Slot

Om die sketsboek mee af te sluit haal ek graag die volgende aan. Dit is ‘n uittreksel uit ‘n essay van Marié Heese wat in April 1972 in die ‘Sarie Marais’ verskyn het en dit is veral so kosbaar omdat Marié Heese (néé Blignault) self sketsskryfster was en drie sketse in dié boek geskryf het.

“As ‘n mens nou ‘n redelike wese wás, sou niemand seker ooit op ‘n staptoer gegaan het nie. Ek het altyd die lede van die Berg-en-Toerklub op Stellenbosch met verwondering gadegeslaan. Hulle wéét mos wat hulle voorland is: blase op die tone en krampe in die kuite, sonbrand bedags en muskietbyte snags, swaar dra en hard slaap, en bid dat dit nie moet reën nie. Tog – kyk net met hoeveel geesdrif en jolyt val die klomp in die pad – met hul rooi nekdoeke soos vaandels gaan hulle sing-sing die swaarkry tegemoet.”

Uit: By Bekverbrand Verby

Leave a Reply