Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Studente

Office 365 – die toekoms vir Maties se e-pos

Donderdag, Januarie 30th, 2014

Studentegetalle het oor die afgelope paar jare met rasse skrede toegeneem en daarmee saam die behoefte vir meer e-pos stoorspasie. Tot hede is alle studente se e-pos gehuisves op die universiteit se bedieners, maar die spasie is besig om uit te loop.

Sedert verlede jaar ondersoek Informasietegnologie moontlike oplossings vir die probleem en die gevolgtrekking is dat Office 365 die beste keuse vir studente e-posse in die nabye toekoms sal wees.

MS Office en Microsoft bedryfstelsels word reeds gebruik in studente rekenaargebruiksareas en sal gevolglik maklik kan integreer met bestaande tegnologie.

Hierdie projek is tans nog in die beplanningsfase, maar Microsoft se gratis Office 365-diens sal binnekort implementeer word en alle studente e-posse sal gedurende 2014 na die “cloud” geskuif word. 

*Neem kennis dat Office 365 op die stadium nie geinstalleer sal word op US-personeel se rekenaars nie. Office 2010 bly steeds die goedgekeurde sagteware vir gebruik op kampus.*

Registreer studentetoestelle aanlyn

Donderdag, Januarie 30th, 2014

Vanjaar kan studente vir die eerste keer hulle elektroniese toestelle aanlyn registreer vanuit hulle koshuis- en woonstelkamers i.p.v. om `n lang rye by die IT Studentesentrum te wag.

Toegang tot die proses word verkry wanneer studente inskakel via netwerkpunte in koshuise of wi-fi-punte met die SSID RegisterMe funksionaliteit.

`n Selfhelp gids is ook beskikbaar op die studentewiki.

  • `n Nuwe IT HUB is gevestig in Admin A, toeganklik vanaf die ingang onder die brug op die Rooiplein. Dieselfde dienste wat in die vorige Studentesentrum in Joubertstraat gebied is, sal steeds gelewer word.
    Die groter sentrun bied egter `n vriendeliker omgewing met meer sitplek en lugreëling en sal poog om `n vinniger, meer effektiewe diens aan studente te lewer. Meer inligting: www.sun.ac.za/ithub

Studente wen by tegnologiefees

Donderdag, Oktober 24th, 2013

ʼn Tegnologiefees met verskeie pryse, groot afslag en die geleentheid om die nuutste tegnologie uit te toets en daarmee te speel, is Dinsdag 22 Oktober in die Neelsie gehou.

Die Tegnologiefees was ʼn inisiatief van die Studente Tegnologieprogram (STP) wie se doel dit is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

Personeel en studente kon nie net waardevolle inligting oor die tegnologie wat die program bied kry nie, maar kon dit ook uittoets en daarmee speel. Daar was verskeie pryse op die spel en afslag is aangebied op heelwat van die produkte wat uitgestal is.

Die Maties-dansvereniging het vir die vermaak gesorg oor middagete en die name van die wenners van die October Tech Fest-kompetisie is getrek. Kyk video hier.​

STP vier Oktober met tegnologiefees

Vrydag, Oktober 18th, 2013

Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie-inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel, die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

Komende Dinsdag, 22 Oktober, sal studente en personeel ook die geleentheid kry om tussen 9:00 tot 16:00 in die Neelsie te kom kyk na die tegnologie wat die program bied. Toestelle sal nie net uitgestal word nie, maar jy sal ook daarmee kan speel en wie weet, dalk ook `n splinternuwe speelding wen … Indien jy belangstel om vir jouself `n nuwe stukkie tegnologie aan te skaf, kan jy dit ook op dié dag bestel. 

As jy een van die nuwe toestelle wil wen, kan jy ook inskryf vir die October Tech Fest-kompetisie –

1. Gaan na www.sun.ac.za/ithub

2. Kliek op die skakel.

3. Vul die 10 kompetisievrae in.

4. Stuur dit na student@sun.ac.za

Vier tablette is op die spel en jy kan een van die gelukkige wenners wees. Wenners se name word tussen 13:00 en 14:00 Dinsdag in die Neelsie getrek tydens `n spesiale program met `n verrassing of twee  – wees gereed om vermaak te word!

Onthou net, jy moet tussen 13:00 en 14:00 in die Neelsie wees om jou prys in persoon op te eis, anders word `n volgende naam getrek. 

Meer oor die tegnologie wat uitgestal gaan word en die Studente Tegnologie program, kan gevind word by www.sun.ac.za/ithub  of  www.stp.ac.za.

 

 

 

Vista & Blackboard staan opsy vir Moodle

Vrydag, Mei 24th, 2013

Vanaf 2014 skakel die Universiteit se elektroniese onderrigleerbestuurstelsel oor van Vista en BlackBoard Learn na ‘n oop-bron e-Leer-stelsel, Moodle. Die oorskakeling is genoodsaak deur  ‘n verandering in die Universiteit se strategie en tekortkominge in die bestaande stelsel wat nie reggestel kon word nie. Die besluit is gegrond op `n deeglike ondersoek. Moodle is dus voortaan die standaard e-Leer stelsel van die Universiteit.

‘n Taakspan (Johann Kistner, drr Antoinette van der Merwe & JP Bosman en me Marinda van Rooyen) het die evaluering gedoen, insluitend konsultasie met akademiese, administratiewe en steundienste personeel.  Daar is ook gekyk na hoe die stelsels suksesvol en op groot skaal by ander universiteite gebruik word.  Uiteindelik is die besluit gemaak op grond van ‘n stel vooraf gedefinieërde, geweegde kriteria. Dit het volgende in ag geneem:

  1. Toegang tot die stelsel van buite kampus moet betroubaar wees. Daar is `n beduidende groei in die gebruik van e-Leertegnologie van buite die kampus:  dienskursusse, nagraadse modules, en studente wat vanaf hul huise werk.
  2. E-assessering word toenemend gebruik, dus is `n betroubare assesseringskomponent noodsaaklik.  
  3. ’n Mobiele koppelvlak wat op alle toerusting werk, agv die groot toename in die gebruik van mobiele toerusting (selfone, tabletrekenaars, skootrekenaars).
  4. ‘n Akkurate tredhoustelsel om rekord te hou van studente se vordering. 
  5. Af-lyn funksionaliteit om voorsiening te maak dat studente die leermateriaal en ander inligting maklik kan sinkroniseer na  toerusting terwyl hulle op kampus is en dan tuis kan werk sonder om aanlyn te wees.
  6. ‘n Meer soepel lisensiëringsmodel aangesien beperkende lisensieooreenkomste nie meer volhoubaar is indien daar groter gemeenskapsbetrokkenheid en samewerking met skole en ander Universiteite, veral op die Afrika kontinent (bv in die CHEC kursusse, skole ondersteuning) in die vooruitsig gestel word nie. 

In praktyk beteken dit dat Moodle vanaf Januarie vir alle modules gebruik word, en dat Vista en BlackBoard net tot Maart 2014 vir 2013 modules beskikbaar bly (tot na die laaste eksamengeleentheid).

Die kort tydperk voor die implentering moet plaasvind bied `n groot uitdaging vir dosente om inligting  betyds te migreer, asoof aan IT om die bedieners betyds gereed te kry.  Die projek word tans gedefinieer en daar word streng by `n tydlyn gehou om te verseker dat hierdie doelwit bereik word. 

Meer inligting sal ook in volgende uitgawes van Bits & Bytes kommunikeer word. 

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.