Jan at Weimar in Germany

Pre-departure experiences

I found my summer school the same way I find all other things, using Google. If you are interested in a summer school or exchange program, make a list of good universities, ask your study leader if they can contribute to the list and then let Google do the hard work for you.

My preparations for the time abroad had to be made quite fast. Not only did I have only three months from conception to departure, I was also away from the University, as well as a proper internet connection, for a month and a half. The PGIO helped a lot in realizing this time frame, if you are unsure about something ASK!! Our experience with the German consulate were good. They had a website that explained the whole visa application process step-by-step, as well a checklist that you can run through to ensure there are no problems with your application. In German tradition, it took one and a half days to complete our applications and let us know that we could collect our visas. This being said, we had all our papers and no curveballs, some of the other clients at the consulate said they had to come back after some issues. This is not really such a big deal, as long as you have a week or so planned as contingency time.

I planned my whole trip through the internet, it was remarkable how easy it was to find accurate and insightful information. All my accommodation requirements were met by two websites, hostelworld and hostelbookers. These sites were used as a reference and a medium for booking my accommodation, I then used Tripadvisor to see if I could find a second and/or personalized opinion. This method really did deliver very satisfactory results. The only expense one incurs during the booking process is the 12% deposit. There is also the binding credit card information which is required before you make a booking, cancellation can usually be done up to 24h before arrival time, but then the 12% deposit cannot be converted into cash, but it can be used to make a new reservation through the same site.

Transportation were also planned and shopped for online, I used different fare compare sites and decided that I need to get a EUrail Flexi Pass, there are different pass options available for travelling by train and they can be seen on the EUrail website. It is also definitely worthwhile to check if travelling by plane will not be cheaper within Europe. After ordering the pass online, a representative contacted me to check when the package could be delivered, the representative came to my doorstep and handed me all the required documentation. This pass worked very well in Europe and if it is financially viable I would definitely suggest it to other travelling students.

Oorsese Ervarings – Trotse Matie

Ons was twee studente wat saam gereis het, ons het ‘n Europa toer ingewerk terwyl ons daar was, maar eers meer oor die kursus… Die kursus het ‘n baie insiggewende en wye program gehad, die amptelike naam was “Forecast Engineering and Global Climate Change”. Die klem was op strukturele ontwerp vir verskeie doeleindes. Seismiese aktiwiteit was onder bespreking, Topologiese Optimisering, Windvloei-modellering en ‘BIG City Data’ en die aanwending daarvan vir Siviele Ingenieurswese was ook van die besprekingspunte. Daar was gassprekers van regoor die wêreld, eksperts op hul gebied, wat vir ons blootstelling gegee het aan al die bogenoemde velde en nog meer. Ons moes ook ‘n projek doen in die veld van ons keuse, my keuse was die ontwerp van langspan hangbruê. Bauhaus Universiteit se Siviele department is ‘n gefokusde department wat spesialiseer in sekere rigtings, waarvan langspan hangbruê en aerodinamika van die strukture een van die fokuspunte is.

Die universiteit het ongeveer 4000 studente en net ‘n handjievol grade wat hulle aanbied, hulle is meerendeels op nagraadse studies gefokus. Dis ‘n uitdaging om Bauhaus te vergelyk met die Universiteit van Stellenbosch, aangesien die instansies se forte so verskil. Een ding is egter ooglopend, dis dat die Universiteit van Stellenbosch ‘n wêreldklas organisasie is, en dat ons akademiese standaarde enige dag kan kersvashou by die Europese instansies. Bauhaus se siening is baie modern (soos hulle al van hul ontstaan af was met hul uitdagende idees en kreatiewe argitektuur wat amper ‘n 100 jaar voor hul tyd was, sien die onderstaande foto van ‘n huis wat in die 1920’s ontwerp is) en hulle bied al hulle ingenieurskursusse ook in Engels aan. Die kampus is ook divers soos ons eie kampus (ook die rede vir my meertalige artikel), wat soortgelyke geleenthede, aanvulling en sommige uitdagings die lig laat sien. Die mense is baie oop vir geselskap en die meeste mense weet van ons Universiteit, dit was veral vir my ‘n indrukwekkende punt en ‘n tikkie op Stellenbosch se skouer.

Ons toer deur Europa was ook iets besonders, die kultuur, die detail, die moeite en die beplanning wat in hul stelsels en strukture ingaan is iets wat mens se oë laat rek. As ‘n student van siviele ingenieurswese moet ek die La Sagrada Familia uitsonder, dis ‘n kerk in Barcelona, Spanje, wat al oor ‘n tydperk van amper ‘n honderd jaar gebou word. Die argitektuur en die struktuur van die kerk is werklik ‘n besienswaardigheid vir enige iemand wat geboue waardeer. Die onderstaande foto’s wys wat mens in die gesig staar as jy by die deure instap, ‘n vooraansig van die kerk, asook hoe die trappe na die torings lyk:

Terugkeer na Stellenbosch en Suid Afrika (Die land van melk en heuning)

Die terugkeer na Suid-Afrika en Stellenbosch was ‘n aangename ervaring. Die reis na Europa en die blootstelling aan die Duitse ingenieurswese het beslis my siening oor ‘n wye spektrum van onderwerpe aangeraak. My passie vir my studies en my studierigting is versterk, maar terselfdetyd het ek besef dat die geleenthede en die moontlikhede hier in ons tuisland oneindig is. Ons het nie Europa se publieke vervoerdienste nie, ons het nie hulle finansiële welvaart nie en ons het ook nie hulle vlekkelose infrastruktuur nie. Ons is egter ook nie 1000’de jare oud nie, ons het nie hulle morbiede middeleeuse geskiedenis nie en ons het ook nie omtrent al ons natuurlewe se ekosisteme in beton en boerderygrond verander nie. Suid-Afrika, sowel as Suider-Afrika, het die menslike kapitaal, die natuurlike hulpbronne, die spasie en die kennis om op ‘n moderne en lewensvatbare wyse verder te ontwikkel.

Iets wat ek ook besef het, was dat probleme wat mens soms dink is eie aan ons land, is beslis nie. Ons is nie die enigste mense wat kla oor ‘n oneffektiewe staatsdiens nie, dis nie net ons wat hoë belastingkoerse betaal nie en dis ook nie net ons wat met misdaad en korrupsie worstel nie. Iets wat ons as Suid-Afrikaners wel aan kan werk is die beskerming van ons land se natuurlike hulpbronkapitaal, die beskerming van ons kulture, ons tale en ons geskiedenis en die aanwending van ons belastinggelde sodat die hele land se mense die waarde voel van hul bydraes. Ons het baie om op trots te wees en vir ‘n land wat se geskrewe geskiedenis minder as 400 jaar oud is dink ek ons het nogals goed gedoen tot op hede. Die uitdaging is nou om hierdie fantastiese groei en vooruitgang wat ons beleef het op ‘n volhoubare manier voort te sit, asook om te sorg dat ons na ons eie land en sy mense omsien met dit wat ons in die palm van ons hand het.

Ek sal enigiemand sterk aanbeveel om ‘n geleentheid soos die met ope arms aan te gryp en die ervaring eerstehands te beleef, dis ‘n groot voorreg en mens moet dit nie net as ‘n toer sien nie, maar as ‘n verbreeding van mens se horisonne. In ‘n neutedop dink ek dis baie waardevol om internasionale blootstelling te kry, ek dink dis ook baie werd om dalk ‘n paar jaar in Europa of enige eerstewêreldland te werk, want ons kan wel baie van hulle af leer in terme van ingenieurswese en menigte ander velde. Ek sal egter altyd terugkeer na Suid-Afrika of selfs Suider-Afrika, hier is baie geleenthede, ontluikende markte, infrastruktuur wat ontwikkel kan word, mense wat verskeie dienste benodig en vele meer. Anders as die jong man wat ek op die lughawe ontmoet het, terwyl ek gesit het en ‘n koppie boeretroos geniet het, sal ek beslis nie emigreer met die huidige stand van sake nie.