Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

wifi

(English) Connect to WiFi on campus

Donderdag, Januarie 27th, 2022

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

WiFi-toegang op kampus

Dinsdag, November 17th, 2020

Sedert die begin van die jaar is MatiesWiFi nie meer op kampus beskikbaar nie en sal alle gebruikers moet oorskakel na eduroam.  

Die motivering agter die verandering is om vir sekuriteitsredes weg te beweeg van `n minder veilige WiFi-opsie (MatiesWiFi) na WiFi waar jou data en identiteit enkripteer en beveilig word (eduroam).

Toegang tot eduroam as jou toestel geregistreer is

Indien jou toestel alreeds op US WiFi netwerk vir MatiesWiFi of Secure geregistreer is, sal dit outomaties aan eduroam kan koppel. Gebruik jou volle gebruikersnaam (xxxx@sun.ac.za ) en wagwoord om aan te teken. In plaas van MatiesWiFi of Secure kies net die Eduroam netwerk op jou toestel se WiFi-verstellings. Indien jy toegang tot die internet via eduroam benodig, moet jy steeds Inetkey oopmaak.

Volledige instruksies is hier beskikbaar.

Toegang tot eduroam as jou toestel nie geregistreer is nie

Indien jou toestel nie geregistreer is vir die US WiFi-netwerk nie, gebruik asb. Registerme om te registreer. Elke toestel moet apart geregistreer word, maar jy kan tot 5 toestelle op die US WiFi-netwerk registreer.

Neem kennis dat hierdie aanwysings net van toepassing is vir die registrasie van jou toestel op die eduroam WiFi-netwerk. Enige ander netwerkregistrasies kan op ons ICT Partner Portal aangevra word. 

Meer inligting oor WiFi op kampus.

 

WiGig – nuwe generasie WiFi?

Vrydag, September 20th, 2013

Net toe ons gewoond geraak het aan WiFi en vrede gemaak het met sy nukke en grille, verskyn daar `n nuwe speler op die veld. Een waarvan ons tot nou toe nie veel van geweet het nie. Kom ons kyk wat is WiGig en vergelyk sy sterk- en swakpunte. 

WiGig is bloot nog `n draadlose (wireless) standaard soos WiFi, daar is tog `n paar duidelike verskille. 

WiGig se reikwydte is aansienlik korter as WiFi, strek nie maklik verder as 10 meter nie en sukkel om deur mure `n sein te stuur. So, hoekom sal `n mens dit wil gebruik? 

Image credit: WiGig Alliance

WiGig is vinnig, vinniger as die Wifi waaraan ons gewoond is. Dit werk op ‘n veel hoër frekwensie (60GHz ) as die tradisionele bandwydtes en mobiele seine soos 3G kan blykbaar tot 7 Gbps lewer. Sodra jou toestelle egter verder weg is, verminder die spoed bitter vining.

Kenners beveel dus aan dat WiGig gebruik moet word vir tuisvermaak-toestelle, tablette en tuisrekenaars en dat jy dit gebruik as aanvulling tot jou reeds bestaande WiFi-konneksie. 

As die besparing van energie vir jou belangrik is, kan jy WiGig met `n skoon gewete oorweeg aangesien dit ontwerp is as `n lae energie alternatief en aanspraak daarop maak dat dit vyf keer minder energie verbruik as WiFi. Radioseine word geoptimiseer om die beste resultate te gee, oorlading te verminder en die sein direk te stuur waarheen dit moet gaan.

WiGig het ontstaan by die Wireless Gigabit Alliance wat lede soos Broadcom, Cisco, Intel, Microsoft, Dell, Nokia, Toshiba, Qualcomm, NEC, Panasonic en ander groot maatskappye insluit. Op die oomblik gaan dié standaard eers deur verskeie sertifiseringsprogramme, maar volgens beraming sal dit teen einde 2013 afgehandel wees. 

[BRONNE: www.techradar.com & www.computerweekly.com]

Hoe om jou foonbattery langer te laat hou

Vrydag, Oktober 26th, 2012

In `n vorige skrywe het ons vir julle voorstelle gegee oor hoe om jou selfoon se battery langer te laat hou. Na aanleiding van die positiewe reaksie wat ons gekry het, het ons besluit om nog `n paar idees met julle te deel.

Die verwagting om altyd aanlyn en beskikbaar te wees word by die dag groter en groter. Min dinge is egter so frustrerend soos `n pap battery wanneer jy `n belangrike oproep moet maak of e-pos moet stuur.

`n Pap battery is onvermydellik, maar daar is klein maatreëls wat jy kan tref om daardie ekstra bietjie lewe uit jou foonbattery te kry.

1. Wi-fi, 3G en Bluetooth

Indien enige van bogenoemde funksies voortdurend geaktiveer is, sal jou foon deurlopend probeer om aan die beskikbare dienste in jou omgewng te verbind. As jy nie die hele tyd toegang hoef te hê tot hierdie dienste nie, sit dit eerder af en verbind daaraan soos nodig.

2. Agtergrondlig

Het jy regtig in die middel van die dag `n helder bron van lig agter op jou skerm nodig?  Jou foon het krag nodig om hierdie lig te genereer en hoe helderder die lig vir jou skerm, hoe meer batterykrag offer jy op. Stel eerder die lig dowwer as jy wil krag spaar.

3. Toepassing

Goed, dis lekker om die nuutste toepassings te hê wat vir jou allerhande (soms onnodige) inligting kan gee. Hou net, jou foon het krag nodig om al tien toepassings te laat loop in die agtergrond. En dis krag wat jy dalk later nodig gaan hê as jy `n dringende oproep moet maak.

4. GPS

Om jou GPS te gebruik om op Twitter te wys waar presies jy tans is, mag handig wees, maar dit gaan ook jou batterykrag opsuig. En as jou batterykrag op is en jy verdwaal is jy ook sonder GPS!

5. Alarms en kennisgewings

Is jy geneig om afsprake en take te vergeet? En jou selfoon is so gestel dat dit jou op gereelde basis daaraan herinner? Kennisgewings en alarms op selfone is baie handig, maar as jy jou foon terselfdertyd op vibreer sit, ontneem dit jou van batterykrag.

(SOURCE: http://www.makeuseof.com)

 

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.