Knysna Gala 1969

Ai, die jaar is verby, en die eksamens. Dit beteken net een ding, dis Gala-tyd!

Die wa het Donderdagoggend, 27 November, om vyfuur (dit wil sê 05:30 BTK-tyd) vertrek. Daarvoor het Jurgens die waryers, wat die nag op die Hendrikse se mat deurgebring het, vieruur al uitgejaag. Read More

Gala Nuus 1969

Peter Matwetwe is arriving on the air. Before the regular nine o’clock news an advertisement will be sent through the air. Have you been walking lately and developed an extraordinarily large thirst. Drink milk with tretamel. Tretamel will see to it that your lost energy will be restored by every sip. Read More

Sederberg Oktober 1969

“As ek saam met my maats oor die berge stap
en ek hoor hoe ons voete op die voetpad klap,
dan’s ek bly, dan’s ek bly, soos ‘n voël so vry
en ek sing by myself oor ek lekker kry.”

Ongelukkig het die toer nie so begin nie. Dit het wagtende begin – sittende, standende. Vyf-uur die Vrydagmiddag, ag ekskuus, ek bedoel half-ses – of was dit nou agtuur? Om te dink dat daar ‘n busmaatskappy is wie se tyd later is as BTK-tyd. Read More

Gamkaskloof April 1969

Donderdagmiddag, 3 April om 5.30 nm skommel twee vol BTK busse Birdstraat af. Volgens program is ons toe reeds ‘n uur en ‘n half op pad. In Robertson pak ons by die huis van Elmary se broer af en word met ‘n reuse pot sop en koffie begroet. Na ‘n groot ‘vuurpyl’ vertrek die twee busse weer en keer die dorp na sy rustigheid terug. In die bus heers nou die regte gemoedstemming vir ‘n slapie – dit word dan ook gedoen – sowel bo as onder die banke. Read More