Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

selfhelp

Inligting op jou vingerpunte

Vrydag, November 1st, 2013

Ons word daagliks toegegooi met massas informasie waarvan waarskynlik net `n klein persentasie bruikbaar is. Dis geen wonder dat ons dit wat wel relevant is, nie kan opspoor tussen die res nie.

As dit by enige IT-vrae kom, is daar wel een sentrale plek waar jy met ‘n muiskliek nuttige antwoorde kan kry. Wonder jy hoe om aansoek te doen vir ‘n telefoon? Wil jy weet hoe om jou data te rugsteun voordat jou skootrekenaar se hardeskyf sy laaste asem uitblaas? Hierdie antwoorde en meer is reeds op IT se selfhelp wiki. 

Nie lus om die IT Dienstoonbank te skakel of te wag vir terugvoer via e-pos nie, gaan kyk gerus of jou vraag nie vinnig beantwoord kan word sonder die moeite van ‘n telefoonoproep nie.

Indien daar geen teken van ‘n oplossing op die wiki is nie, laat weet ons net en ons voeg dit by. Sodoende groei ons databasis en kan ons meer mense help met knellende IT-vrae.

 

 

Is jy oorsee en het ons nodig?

Vrydag, Oktober 18th, 2013

`n Paar jaar gelede kon jy ons net bel of e-pos stuur, toe kon jy ons blog lees en tweets volg.

Nou kan jy selfs op ons nommer druk as jy oorsee is en sukkel met `n rekenaarverwante probleem.

Spaar jouself die buitensporige internasionale oproepkostes en kom kuier vir ons op Skype deur te soek na helpinfo@sun.ac.za of die gebruikersnaamitstellenuni.

Wagwoordsinkronisasie `n kopseer?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Elke 90 dae kry jy `n e-pos van helpinfo@sun.ac.za wat jou vriendelik versoek om jou wagwoord te verander. Ons almal weet dat, alhoewel dit irriterend is, ook nodig is vir sekuriteitsredes.

`n 2007 studie deur Microsoft se navorsingspan het gevind dat die gemiddelde gebruiker 6.5 wagwoorde op die internet het, dat elke persoon ongeveer 25 rekeninge het wat wagwoorde benodig en gemiddeld 8 wagwoorde per dag moet intik! En dit was in 2007, 5 jaar gelede – dink net hoe lyk daardie syfers teen die tyd.

As jy meer as een toestel gebruik, raak wagwoordverandering `n nagmerrie. Maar daar is `n paar stappe wat jy kan volg om die verandering gladder te laat verloop.

Skakel al die toestelle af, behalwe een, bv. die skootrekenaar.

Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm, selekteer die Change Password opsie, en kies`n nuwe wagwoord volgens die riglyne wat verskaf word.

Teken af van die netwerk met die Logout opsie wat op useradm gegee word.

Teken daarna aan op die netwerk met die nuwe wagwoord.

Maak seker dat alle netwerktoegang (epos, internet, netwerkspasie) suksesvol beskikbaar is.

Skakel die ander toestelle een na die ander aan, verskaf die nuwe wagwoord.

Onthou, jy kan self jou wagwoord enige tyd verander op http://www.sun.ac.za/useradm by die Change Password-opsie. Probeer om te hou by die riglyne wat gegee word om jou wagwoord so veilig moontlik te hou – dit sal jou baie moeite en frustrasie spaar op die lange duur. As jy jou wagwoord heeltemal vergeet het, kan jy dit self verander deur te gaan na die personeelportaal.

Nog wenke vir die verandering van jou wagwoord kan by https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/Change%20password.aspx gekry word.

Spieëlwebwerwe tot jou beskikking

Vrydag, Junie 8th, 2012

Het jy geweet daar is sekere webwerwe waartoe jy plaaslik toegang na kan kry sonder dat jy nodig het om Inetkey te gebruik? Hierdie webwerwe staan bekend as spieëlwebwerf, of te wel `n “mirror site”.

In die rekenaaromgewing is `n “mirror” `n presiese kopie van `n datastel en op die internet is `n “mirror site” die presiese kopie van `n ander internetwebwerf. Spieëlwebwerwe word gereeld gebruik om veelvuldige bronne van dieselfde inligting te verskaf en is veral voordelig as betroubare toegang tot groot aflaaibare leêrs. “Mirroring”  is in kort dus `n tipe leêr sinkroniseringsproses waar die aktiewe spieëlwebwerf opdateer word sodra die oorspronklike webwerf verander.

Maar hoekom is dit nodig dat daar meer as een weergawes van dieselfde webwerf is? Enkele redes hiervoor is:

  1. Om die bestaande weergawe te bewaar, veral as dit gesluit is of gesluit gaan word.
  2. Sodat gebruikers vinniger inligting kan aflaai as dit plaaslik is. (`n Amerikaanse bediener kan byvoorbeeld `n spieëlbeeld hê in Japan sodat Japanese internetgebruikers vinniger data kan aflaai.)
  3. Toegang tot andersins onbereikbare inligting. (Google is byvoorbeeld verban in China in 2002 en `n spieëlwebwerf elgooG is daargestel om steeds toegang te gee.)
  4. Om ouer inligting te argiveer wat te duur word om te huisves op die hoofwebwerf.
  5. Om die lading in internetverkeer te verlig.

Voordat jy dus groot leêrs en sagteware aflaai vanaf `n internasionale webwerf en jou internetrekening opjaag, maak eers seker dat daar nie `n plaaslike weergawe is nie. Die volgende klompie webwerwe is teen geen onkoste beskikbaar vir jou:

`n Verskeidenheid sagteware is beskikbaar by http://support.sun.ac.za

MIT OpenCourse Ware: http://ocw.sun.ac.za

Mirror server vir linux: http://ftp.sun.ac.za

Mirror dienste gratis beskikbaar via TENET: http://www.mirror.ac.za

Bekendste linux distros is beskikbaar (Ubuntu,Debian, Fedora, Opensuse, Mandriva ens.)

Volledige Programeringstale mirrors is beskikbaar by:

CPAN (perl): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.funet.fi/pub/languages/perl/CPAN/

CTAN (Tex/Latex): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.dante.de/tex-archive/

Python: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.python.org/

Wiskundige tale:

SageMath: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/www.sagemath.org/

Scilab (http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/scilab/www.scilab.org/

R http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/cran.za.r

Octava http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/octave

Oopbron sagteware:

sourceware.org: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/sourceware.org/pub/

Gratis Officepakket:

LibreOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/libreoffice/

OpenOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/openoffice/

Aflaaibare antivirus opdaterings:

Mcafee: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.nai.com/

Symantec: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.symantec.com/public/

english_us_canada/antivirus_definitions/norton_antivirus/

Adobe Reader: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.adobe.com/

BRON:  www.wikipedia.org

IT: Gerat vir die toekoms

Vrydag, Maart 9th, 2012

Tot onlangs was die afdeling Informasietegnologie se gesig op kampus hoofsaaklik slegs die van `n diensverskaffer. Die mense wat jy bel as jou rekenaar gekalf het en gemoedere hoog loop van frustrasie. Min mense weet egter presies wie of wat IT is en dat hulle meer doen as om te sorg dat jou rekenaar elke dag werk en jy jou email en internet kan kry.

Voorheen het twee van IT se afdelings, IT Tegniese Dienste (ITTD)en IT Gebruikersdienste (ITG), gefunksioneer as twee aparte eenhede. Om egter te verseker dat Informasietegnologie  in lyn met US-doelwitte en aan die voorpunt van nuwe tegnologie bly, is besluit op die integrasie van die twee afdelings.

Die vorige afdelings word een integrale afdeling wat bekend sal staan as  IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning met die fokus op drie verskillende areas – Navorsing en Ontwikkeling, Netwerkinfrastruktuur en Telefoonstelsels en Apparatuur- en Programmatuurdienste en ondersteuning.

Zenobia Davidse, Hoof: IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning Die groot verantwoordelikheid om die suksesvolle integrasie van dienste en voortdurende ondersteuning aan kampus te bestuur, rus op die skouers van Zenobia Davidse en haar span van 26 personeellede.

Met die herstrukturering sal wyer gefokus word op nuwe tegnologie en wegbeweeg word vir meer tradisionele IT-funksies. Daar sal, onder andere, anders gekyk moet word na datarugsteuning op kampus deur gebruik te maak van “cloud”-berging in plaas van rugsteuning op hardeskywe, toetsing van nuwe apparatuur en programmatuur,  analise en konsultasies van gebruikers se behoeftes ten opsigte van tegnologie, sowel as selfhelp-gidse vir personeel.

IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning word dus die een-stop-plek vir e-waste, enige telefoonnavrae, installasies van WAP’s, aankope, bystanddienste en vele meer. 

In `n poging om kommunikasie met kampus te verbeter sal daar binnekort fakulteitsverteenwoordigers aangewys word wat probleemoplossing binne departemente sal bespoedig. Addisionele funksies en spesialisareas van die onderskeie personeellede word ook voortaan in Bits en Bytes bekendgestel.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.