Stilbaai – Witsand Gala 1993

‘n Geskarrel, gegroet, ge-name-vra, hope bagasie, toerlyste en mense: so begin hierdie toer op ‘n snikhete Vrydag. Dit lyk darem of almal hoede onthou het, want dis strooihoede net waar jy kyk wat behoorlik kompeteer in grootte. Vertrek stiptelik BTK-tyd met ‘n bus, twee US-minibussies en die liewe toe trok. Read More

Suidelike Sederberge September 1993

Vroeg genoeg Saterdagoggend, 25 September by die Neelsie het die toer van springmielies, mondfluitjies en rotsboë begin. Die toerlys lewer die eerste opwinding op: sommige teken protes aan teen hulle portfeuljes, Remko v.W. besluit gelukkig nie om iemand “uit te haal” oor die onvanpaste EEN agter sy naam nie, … en toe groep 3 (of is dit nou groep 2?) hulle Middagbroodjie soek, kom hulle agter hoe ‘n groot verskil ‘n enkele “e” aan die naam Louis kan maak. Read More

Richtersveld Julie 1993

Met ‘n kadoef het die busdeur toegeklap
Veertig vrolike vriende is reg vir die stap
Borrelend, babbelend en bruisend vol lewe
Maandag 12 Julie, net na sewe.

Die lang ure van sing-e-ry en speletjies speel
Is afgewissel met die opwinding van naartjies steel
Henk het sy kans aangegryp en begin dweep
Oor sy onverbeterlike veeldoelige biodegradable seep Read More

Skoonste Kaap April 1993

Dis donker. Dis stil.
Dis vroegoggend – 3 April.
Voor die Fisikagebou, wat kan dit wees?
37 Studente vol opwinding en gees!

Kwart voor ses het ons (in BTK taal)
Soos beesmis gemaak en in die pad geval
In die bus het ons gesing en gesels
En kort voor lank was ons almal pels. Read More