Kleinmond Gala 1954

Dit was ‘n stil groepie BT-Kaners wat Vrydagoggend by Hamelhof bymekaar gekom het. Die bekommernis van die eksamen was nog duidelik op sommige gesigte te lees. Die busse het egter nog skaars ‘n paar treë gery of dit was weereens die skertsende, singende groepie studente van ouds. Nog ‘n verdere middel tot “opwekking” was die talle waterpistole en ‘n hele waterbom wat Tielman getref het.

Read More

Sederberge September 1954

Ons was sewe-en-sewentig op die trein op pad na Graaffwater. Party het nog oor die afskeid van Ockert daar in die Kaapse Hawe gedink, ander het al begin droom oor die toekoms, maar wat ons in werklikheid saam beleef het, sou niemand vooraf kon raai nie.

Read More

McGregor April 1954

Op Vrydag, 30 April, het vyf-en-tagtig BT-kaners per bus na Robertson vertrek. Hier op pad na McGregor is die eerste nag met die sagte gesuis van reën op die tente, deurgebring. Die volgende dag stap ons met meer gestadigde weer deur McGregor om op Takap te gaan kamp. ‘n Skitterende krieketwedstryd het sy aanvang geneem. Die “veelslagtige” spanne het oor die algemeen beter met die mond as met die bal en kolf presteer. Daar is dan ook begin met die eerste kampvuur, waar die BT-Kaners kennis kon maak met die ultra-modern wonderbaarlike voertuig wat na Mars vertrek het. Volgens die laaste berigte sweef die voertuig nog tussen hemel en aarde. Read More