Gourits-Witsand Gala 2001

Sondag die 25ste

“Quote of the day”:
“Het jy ‘n swembroek nodig om te swem?” – André Vorster, in die verbyloop gehoor…

Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie jaar se gala. ‘n Nuwe voorsitter, ‘n ou-gunsteling roete en ‘n rekordgetal toeriste, is daar net goeie dinge vir die gala voorspel. Die weer het net so lekker saamgespeel, met heerlike sonskyn toe die 120 galastappers 8:00 Sondagoggend, die 25ste November, byeenkom. Naarstiglik is daar gepak aan die bus, die lorrie, die sleepwaentjie, en ‘n paar karre. Petri du Plooy, Leida Heymann en Jean de Villiers het ‘n weddenskap aan oor waneer ons sou wegkom. Gelukkig wen Leida nie met haar 12:00 voorspelling nie, en is ons 9:40 (sekerlik een vir die rekordboeke) op die pad. Colyn Murray begin sommer vroeg-vroeg die toer lei, want hy bestuur die bus wat letterlik tot oorlopenstoe volgelaai is. Tot op die trappies by die deur is mense gepak wat hard aan die verlore kuier van die afgelope eksamen aan die opmaak is. Almal word net beveel om plat te val as daar enige teken van ‘n polisiekar is… Read More

Bergfietstoer van 20/22 April 2001

Wag, voor ons eers verder gaan kom ons hoor wat sê die experts:
“Never seen before – amazing” – Mountain Bike SA
“Good variation in hills and flat scenic routes – ideal for the experienced amateur” – Backcountry cycling
“Jislaaik, nie eers my donkies doen dit nie !?” – boer Neels langs die pad

Nou weet ons wat die ander mense van die toer gedink het, wel hoe was dit nou rerig? Baie gehard en die beste georganiseerde toer van die BTK (na my persoonlike en beskeie, maar regte waar mening). Die toer het bestaan uit vier fietsryers: Read More