Spysweeper-inligting)
-
Loop af en toe aanlyn `n virusskandering – Ongelukkig is nie alle anti-virusprogramme ewe goed nie. Elke program mag ander infeksies optel wat die ander moontlik nie kan nie. Daarom is dit wenslik dat jy sporadies ook gratis aanlyn anti-virus skandeerders gebruik om seker te maak jou rekenaar is nie besmet met iets wat jou eie anti-virus sagteware nie kan optel nie. Die drie handigste programme hiervoor is:
Gebruik so elke twee weke een of albei hierdie programme om te sien of jou anti-virus sagteware iets gemis het. Jy sal nie spyt wees nie!
ARTIKEL deur David Wiles, GERGA
Vir gereelde nuus oor die nuutste spam, malware en ransomware, kyk gerus op ons blog.