Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Opleiding

Word slim met Microsoft

Woensdag, Maart 26th, 2014

Tegnologie speel `n sentrale rol in ons lewens. Gevoglik vereis 50% van vandag se loopbane `n mate van tegnologiese vaardigheid. Volgens die Amerikaanse Buro vir Arbeid-statistieke sal 51% van werk oor die volgende 4 jaar iets met sagteware te doen hê.

Terselfdertyd is die hoë getalle werklose jongmense besig om te styg –  tot so `n mate dat 46% van volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 24 werkloos is. 

Die Microsoft IT Academy spreek beide verskynsels aan deur persone toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het vir `n suksesvolle loopbaan in vandag se werksomgewing.

ms-it-academyWat is die Microsoft IT Academy?

Die Microsoft IT Academy is `n volledige, opvoedkundige oplossing wat studente, onderwysers, personeel, werkgewers en plaaslike gemeenskappe verbind met behulp van rigtinggewende tegnologievaardighede. Die leerskool poog ook om opvoeding en die regte wêreld te verbind en ontwikkelingsbronne vir opvoeders en personeel daar te stel.

Opleiding word deur middel van e-leer gefasiliteer en is enige plek, enige tyd beskikbaar met meer as 300 e-leer kursusse. Personeel en studente kan dus die aanlynkursusse op hulle eie tyd aanpak. Hoewel geen formele klasse word aangebied nie, ontvang deelnemers wat die Microsoft-eksamens slaag, wel `n amptelike sertifikaat.

Tot dusver het die inisiatief jaarliks  8.5 miljoen studente en opvoeders bereik en het meer as 15 000 IT Academy lede in meer as 130 lande en 1.4 miljoen studentesertifiserings oor die laaste 12 maande.

Wie kwalifiseer vir opleiding by die Microsoft IT Academy?

Lidmaatskap is oop vir internasionale akademiese instellings, insluitende openbare skole, K-12 skole, vakskole, junior kolleges, universiteite, wetenskap/tegniese skole, biblioteke en museums. Universiteit Stellenbosch is registreer as ‘n Microsoft Academy teen ‘n jaarlikse tarief wat op die stadium deur Informasietegnologie befonds word.

Amptelike en akademiese Microsoft kursusse en leerplanne

Produktiwiteit

  • Word
  • Excel
  • PowerPoint
  • Outlook
  • Access
  • Publisher
  • OneNote
  • Office
  • SharePoint

Rekenaarwetenskap

  • Leer programmeer
  • Sagteware-ontwikkeling
  • Web-ontwikkeling
  • Microsoft .NET
  • Speletjie-ontwikkeling
  • HTML5 toepassing-ontwikkeling
  • Sagtewaretoetsing

IT infrastruktuur

  • Windows bedryfstelsel
  • Windows bedieneradministrasie
  • Netwerke
  • Basiese databasis-beginsels
  • Sekuriteit

Indien jy geinteresseerd is in `n kursus, kontak ons IT Dienstoonbank by help@sun.ac.za en dui dadelik aan in watter kursus jy belangstel, sowel as jou eie inligting.

`n Leerplan sal aan jou toegeken word en sodra dit voltooi is, sal ons jou met e-pos in kennis stel. Jy sal ook die nodige riglyne ontvang waarin daar verduidelik word hoe om die aanlynopleiding te voltooi.  

Ons hou vir jou `n sitplek!

Vrydag, Februarie 14th, 2014

Met 2014 reeds goed aan die gang, het jy waarskynlik ook gerieflikheidshalwe vergeet van daai plegtige Nuwejaarsvoornemens, né? Wel, hier is jou kans om op te maak daarvoor en van jou skuldgevoelens ontslae te raak.

As `n nuwe vaardigheid op jou lysie was, kan jy nou jou Excel en Access-vaardighede slyp of iets nuut soos SharePoint leer. 

IT bied weer kursusse aan by beide Stellenbosch en Tygerberg kampusse. Vir meer inligting en instruksies vir registrasie, gaan na die  IT SELF HELP WIKI.

 

KURSUSNAAM  STELLENBOSCH TYGERBERG LOKALE
Typing & Digital Literacy 24-28 Febr       CTU Training Solutions, (STB)
MS Excel 2010 Basic 05-Mar   03-Apr   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Word 2010 Basic 03-Mar   01-Apr   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Outlook 2010 Basic 07-Mar   08-Apr   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Powerpoint 2010 Basic 06-Mar   09-Apr   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Access 2010 Basic 18-19 Mar   22-23 Apr   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Excel 2010 Intermediate 17-Mar   08-May   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Word 2010 Intermediate 10-Mar   06-May   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Outlook 2010 Intermediate 13-Mar   13-May   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Powerpoint 2010 Intermediate 12-Mar   14-May   Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Excel 2010 Advanced 14-15 Aug   12-13 Aug Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Project 2010 Level 1 19-20 May   21-22 May Admin A (STB), Gerga (TYG)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 15-16 Apr       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 24-25 Apr       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 26-27 May       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 29-30 May       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 30-31 July       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 21-22 Aug       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 1 Foundation 16-17 Sept       CTU Training Solutions, (STB)
MS Sharepoint 2010 Level 2 Site Administrator 26-28 Mar       CTU Training Solutions, (STB)

Wil jy klasloop by Google?

Vrydag, November 15th, 2013

In lyn met die vinnige groei van MOOCs (lees ons artikel oor MOOCS), het Google ook die week `n aanlyn “video-universiteit” op die been gebring. 

Google Helpouts is `n aanlyndiens wat gebruikers die geleentheid bied om te kollaboreer, kundigheid te deel en te help met behulp van lewendige, intydse videostrome.

Om die diens te gebruik, gebruik moet jy `n Google+ lid wees, waarmee jy toegang tot Helpouts kry met jou rekenaar of tablet, of deur die Android-toepassing op jou selfoon te laai.

Binne sekondes kan jy ‘n persoonlike instrukteur tot jou beskikking hê of wanneer dit jou pas. Jy kan enige tyd van die dag of nag toegang kry tot `n deskundige se kennis – geen beperking op tyd of geografiese grense nie. 

Helpout skeduleer jou sessie wanneer dit jou pas en plaas dit outomaties op jou Google kalender. Jy kan ook kies om deur middel van sms of e-pos herinner te word.

Helpouts het reeds meer as 1000 verskaffers wat enige beroep insluit en lesse gee in `n verskeidenheid spesialisareas. Kundiges of “verskaffers”, soos Google hulle noem, kan klein, medium of groot maatskappye wees, maar ook individue.

Selfs jy kan jou origami-klas op Helpouts aanbied. Onthou net dat kundiges deur Google goedgekeur moet word en `n volledige beskrywing van hul dienste, pryse en skedules verskaf moet word.

Ongelukkig, anders as MOOCs, is daar `n koste verbonde aan Google se nuwe diens.

Kliënte betaal per minuut of sessie vir lewendige, intydse videogesprekke met die deskundige, wat op sy beurt aan Google 20% van sy fooi betaal. Sommige maatskappye sal wel gratis sessies aanbied om bemarking `n hupstoot te gee. 

Betaling geskied deur middel van Google Wallet, wat jou kredietkaartdetails bevat, en jy betaal per sessie of per minuut. As jy ontevrede is met die diens, waarborg Helpout `n volledige terugbetaling –  mits jy dit binne 72 uur versoek.

Skielik lus om te leer kitaar speel? Matt Gibson wag vir jou by Google Helpouts …

[BRON: www.iol.co.za en www.wikpedia.org]

 

Statistica, stap vir stap

Vrydag, November 15th, 2013

Statistica is `n statistieke en analise sagteware pakket ontwikkel deur StatSoft in die middel-80s.

Die syferslim pakket word ook op ons kampus gebruik vir data-analise, om data te myn en vir data-visualiseringsprosesse. 

Om Statistica optimaal te gebruik, kan addisionele hulpbronne in die vorm van handleidings, videos en tutoriale handig te pas kom. Om hierdie rede deel ons graag die onderstaande bronne met al ons Statistica-gebruikers en hoop dat dit van waarde sal wees. 

1. Aanlyn, elektroniese handboek

2. Video-reeks op YouTube

3. Aanlyn tutoriale

4. Inleiding tot Statistica

5. Inleiding tot Statistica: Grafieke en makros (SVB) (pdf-formaat)

[SOURCE: www.wikipedia.org & www.statsoft.co.za]

 

Inligting op jou vingerpunte

Vrydag, November 1st, 2013

Ons word daagliks toegegooi met massas informasie waarvan waarskynlik net `n klein persentasie bruikbaar is. Dis geen wonder dat ons dit wat wel relevant is, nie kan opspoor tussen die res nie.

As dit by enige IT-vrae kom, is daar wel een sentrale plek waar jy met ‘n muiskliek nuttige antwoorde kan kry. Wonder jy hoe om aansoek te doen vir ‘n telefoon? Wil jy weet hoe om jou data te rugsteun voordat jou skootrekenaar se hardeskyf sy laaste asem uitblaas? Hierdie antwoorde en meer is reeds op IT se selfhelp wiki. 

Nie lus om die IT Dienstoonbank te skakel of te wag vir terugvoer via e-pos nie, gaan kyk gerus of jou vraag nie vinnig beantwoord kan word sonder die moeite van ‘n telefoonoproep nie.

Indien daar geen teken van ‘n oplossing op die wiki is nie, laat weet ons net en ons voeg dit by. Sodoende groei ons databasis en kan ons meer mense help met knellende IT-vrae.

 

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.