George-Knysna Gala 1985

Agtuur, Vrydagoggend 29 November het + 100 BTKaners aan die agterkant van die Neelsie rond geskarrel om hulle en hul bagasie in orde te kry. Die variasie van die bagasie het ver en wyd gestrek net soos die mense, bo van die ellelange Simon tot onder by ou Alleta’tjie.

Nadat Hessie en Koos en die res hul ERE plekke op die wa ingeneem het, kon die res van ons wat dit op die wa gewaag het, nesskop en ingrawe. ‘n Paar ou manne het heel bo-op stelling ingeneem -ek neem aan dit was vir die uitsig. Deurmekaar gewaai en bloedrooi gebrand het ons ons bestemming bereik. (Volgens betroubare bronne het die busrit baie rustig verloop.) Read More

Sederberge September 1985

Dit is met groot afwagting dat ons klompie so vyfuur se kant Vrydagmiddag, 20 September by die Neelsie vergader. Na ‘n groot pakkerasie, hou die BTK by hul tradisie en ons vertrek eers na ses – gelukkig was dit darem nie hierdie keer Kobus se skuld nie! Riaan, Priscilla, oom Theuns, tannie Suria, Josua, Hannes, Jassie en Francois is vooruit om die kampterrein ‘n bietjie te verken voordat die ander opdaag. Read More

Amatola Junie 1985

Die groot dag breek toe uiteindelik aan en Vrydag, 12 Julie, vergader ons by die Neelsie. Kort na sesuur die oggend is ons gereed om te vertrek, maar wag, hier kort iemand – Kobus Stoeder natuurlik. Hy moes eers wakker gebel word!

Ons het nog nie behoorlik reggeskuif en ons sit gekry nie toe die voorwiel van die bus besluit hy sien nie kans vir die lang pad wat voorlê nie. Net daar kort duskant die Paarl moes ons toe maar die bus ontruim en buite in die yskoue windjie staan en wag. Daar is die ys sommer ook gebreek en so in die wag het ons mekaar begin leer ken. Met die hulp van die noodtelefoon en Mastertreads is ons toe nege-uur eers weer reg om die tog voort te sit. Read More

Kouga April 1985

Sondagoggend het die hele groep (behalwe Oom Tjiaan en Ninkie) by die Neelsie bymekaargekom. Onder leiding van Barry en Riaan was die bussies gou gereed en het ons om 12 uur in die pad geval. Die eerste stilhou was in Worcester om brandstof in te gooi en gou kafee toe te hardloop. Daar het ook ‘n paar kissies druiwe te voorskyn gekom, en Priscilla het ewe vriendelik ‘n kissie aan Barry-hulle se bussie geskenk. Ons kom toe later agter dat ons ‘n half-vol kissie gekry het en Riaan-hulle die vol kissie gehou het! Read More