Weskusgala November 1994

Jy verdien ’n vakansie! het heelwat studente in die November-eksamen bo-aan ’n advertensie gelees. Uiteindelik het 90 besluit om agt dae saam met die BTK deur te bring: te voet langs die Weskus, vanaf Saldanha tot by Dwarskersbos. Read More

Koue Bokkeveld Oktober 1994

Dit is nogal merkwaardig hoedat ‘n BTK-toer die vermoë het om ‘n mens se natuurlike wekker te reguleer. Reeds ‘n halfuur voor die beplande wakkerwordtyd lê ‘n mens half-sluimerend – eers vaagweg en later intens bewus van ‘n heerlike gevoel van opwinding.

Dit is met hierdie gevoel van opwinding wat 36 BTKners Saterdagoggend, 1 Oktober, tussen 5.45 en 6.00 by die Luckhoffskool vergader. Oom Bethel en Kalie Pauw kan ongelukkig nie meer die toer meemaak nie, en Annemarie Olivier sal oppad by ons aansluit. Die bus word gelaai en ek samel nekdoekies in aangesien ons dit sommer vooraf wil stempel. Ons toerleier, Pieter Theron, het ons staproete vooraf gereccie en weet dus dat ons die Woensdag met die terugkomslag nie baie oop poskantore sal vind nie. Read More

Visrivier Canyon Julie 1994

Ons gaan, ons gaan nie, ons gaan, ons gaan nie, maar einde ten laaste is dit realiteit: die bus met 40 BTKners draai af by die wegwyser met die woorde VISRIVIER CANYON.

Die groep het die vorige oggend, 17 Julie 1994, uit die nat groen Stellenbosch vertrek, op Springbok het Lilibe Vermeulen opgeklim en op Grünau het ek aangesluit. Daar het ons ons ook tuisgemaak vir die nag in Mevrou van der Merwe se ruim gastehuis. Dit is ‘n geskarrel; in- en uitpak. Party mense is na die lang rit so lus vir ‘n koeldrank dat hulle ‘n onbekende woesterny en geëlektrifiseerde drade trotseer om by die kafee te kom. Na sop en broodjies raak dit rustig. Oom Bethel Mller gesels met ons oor die Onse Vader Gebed. Slaapplek was volgens elkeen se smaak en inisiatief: die senior Steinmanns op lugmatrasse, party mans in die bus, van die dames vier-vier op die matrasse wat daar beskikbaar was. Read More

Kougatoer April 1994

Oos van Uniondale, tussen die Langkloof en Baviaanskloof is daar so ‘n kaal kol op die landkaart met baie kontoerlyne. Daar lê die Kouga.

Kwart oor ses op Vrydag, 1 April was daar al ‘n gewerskaf voor die Lückhoffskool. Dertig gelyste toeriste plus Hans Scheffler (of is dit nou Groot M (Tannie Miems Swanepoel) 4 Hendrikse en 26 ander) met net soveel rugsakke moet in twee bussies, twee sleepwaentjies en die Hendrikse se motor in. Toe ons na ‘n paar u-draaie ‘n oop hek gevind het, kon ons die pad vat. Read More