Language:
SEARCH

internet

Van teer-hennep en Indiese rubber tot optiese vesel

Vrydag, November 20th, 2015

Die internet het sy opwagting gemaak in die laat 1980s en vroeë 90s. Die infrastruktuur wat dit ondersteun is egter al sedert 1839 beskikbaar.

Vandag word ons internetverkeer hoofsaaklik gefasiliteer deur ondersese kabelstelsels vanaf Europa en Amerika.

ʼn Ondersese kommunikasiekabel word op die seevloer tussen stasies op land gelê, met die doel om telekommunikasie seine oor gedeeltes van die oseaan stuur. Voor die internet is hierdie kabels gebruik vir ander tipes kommunikasie, byvoorbeeld telefone en telegramme. 

Laying-undersea-cable-Cape-Town
Lê van `n ondersee kabel in Kaapstad
(Foto krediet: Telkom)

Na die ontwikkeling van die telegraaf in 1839, het die moontlikheid van ʼn ondersese lyn oor die Atlantiese oseaan na ʼn sterk moontlikheid begin lyk. Samuel Morse het in 1842 dit reggekry om, onderwater in New York se hawe, ʼn telegram te stuur met ʼn draad geïsoleer met teer-hennep en Indiese rubber.

Die eerste ondersese kabel in Suid-Afrika is op 27 Desember 1879 van stapel laat loop en vir die eerste keer is Suid-Afrika direk verbind aan Europa. Die verbinding is moontlik gemaak deur die East Coast cable of the South African Telegraph Company via Durban en Zanzibar na Aden. 

Vandag optiese vesel tegnologie gebruik om digitale data te versend en dit sluit telefone, internet en private dataverkeer in. 

Moderne kabels is gewoonlik ongeveer 25 millimeter in deursnee en weeg ongeveer 1.4 kilogram per meter vir die gedeeltes diep onder die see, wat die grootste deel in beslag neem en groter en swaarder kabels vir die vlakwater gedeeltes naby die strand.

Die jongste toevoeging tot ons telekommunikasie infrastruktuur is gemaak in Mei 2012 met die aanlê van die West Africa Cable System (WACS). Die 17 200 kilometer vesel optiese kabel begin by Yzerfontein aan die weskus en eindig by die Verenigde Koninkryk. (Meer oor die WACS-stelsel)

 

[BRONNE: www.mybroadband.co.za & https://en.wikipedia.org]

Laer internetkostes en vinniger internet

Woensdag, Februarie 6th, 2013

Te danke aan die Universiteit se samewerking met SANREN en die implementasie van die Fortigate vuurmuur, kan kampusgebruikers nou uitsien na laer internetkostes en `n vinniger, meer stabiele internetverbinding. Beide hierdie projekte was nodig omdat die universiteit se verbruik van bandwydte elke jaar bykans verdubbel het vir die afgelope 8 jaar. Ten spyte van hierdie drastiese toename, is internetkostes nooit verhoog nie. 

 

TARIEWE VIR INTERNETGEBRUIK VANAF 1 JANUARIE 2013

Tarief A @R0.02/MB: Maandag-Vrydag: 08h00-23h59 

Tarief B @ R0.01/MB : Maandag-Vrydag: 00h00-07h59, sowel as Saterdae en Sondae 

 

Neem kennis dat die relevante tariewe word bepaal deur die dag en tyd wanneer die afgelaaide data proses voltooi is. 

•Voorbeeld 1: As jy Maandag 16:55 `n leêr begin aflaai van 3 MB en die proses is voltooi teen 17:10, sal die tarief vir Maandag 17:10 van toepassing wees. 

•Voorbeeld 2: Indien dieselfde leêr afgelaai word vanaf Maandag 07:55 tot 08:10, sal die tarief vir Maandag 08:10 toegepas word.

Spieëlwebwerwe tot jou beskikking

Vrydag, Junie 8th, 2012

Het jy geweet daar is sekere webwerwe waartoe jy plaaslik toegang na kan kry sonder dat jy nodig het om Inetkey te gebruik? Hierdie webwerwe staan bekend as spieëlwebwerf, of te wel `n “mirror site”.

In die rekenaaromgewing is `n “mirror” `n presiese kopie van `n datastel en op die internet is `n “mirror site” die presiese kopie van `n ander internetwebwerf. Spieëlwebwerwe word gereeld gebruik om veelvuldige bronne van dieselfde inligting te verskaf en is veral voordelig as betroubare toegang tot groot aflaaibare leêrs. “Mirroring”  is in kort dus `n tipe leêr sinkroniseringsproses waar die aktiewe spieëlwebwerf opdateer word sodra die oorspronklike webwerf verander.

Maar hoekom is dit nodig dat daar meer as een weergawes van dieselfde webwerf is? Enkele redes hiervoor is:

  1. Om die bestaande weergawe te bewaar, veral as dit gesluit is of gesluit gaan word.
  2. Sodat gebruikers vinniger inligting kan aflaai as dit plaaslik is. (`n Amerikaanse bediener kan byvoorbeeld `n spieëlbeeld hê in Japan sodat Japanese internetgebruikers vinniger data kan aflaai.)
  3. Toegang tot andersins onbereikbare inligting. (Google is byvoorbeeld verban in China in 2002 en `n spieëlwebwerf elgooG is daargestel om steeds toegang te gee.)
  4. Om ouer inligting te argiveer wat te duur word om te huisves op die hoofwebwerf.
  5. Om die lading in internetverkeer te verlig.

Voordat jy dus groot leêrs en sagteware aflaai vanaf `n internasionale webwerf en jou internetrekening opjaag, maak eers seker dat daar nie `n plaaslike weergawe is nie. Die volgende klompie webwerwe is teen geen onkoste beskikbaar vir jou:

`n Verskeidenheid sagteware is beskikbaar by http://support.sun.ac.za

MIT OpenCourse Ware: http://ocw.sun.ac.za

Mirror server vir linux: http://ftp.sun.ac.za

Mirror dienste gratis beskikbaar via TENET: http://www.mirror.ac.za

Bekendste linux distros is beskikbaar (Ubuntu,Debian, Fedora, Opensuse, Mandriva ens.)

Volledige Programeringstale mirrors is beskikbaar by:

CPAN (perl): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.funet.fi/pub/languages/perl/CPAN/

CTAN (Tex/Latex): http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.dante.de/tex-archive/

Python: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.python.org/

Wiskundige tale:

SageMath: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/www.sagemath.org/

Scilab (http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/scilab/www.scilab.org/

R http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/cran.za.r

Octava http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/octave

Oopbron sagteware:

sourceware.org: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/sourceware.org/pub/

Gratis Officepakket:

LibreOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/libreoffice/

OpenOffice: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/openoffice/

Aflaaibare antivirus opdaterings:

Mcafee: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.nai.com/

Symantec: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.symantec.com/public/

english_us_canada/antivirus_definitions/norton_antivirus/

Adobe Reader: http://ftp.sun.ac.za/ftp/pub/mirrors/ftp.adobe.com/

BRON:  www.wikipedia.org

Te veel lynopsies?

Donderdag, Junie 7th, 2012

Hoe gelukkig is ons nie om deesdae (natuurlik as die begroting dit toelaat) internet in ons huise te kan hê nie. Anders as 5 jaar gelede kan jy nou `n resep “google” in plaas van die Kook en Geniet gryp. Of in die middel van `n fliek gou die naam van die akteur opsoek wat so bekend lyk, maar wie se naam jy skielik om der dood nie kan onthou nie.

Ongelukkig kom daar met tyd ook meer opsies en in die proses meer verwarring. Asof die keuse van diensverskaffer nie moeilik genoeg is nie, kan jy deesdae ook kies hoe vinnig jou ADSL-lyn moet wees. iAfrica het dit vereenvoudig sodat ons dit ook kan verstaan.

384Kbps

Telkom se goedkoopste, intreevlak-opsie teen R152 per maand.

As jy e-posse wil lees, `n bietjie Facebook en Twitter en dalk af en toe `n snaakse video-insetsel wil kyk, is hierdie een vir jou. Jy sal kan Skype en ander gesels-programme gebruik, maar videokonferensies gaan maar hikkerig wees. As jy lief is vir jou YouTube-videos en musiek wil stroom, sal jy dalk maar geduld moet aanleer. Hierdie lyn gaan maar sukkel om te doen wat jy wil hê. Jy sal ook lank wag om leêrs af te laai wat groter as 1GB is.

Die goeie nuus is egter dat jy nogsteeds speletjies sal kan speel sonder te veel probleme. Die gesukkel gaan slegs inkom as jy opdaterings (“patches”) of ander inhoud vir jou speletjies wil aflaai.

As jy nie vir Telkom wil ondersteun nie, is daar ook die opsie om by  MWEB, Afrihost en ander IDV’s `n onbeperkte rekening te kry vir ongeveer R200.

1Mbps

Telkom se middelslag-aanbod is `n trappie beter, maar ook heelwat duurder teen R289. Die 1Mbps lynspoed is egter nader aan die spoed wat breëband eintlik moet wees – amper drie keer so vinnig as `n 384Kbps lyn.

Die 1Mbps-lyn is perfek vir `n familie met meer as een persoon wat die internet wil gebruik sonder om te veel te sukkel met internetspoed. Dis ook `n goeie opsie as jy baie data wil aflaai en na radiostasies en musiek aanlyn wil luister.  Daar sal steeds `n mate van onderbreking wees, maar `n paar sekondes in vergelyking met `n paar minute op `n  384Kbps lyn.

Selfs met die aflaai van speletjies doen die 1Mbps goed. Speletjies groter as 10GBs gaan dalk net `n tydjie (enigiets van 24-48 ure) neem.

Die onbeperkte 1Mbps opsies se pryse het ook die afgelope tyd geval en jy kan dit nou aanskaf teen R200 vir MWEB, Afrihost, Axxess en ander.

4Mbps

Die tweede duurste opsie gaan jou R413 per maand kos, maar dis ook vier keer vinniger as die 1Mbps-lyn. Hierdie lyn is ook handig vir families, veral die wat `n kombinasie van “WiFi”-toestelle en rekenaars het. Ernstige aflaaiers kan gerus, as die begroting dit toelaat, gaan vir die 4Mbps-opsie aangesien groot leêrs baie vinnig aflaai.

Aanlyn videos en musiek stroom seepglad so jy sal nie op jou tande sit en kners van frustrasie nie. Nog `n voordeel is die kwaliteit van video-oproepe met goeie kwaliteit met  min onderbreking, indien enige. Gebruikers van Xbox Live en Steam sal moeiteloos “patches” en speletjies wat etlike gigabytes is, kan aflaai.

‘n Onbeperkte 4Mbps data rekening sal gebruikers ongeveer R500 per maand kos.

10Mbps

Hierdie vinnigste opsie van almal kos dieselfde as die 4Mbps, omdat Telkom gebruikers gratis opgradeer.

Met 10Mbps kan jy uitsien na hoë-definisie datastroom sonder enige onderbreking. Aflaai is natuurlik ook twee keer so vinnig as met die 4Mbps-lyn en is dus vergelykbaar met die res van die aanlynwêreld. As jy dus `n internet-geaktiveerde TV, Apple TV of enige ander HD toestel het, is hierdie die beste opsie vir hoë-kwaliteit inhoud sonder om te sit en wag vir `n skerm wat laai.

Vir die kwaliteit en spoed van `n onbeperkte 10Mbps rekening vra Afrihost R997 (die laagste prys op die mark tans). Axxess vra R1599, terwyl MWEB R1999 vra.

BRON:  www.iafrica.com

Breëband of Big Mac?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Breëbandpryse het die afgelope dekade ooglopend gedaal, maar dieselfde kan nie van ander produkte gesê word nie.  Rudolph Muller van www.mybroadband.co.za het gaan ondersoek instel en op `n paar interessante feite afgekom.

Die koste van ADSL-diens het met 50% gedaal sedert dit in 2002 geloods is, terwyl die koste van mobiele data met 96% gedaal het die afgelope 10 jaar. 

In 2002 het die basiese  512 Kbps ADSL diens vir residensiële verbruikers  R966.72 per maand gekos (R67.72 vir die huur van `n analooglyn, R680 vir ADSL-toegang en R219 vir `n 3GB databondel). In vergelyking hiermee is die prys van `n  384kbps konneksie met 5GB data nou R358.97 (R219.00 + R139.97).

In die mobiele data mark is die prysvermindering nog duideliker. In 2002 het  10MB data bundle van Vodacom R200 gekos (maw R20 per MB). Vandag kan gebruikers `n 1GB data bondel  by dieselfde maatskappy koop vir R99 (10c per MB).

Breëbandpryse se kostes is dus met tussen  50% en 95% gesny oor die afgelope tien jaar en dis deels te danke aan die laer internasionale bandwydte pryse meegebring deur  SEACOM.

Ongelukkig kan dieselfde nie van ander produkte gesê word nie. Die volgende tabel gee `n oorsig van die verandering in produkpryse die afgelope dekade.

Diens 2002 2012 Verandering

Telkom ADSL

Residensële ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R680 R289 -58%
Besigheid ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R800 R289 -64%
3GB gemengde ADSL data R219 R59.4 -73%
Analoog lynhuur R68 R140 107%

Vodacom mobiele data

Buite die bundel R45 R2 -96%
MyMeg 10 R200 R9 -96%

MultiChoice betaal-TV

DStv premium R349 R590 69%

Petrol

Petrol R4.26 R11.77 176%

Big Mac burger

McDonald’s Big Mac burger R9.00 R20.95 133%
 

© 2013-2018 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.