%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20250717212101+00'00') /ModDate (D:20250717212101+00'00') /Title (Report 07-2025) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R 14 0 R 16 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 3909 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 319.181 521.469 427.553 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 319.556 520.719 426.803 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 334.931 m 550.984 334.931 l 550.984 335.681 l 61.016 335.681 l f 0.200 0.200 0.200 rg BT 61.016 693.716 Td /F1 14.4 Tf [(AANLYN EXCEL OPLEIDING NOU BESKIKBAAR)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 664.909 Td /F2 9.0 Tf [(Posted on )] TJ ET BT 104.045 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(January 01,1970)] TJ ET BT 173.588 664.909 Td /F2 9.0 Tf [( by )] TJ ET BT 188.096 664.909 Td /F3 9.0 Tf [(IT Communications)] TJ ET 0.153 0.153 0.153 rg BT 61.016 637.420 Td /F4 9.0 Tf [(As jy jou Excel-vaardighede wil opskerp het ons net die oplossing vir jou.)] TJ ET BT 61.016 617.431 Td /F4 9.0 Tf [(Jy kan nou ? aanlyn Excel-kursus volg wat al die Microsoft Office Excel 2019 inhoud dek wat jy nodig het om )] TJ ET BT 61.016 606.442 Td /F4 9.0 Tf [(internasionaal gesertifiseer te wees. Dit sal kursusgangers ook help om hulleself te orienteer binne die Office 2019 en 365-)] TJ ET BT 61.016 595.453 Td /F4 9.0 Tf [(omgewing.)] TJ ET BT 61.016 575.464 Td /F4 9.0 Tf [(Die kursus vind plaas oor vier dae en daar is vaste opleidingsperiodes waaruit jy kan kies. )] TJ ET BT 421.160 575.464 Td /F1 9.0 Tf [(Die volgende sessie vind 24 )] TJ ET BT 61.016 564.475 Td /F1 9.0 Tf [(tot 27 Augustus plaas.)] TJ ET BT 61.016 544.486 Td /F4 9.0 Tf [(Die enigste vereistes is dat jy rekenaargeletterd is en oor ? tafel- of skootrekenaar, Office365 en ? internetverbinding )] TJ ET BT 61.016 533.497 Td /F4 9.0 Tf [(beskik.)] TJ ET BT 61.016 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(Om in te skryf vir die kursus, kan jy registreer op SUN-e-HR. Navigeer na )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 355.091 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(my.sun.ac.za)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 355.091 512.357 m 408.110 512.357 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 408.110 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(, kliek op die )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 460.634 513.508 Td /F4 9.0 Tf [(my.sun.ac.za)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 460.634 512.357 m 513.653 512.357 l S 0.153 0.153 0.153 rg BT 513.653 513.508 Td /F4 9.0 Tf [( oortjie )] TJ ET BT 61.016 502.519 Td /F4 9.0 Tf [(en teken aan met jou sun-rekeningdetails. Nadat jy aangeteken het, gaan na )] TJ ET BT 368.195 502.519 Td /F2 9.0 Tf [(Training and development-> Learner Home-)] TJ ET BT 61.016 491.530 Td /F2 9.0 Tf [(>Information Technology)] TJ ET BT 160.313 491.530 Td /F4 9.0 Tf [( en die opsie vir die Excel-kursus sal sigbaar wees.)] TJ ET BT 61.016 471.541 Td /F4 9.0 Tf [(Sodra jy geregistreer is sal StellieTech, die maatskappy verantwoordelik vir die opleiding, jou kontak. Hulle instrukteurs sal )] TJ ET BT 61.016 460.552 Td /F4 9.0 Tf [(saam met jou jou vordering met die opleiding monitor, jou bystaan en sekermaak dat jy op die regte spoor bly met die )] TJ ET BT 61.016 449.563 Td /F4 9.0 Tf [(program.)] TJ ET BT 61.016 429.574 Td /F4 9.0 Tf [(Die opleidingmateriaal wat gedek word, is presies dieselfde materiaal wat gedek word in StellieTech opleidingsentrums. Al )] TJ ET BT 61.016 418.585 Td /F4 9.0 Tf [(hierdie sentrums voldoen aan globale industriestandaarde en internasionaal geakkrediteerde sertifisering.)] TJ ET BT 61.016 398.596 Td /F4 9.0 Tf [(Op die platform sal jy julle pre-toetse vind, opleidingsvideo's, oefen-simulasies, post-toetse en aflaaibare werkboeke. Al )] TJ ET BT 61.016 387.607 Td /F4 9.0 Tf [(die inligting is duidelik uiteengesit op die platform en baie gebruikersvriendelik.)] TJ ET BT 61.016 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(Meer gedetailleerde inligting oor die )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 206.078 367.618 Td /F4 9.0 Tf [(Excel-kursus.)] TJ ET 0.18 w 0 J [ ] 0 d 206.078 366.467 m 260.087 366.467 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 349.129 Td /F2 9.0 Tf [(Posted in:Nuus,Kennisgewings,Opleiding | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 355.0907 512.6752 408.1097 521.8327 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://my.sun.ac.za) >> endobj 14 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 15 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 460.6337 512.6752 513.6527 521.8327 ] >> endobj 15 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://my.sun.ac.za) >> endobj 16 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 17 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 206.0777 366.7852 260.0867 375.9427 ] >> endobj 17 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/it/files/2020/06/Excel-course.pdf) >> endobj xref 0 18 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000472 00000 n 0000000568 00000 n 0000004529 00000 n 0000004641 00000 n 0000004756 00000 n 0000004876 00000 n 0000004984 00000 n 0000005112 00000 n 0000005183 00000 n 0000005311 00000 n 0000005382 00000 n 0000005510 00000 n trailer << /Size 18 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 5618 %%EOF Opleiding « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

Argivering – nie net vir biblioteekarisse nie

Vrydag, Augustus 21st, 2015

Argivering. Dit klink nie besonder prettig nie, né?

Ongelukkig kan ons elektroniese posbusse nie altyd byhou by die massa e-posse waarmee hulle daagliks gebombardeer word nie – veral daai groot video leêrs en prentjies … 

As jy nie gereeld huis skoonmaak en onnodige of groot e-posse uitvee nie, gaan jy kort voor lank sonder enige spasie sit. Dis op hierdie punt wat argivering sy staal wys.

In hierdie kort artikeltjie sal ons vir jou wys hoe maklik dit is om argiewe op jou rekenaar te skep en onderhou.

  1. HOE OM JOU EIE ARGIEF-LEêR TE SKEP

archiving-1

Maak MS Outlook oop

  • Kies die Home oortjie
  • Gebruik die afrol-spyskaart langs New Items
  • Kliek op More Items
  • Kies Outlook data file

archiving-2

Hierdie aksies sal `n leêr vir jou nuwe argief skep.

Belangrik:

  • Kies die regte benaming sodat daar nie verwarring is wanneer jy later nuwe argiewe skep nie. 
  • Moenie `n wagwoord op die argief plaas nie. Dit veroorsaak onnodige verwarring en verlies van e-pos wanneer jy `n nuwe rekenaar kry of data herwin moet word. 

Dit moet ook onder  “My Documents\Outlook Files” gestoor word.

Wanneer jy op OK kliek, sal jy teruggeneem word na die Outlook Home skerm.

Soos hier onder aangedui (wanneer die posbus oopgevou is), sal jy jou nuwe Outlook-argief sien.

archiving 3

2. NOU VIR DIE ARGIVERING

Kliek op File in die linkerkantse, boonste hoek. 
Onder Info sal jy Cleanup Tools sien.
Wanneer jy op die opsie kliek, sal jy Archive as die derde opsie sien.

archiving-4

Die volgende sigbare een lyk soos die een hier onder. 

archiving 5

Die belangrikste ding wat jy moet onthou is dat jy nagaan dat die regte argief-leêr gekies word vir argivering.

Om dit na te gaan, kliek op die browse-knoppie en maak seker dit wys na die korrekte leêr in “My Documents\Outlook Files”

Tweedens:

  • Kies `n datum – alle e-posse voor die ingevoerde datum sal geargiveer word na jou leêr. Dit mag `n tydjie neem as jy nog nooit voorheen geargiveer het nie. 

Thirdly:

  • Kies jou posbus (nie net dele daarvan nie, maar gebruik die oopgevoude sig soos in die voorbeeld) en kliek op OK.

Jy het nou jou eerste suksesvolle argief geskep.  Argiveer gerus jou e-posse eerder as om dit uit te vee – dis soms belangrik om rekords te behou. 

WENKE:

  • BAIE BELANGRIK – geen wagwoord op jou argief-leêr nie.
  • Hou argiewe klein – byvoorbeeld jaar-vir-jaar. Dit voorkom dat argiewe te groot raak en jou rekenaar stadig maak.  
  • Deur op bogenoemde wyse te argiveer bly jou leêrstruktuur altyd dieselfde en is dit makliker om heen en weer te soek na e-posse van vorige jare. 

Vir meer informasie op ander Outlook-funksies, gaan kyk gerus op ons selfhelp webwerf.

Mathematica by die US

Donderdag, Julie 16th, 2015

Moderne berekeningshulpmiddels is belangrik in verskeie dissiplines, en veral noodsaaklik in studievelde waar gesofistikeerde wiskunde, komplekse getalle of die verwerking van groot hoeveelheid data vereis word. Mettertyd het elke veld sy eie versameling gespesialiseerde oplossings of pakkette ontwikkel. 

’n Kampuswye lisensie is egter onlangs verkry vir die pakket Mathematica  wat deur Wolfram Research Inc ontwikkel is. Mathematica is een van ’n baie klein groep buitengewoon kragtige, hoëvlak sagtewarepakkette wat spesialiseer in gevorderde algebra, getalle en beeldverwerkingsberekenings.

mathematicaBy die Universiteit Stellenbosch het kollegas dit reeds met welslae gebruik in die biologiese, wiskundige en fisiese wetenskappe, sowel as in die ekonomiese en bestuurswetenskappe in beide onderrig en navorsing. Dit is dus regtig die moeite werd om uit te vind of dit ook toepaslik vir jou akademiese werk kan wees. 

Bykomend tot sy funksie as ’n hoëprestasie navorsingshulpmiddel, het dit ook ontwikkel tot ’n doeltreffende, gebruikersvriendelike onderrig-instrument.  Dit is kragtiger as enige ander algemene simbool-manipulasiepakket en boonop maklik om te gebruik op basisvlak.  Mathematica plaas die klem op die berekening van wiskundige objekte en kom met sy eie formele taal. Dit is gekoppel aan ’n uitgebreide, geouditeerde databasis waarmee sommige leerders dalk al kennis gemaak het deur die Wolfram Alpha-webwerf. 

Vir `n lisensie vir die gebruik van die Mathematica sagteware, kontak narga@sun.ac.za.

[Artikel deur Kristian Muller-Nedebock]

 

Office Mix – Powerpoint, net beter

Vrydag, April 24th, 2015

Soos die behoefte aan `n ryker leerondervinding toeneem, is daar ook `n beweging na sagteware, toepassings en webwerwe wat meer interaksie en samewerking tussen studente en opvoeders wil aanmoedig en bevorder.

office mix2

Daarom is dit glad nie verbasend dat Microsoft `n voorloper in die veld is en verlede jaar hul eie poging, Office Mix, bekendgestel het nie. Volgens Microsoft is Office Mix ontwikkel om opvoeders by te staan met die implementering van nuwe leermetodes met `n eenvoudige sagtewarepakket soos PowerPoint. Dit bied dieselfde voordele aan die e-Leer samelewing as die industrie-standaard verpakking van digitale leerinhoud, met die hulp van SCORM (Sharable Content Object Reference Model)

Met funksies soos stem, video, digitale ink, meningsopnames en interaktiewe toepassings, insigte en analises en terugspeelfasiliteite op enige toestel, beloof hierdie PowerPoint byvoeging om gewone skyfies te verander in interaktiewe aanlyn-lesings en aanbiedings.

Onderwysers of lektore kan hulleself opneem terwyl hulle klas gee en `n video maak van die aanbieding. Hulle kan skryf op die skyfies deur middel van “digitale ink” en vasvrae, meningspeile, video, skermgrepe, skermopnames en ander elemente byvoeg. Studente kan weer op die beurt na die interaktiewe dokument op die Office Mix webwerf gaan kyk.

Analise van die aanbieding is ook moontlik aangesien statistieke beskikbaar gestel word deur Mix.

Om Office Mix te gebruik, het jy Office 2013 of Office 365 nodig. Jy kan dit nou plaaslik aflaai van IT se ondersteuningswebwerf

[BRON: www.pcworld.com; www.microsoft.com]

 

MOOCs 101

Maandag, April 20th, 2015

MOOCKlasloop, noukeurige notas neerpen en ure in `n biblioteek spandeer is vandag nie meer vereistes as jy jou lyf student wil hou nie. MOOCs, of te wel “massive open online courses” is reeds die afgelope vyf jaar beskikbaar, maar is steeds populer en met goeie rede. 

`n MOOC is `n aanlynkursus wat gemik is op grootskaalse, interaktiewe deelname en oop toegang deur middel van die internet. Buiten tradisionele kursusmateriaal soos videos, leeswerk en vraagstukke, word `n gemeenskap gebou vir studente en akademici met die hulp van interaktiewe gebruikerforums. 

Oop, aanlyn kursusse  is `n onlangse toevoeging tot afstandsonderrig en bied `n gratis of lae koste alternatief tot konvensionele tersiêre onderrig wat voorheen nie vrylik aan almal beskikbaar was nie. Toonaangewende universiteite soos Stanford, MIT, Yale en Harvard bied reeds MOOCs aan en  gee aan enigiemand die geleentheid om te studeer aan `n voortreflike akademiese instansie.

MOOCs het geen formele toelatingsvereistes of beperking op inskrywings nie en miljoene leergieriges maak reeds gebruik van dié oop platform. Coursera, die huidige voorloper vir MOOCs, beweer dat hulle reeds meer as 3 miljoen gebruikers het.  

As jy belangstel daarin om jou kennis te verbreed – of dit nou iets lukraak is soos `n kursus oor kriptopgrafie of meer prakties soos finansiële beplanning, loer gerus na die webwerwe onder. Daar sal sonder twyfel iets wees wat jou belangstelling aanwakker.  

Lees ook MOOC News and Reviews se gedetaileerde artikel oor MOOCs, “What is a Massive Open Online Course Anyway?”. TED talks het ook `n volledige lys praatjies beskibaar oor MOOCS.

MOOC-KURSUSSE

https://www.coursera.org/
http://www.saylor.org
http://www.futurelearn.com
http://www.mooc-list.com/
http://www.class-central.com/
http://www.educause.edu/library/massive-open-online-course-mooc

[BRON: www.wikipedia.org]

Al die hulp wat jy nodig het

Vrydag, November 7th, 2014

Om te sukkel met iets simpel op jou rekenaar as jy onder druk is nie, is nie die aangenaamste ervaring of goed vir die bloeddruk nie.  En hoewel die IT Dienstoonbank tot jou beskikking is via telefoon, Skype en e-pos, wil jy dalk ook kyk of jy nie vinnig jou probleem self kan oplos nie.

Natuurlik is Google handig hiervoor, maar om deur al Google se resultate te sif en die regte een te kry, is nie `n blitsige oplossing nie.

Om hierdie rede het ons `n spesiale selfhelp webwerf geskep vir al ons gebruikers. Die webwerf sal gereeld opgedateer word met nuwe gidse en FAQ’s, asook, in sommige gevalle, videos om jou stap-vir-stap te help met jou probleem.

As jy volgende keer vashaak met iets simpel in Outlook en jy net eenvoudig nie daardie kalenderregte gestel kan kry nie, gaan kyk gerus by www.sun.ac.za/itselfhelp.

Ons hoor ook graag as daar inligting is wat jy graag sou wou byvoeg by die bestaande gidse. Stuur vir ons e-pos by  helpinfo@sun.ac.za.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.