Woorde van die floperette

“My regverdige Dame”, oorsprong “My fair Lady”, wat vir die eerste keer op die Obiqua-toer (September 1963) opgevoer is, en weer op spesiale versoek op Gala 1963

WOULDN’T IT BE LOVELY
Ja, ou broer, ‘t was ‘n lekker toer
ver getree en diep geslee.
Voeg die wraak en skiete by,
o ja, dit was ‘n lekker toer.

THE RAIN IN SPAIN
Oggendbrood en middagbrood en pan.
Winkel …………….!
Ideal Milk en vrugteslaai en pille.
Bring julle borde en kom queue…………..!
Ek skiet jou vir die slee vanaand met my.

WITH A LITTLE BIT OF LUCK
Ek bring my dogter om te B T K
Sy was nog altyd net maar by haar ma.
Die weddenskap was wel ‘n sware saak,
maar, met ‘n titseltjie geluk,
met ‘n titseltjie geluk,
Sal sy dit nog dalkies chip-chop maak.

I HAVE OFTEN WALKED DOWN THIS STREET BEFORE
Ek het lank gesoek voor ek jou kon kry,
maar jy het net altyd buite my bereik gebly.
Op die stap bedags, in my slaapsak snags,
was jy daar, altyd maar onverwags.
Ek het jou aanskou met jou oë blou
waar jy eensaam sit en droom daar langs die
waterstroom.

Op my plek sit ek, met ‘n droë bek,
wyl ek weet dat ek jou moet vergeet.
En o, die pyngedagte
dat ons nooit aan mekaar kan behoort
O, hoor my jammerklagte
waar ek eensaam op my lewensweg moet voort.

Ek het jou aanskou ………ens.

ASCOT GAVOTTE
Al die manne maak die sleë reg,
Al die dames skud hul vere reg.
Dis die laaste slee wat die toer ons bied,
en ons gaan dit geniet.
Op ‘n laaste aand soos hierdie word ons harte
vreemd geroer,
en ons vervul met weemoed aan die einde
van ons toer.

I COULD HAVE DANCED ALL NIGHT
Ek kon die heelnag slee,
hy’t my ‘n thrill gegee.
Toe sê oom Tjaain, “Goeienag”.
Ek wou nog pille eet,
maar ek het reeds geweet,
dis einde van die dag.
Die sterre bo, het my laat glo
Hy hou van my.
Hy was so gaaf, en dit vir my
nou kan ek seker weet
die leifde het my beet,
om, ek kon slee, slee, slee, heelnag!

I’M GETTING MARRIED IN THE MORNING
Ons tweetjies gaan nou môre afhaak
ek sit nie langer op die rak.
Pak in jou goedjies,
was nou jou voetjies,
ons gaan nou op ons heuningmaan.
Geen sorg of kommer, dis als verby,
‘n Tyd van potskuur wag daar nou op my,
Want,
ons tweetjies ………….. ens.

Marié Blignault
(Sketsskryfster)

Leave a Reply