Gouritsmond-Witsand Gala 1989

Novembermaand op Matieland beteken net twee dinge, naamlik her en BTK – dit is mos waarom ons telkens terugkom Matieland toe. Die gala is dus weereens met groot ywer aangepak wat weerspieël is in die miernes van bedrywighede wat daar in die BTK-stoor geheers het.

Vir ‘n wonder het die wa net ‘n kwartier laat vertrek, maar Aninge de Wet het hom nog steeds verpas. Dit was byna donker toe die wa ook die karavaanpark te Riversdal binnery. Die bus was toe reeds daar. Read More

Keisie-Koo September 1989

Nou-ja, dit is weer sulke tyd en die BTK pak sy wa. Hierdie keer is ons op ‘n mini-gala op pad na die Koo-vallei waar ons ook dié deel van die Boland wou beleef.

‘O, koud is die windjie en skraal’ was ‘n flou beskrywing van die snerpende wind wat ons deurmekaar gewaai het agter op die wa. Toe ons eindelik (in die donker) op Geelboslaagte afklim, was almal maar koud en gevries, maar gou het die stokers ‘n lekker vuur aan die brand gehad. Read More

Prentjiesberg-Ec …. Sneeu-Toer Julie 1989

“Watter vereniging op Stellenbosch bied jou die beste waarde vir jou geld?”
“Die BTK natuurlik!”
“Hoe so?”
“Wel, waar anders kry jy sonskyn, wind, reën en sneeu binne drie dae op ‘n toerprogram?!”

Skielik kondig ‘n geel polisiewa die koms van die helfte van die aandete aan. Baie het gedink dat hy veel erger nuus wou kom oordra. “Hene Kosma, ek was nog nooit so bly om jou te sien nie!” (Was dit nou oor die gaar maalvleis of die drie ouens wat saam met my gery het?). Tannie Miems het glo sommer vroegaand al ‘n vinger in die blik gehad en die resultaat is toe natuurlik ‘n pappe-brousel, maar nou ja, wat maak ‘n mens anders met rys, sop, ertjies en baked beans? Read More

Hel April 1989

DONDERDAG:

Verduiwels! En toe vertrek ons weer stiptelik om vyfuur BTK-tyd. Dié dag met die helse konvooi (ek wil amper byvoeg met donder- en bliksemslae, maar kom ons laat dit eers!) – twee bussies én ‘n geleende pak-bôksie (dis nou die sleepwa en nie die Fiat nie hoor); Knersus se bakkie met die wit “canopy”; Cornell reg om te versnel in sy Charade, ‘n blou Golf “volgeladen met jonge meisjes; ‘n blou Passat wat sukkel om sy agterbene reguit te maak en laaste, maar helaas nié die stadigste nie, ook Frans van Wyk se bôksie-Fiat. Read More