Pofadder Julie 2003

Sondag – Dag 1

Sondag-oggend het vir sommige van ons vroeer as vir ander begin. Ons moes 5uur by die Neelsie parkeerterrein ontmoet, om in snerpende koue te staan en wag tot meeste slaapkouse…die bus ingesluit, so bietjie voor 6uur eers opdaag.

20 voor 7 trek Johnie, ons busbestuurder en ‘n bus gelaai met ‘n spul opgewonde studente weg. Hul motiverings? Koue Oranjerivierbad,’n sterredak, stilte, woestyklippe…die hardebloumatrassie-onder-seer-lyf-gevoel… So in die ry, word name leer ken en agterstallige slaap inghaal. Riaan het lg. in styl gedoen met sy in-die-paadjie-matrassie-plan.

Die bus het behoorlik by spoedbeperkings gehou!!!

Amper vergeet ons om Piet oppad op te laai…hoe droog sou die dorre woestyn darem nie gewees het sonder entoesiastiese wortels nie!

10 voor 5 arriveer ons op Pofadder (Oom Koos neem ons na die skoolkoshuis) Hierdie dorpie is groter wat baie gedink het, maar klein genoeg om die skoolkoshuis te bereik sonder enige besoeke aan uitkykpunte!

Pa en Ma van die staptoer, oom Andre en tannie Antoinette, het by ons aangesluit. Ook Phillipa, Eberhard, Minette, Gretha, Casper, Lisa, Joyce en Heleen het gedurende die loop van die aand by ons aangesluit.

Blykbaar was groepie 2 diep ongelukkig oor hul soutpot met die groot gat.Vanaf aand 1 het hierdie soutpot sy eie raaiselagtige toer meegemaak van groep na groep.

Slee was nie-amptelik in dames-kwartiere. Gideon en Mia wys eerste toeriste hoe om te skiet en Koos gee die nodigste reelings weer. Baie is verheug om te hoor dat Donderdag ‘n oorstaandag is. Dis slapenstyd en ons kruip in ons warm slaapsakke in.

Maandag – Dag 2

Vroeg-vroeg word ons uit ons beddens gesing. Nogals lekker om die vars oggendlug in te asem en te weet dit gaan ‘n fantastiese toer in die Onseepkans-wereld wees.

Laaste dinge word gepak en weg is ons op die pad na Onseepkans, die beginpunt van ons staproete. Hier is ons tegemoet gehardloop deur nuuskierige klein bruin grootoog mensies. ‘n Lekkertjie en knipoog het hulle dag gemaak.

Almal het met swaar water-belaaide rugsakke stadig-maar-seker vorentoe gebeur, mekaar beter leer ken en die kindertjies wat so saamstap bewonder.

Eerste gamebreuk was dit sulketyd…ordentlikheidspraatjie. Hierna is ge-koning. Vir die kindertjies en arme hond was dit ‘n spektakel.

Dag 1 se stap was hoofsaaklik in die binneland oor randjies en vlaktes. Van die boonste randjie kon mens die ongelooflikste kwarts en kristalriwwe sien. Coos, Leon en Robert , almal geologie studente, was in vervoering. Na die geringste vragie het hul met groot oorgawe vertel hoe al hierdie interresante gebergtes en neerslae gevorm het. Dinge wat woes teen mekaar beur, voeg’n bietjie-baie hitte daarby en siedaar.

Met ‘n bietjie klim het ons deurgedruk middagete-toe waar ons in ‘n koel woestynbriesie kon sit en konfytbroodjies geniet terwyl ons oor so paar van hierdie vlaktes kon uitkyk. Tussen-in is so paar mense uitgekyk!!!

Kuier-kuier het ons in droe rivierlope afgeloop. Koekie was singende slot en het so in stap sy eie liedjies gekomponeer: ‘ Eks bly eks hier, eks lief vir die rivier!”

By ons kampplek aangekom, het stokers beginne stook en ander konnie wag om in die rivier te spring nie! Ralph het oor die Oranjerivier geswem. Karin en hy het ‘n hoogsgesofitikeerde langafstand gesprek gehad – sy in S.A. En hy in Namibie.

Jeanne Piere en Lara het hul bio-afbreekbare sepie in die water laat val en ou Piet het die seep gesoek tot hy hom gekry het. Piet is net so entoesiasities in water as op land!

Vannaand was die eerste aand van ware slee. Paulus se taram-taram-tarata-item was verseker ‘n hoogtepunt. Daar is oor-en-weer ge-hekel en oom Andre hoef nie sy stem dik te maak met ‘nagdames’ nie. Almal was pootuit.

Dinsdag – Dag 3

Dinsdag was ‘n relatiewe maklike dag, veral omdat ons langs die rivier gestap het, en nie nodig gehad het om baie water saam te dra nie. Dit was egter nogsteeds warm en die mense het maar swaar gekry. Galante BTK-here het dames se gemmerkoekies en skoene in hul eie rugsakke gepak.

Koekie het nogal swaar gedra aan allerhande lewensbelangrike dinge soos Coke … en meeste is dit eens dat hy netsowel sy kitaar ook kon saamdra…30 kg, 40 kg…”all the same”!

8uur val ons in die stofduine. Hierdie dag se stap het interesante gesprekke opgelewer! Leida en Zani oftewel, Christoffel… het baie vir ‘n “sucker” gevang.

Net vir die rekord, Christoffel se regte naam is net Suzanne.

Met aanvang van die toer het Lisa almal grootoog gewaarsku teen hondsdolheid-gevaar in die omgeweing. Vandag was Zani die eerste slagoffer. Ja…ligte simptome van hierdie gevaarlike siekte het deurgeskemer toe Goerge Zani se rugsak onverwags van agter-af hap-hap-byt. Hy kon homself darem met die aand se slee uit die dillemma hekel, en het geen verdere tekens daarvan getoon nie. Ons is bly om te se dat ons gedurende die res van die toer geen verdere probleme in die verband gehad het nie!

Beestepaadjies en plaaspaadjies het hoofsaaklik die roete uitgemaak. Ons het ‘n lang ent deur ‘n boer se “scrapyard”… ek bedoel plaas gestap. Dit het gelyk of hy met motorwrakke boer…Middagete het gevoel of dit nooit wil kom nie. Dit was warm en elke nou-en-dan kry ons ‘n om-die-draai belofte te same met nog dikker stofsand.

By ons middagkolletjie gearriveer was ‘n verfrissende swem absoluut hemels. Tone, ons haal al ons pleisters af vir jou, want jy het soos altyd met die mooiste gesindheid op ‘n hopie sand onder ‘n doringboompie gesit en almal se stink stukkende voete gedokter en geplak terwyl meeste in die koel waters baljaar het!

Die middag se stap was deur baie Duitse-Wes-doring bossies en ander variasies van doringbome. Stappers was teen die end van die dag pootuit en was dankbaar oor die groenergras aand die anderkant van die sandduin! Gesprekke wat soos volg lui dui op ‘n hogere graad van moegheid: Marriane: ‘Elbie, sjoe hierdie hoed help darem baie!’ Elbie:’Ja, veral teen die son!’

Met kos in die maag en ‘n slee sitplekkie om die kampvuur was alle toeruste…oud en nuut gereed vir ‘n heerlike kuierbedryf. Heinz Winkler, Def Leopard, die Beatles asook ‘n paar ander het gekompeteer vir idols toekenning. Heinz, jyt die dames se asems behoorlik weggeslaan en die here na hul sleesous laat gryp…Die Beatles se “Yesterday, Im not half the man I used to be…There are pieces falling off of me…Oh, I believe its lepracy…” het ons gevul met nostalgie…En alle slee-aitem-verrigtinge was natuurlik afgesluit met ‘n bietjie soetigeid!

Woensdag – Dag 4

Woensdag was ‘n oorstaandag vir die lammes en amper-dooies. Hierdie klompie het laat geslaap en ‘n interresant-rustige dag langs die Oranjerievier deurgebring. Robert het ‘n paar vermaak met sy skottelgoedwastegniek. Hy was-was sy mes en lepel in die rivier en druk dit dan so in sy stapstewel in.

Jaco Esterhuisen het middagete uit sy tent geklim. Ons het almal gedink hys op die daguitstappie Pella-toe! Oom Andre het met ‘n handlyn ‘n geelvis gevang. Ons het om ‘n vuurtjie gesit en die volgende kombinasie is vyfster-vakansie: ‘n rivier as uitsig vanaf jou voorstoep, bekfluitjie-deuntjies in die agtergrond en die verruklike reuk van ‘n geelvis op kole!

Robert het baie tyd gehad vir klippe kap en Wernard was gretig om te leer.

Die “hard-cores” het Pella-toe gestap vir die dag. Hulle het pragtige uitkykpunte oppad besigtig . Hierdie dorpie het baie palmbome en dadels en donkies. En Pella se Coke is die beste! Pella was destyds ‘n sendingdopie en het baie van hierdie kulteer steeds behou. Dit voel amper asof mens jouself vir ‘n oomblik in ‘n ander tyd en plek bevind. Die klooster was intersant-oudtyds.

‘n Lift tot by die klooster agterop ‘n klonkie se fiets het vir Mia en Lara tog te lekker gelyk en hulle het die geleentheid met altwee arms en bene aangegryp!

Middagete is onder die bome deurgebring. Sommer gou-gou was die bome vol kindertjies wat die piekniek beloer.

Sonsondergang was vandag besonders mooi en Rob het dit goed beskryf: ‘It looks like someone tore the bottom of the sky…’

Ons het ‘n lekker ontspannende aand om die stofies geniet.

Die aand was damesskiet. Bomburo was propvol. Ons wonder of dames net gewag het vir die perfekte tyd of omdat hulle skaam was?

Die klomp om die kampvuur was later baie gesellig en aitems het geen einde gehad nie. Onder andere is die groentetuin-aitem manjefiek opgevoer deur Piet en Paulus. Hekel het die aand gesorg vir opwindeing. Veral Leon en Lisa was weer witwarm aan mekaar. Die twee het heel perongeluk reglangs mekaar geslee en Koos het net betyds klaas-vakie se dienste ineroep want die twee was nie ver van klappe uitdeel nie! Die nag het meeste onder verskietende sterre aan die slaap geraak

Donderdag – Dag 5

Donderdag oggend het tentslapers wakkergeword met windverwaaide tente. Buiteslapers het n stoflagie in en om hulle als gekry!

5uur sing die opstaan-opstaan-dis-‘n-heerlike-dag-koor ons toe wakker en so half 8 staan ons almal rugsakgereed vir ‘n laaaang dag. Met ‘n bietjie motivering en die sielkunde agter die langste toerdag het almal op ‘n manier darem baie vinnig gestap en die groep het mooi bymekaar gebly.

9uur is ons by die kloof se beginpunt. Lekker water by die put hou gemoedere hoog. Gamebreuk was goeie tydsberekening. Ons was moeg van uitkykpunte . Koekie, leier van groepie 5 het egter nog genoeg krag gehad om hom te vererg vir Zani wat die rosyntjies uit die pakke grondboontjies en rosyne eet! Pakke grondboontjies het gevlieg . Intussen verken Riaan Doorduin en Eberhard die vlaktes en vind die baie belangrike bakens vir die tog vorentoe.

Jesica was hewig ontsteld en effe die koos in vir Koos. Sy het dameskamp besoek en het verstaan dat geen mans toegelaat word in dameskamp nie…voorsitter Coos inesluit! Nou is die vraag: Het Coos vergeet hyt nie daai geblomde-groen-broek van hom aan wat hom so goed kamoefleer nie, het hy miskien beplan om daar te wees, of was dit net bloot toevallig?!

Die roete neem ons deur ‘n ongelooflike diep kloof en aan die anderkant weer uit. In ‘n japtrap is ons oppad na ons middagete-plekkie. Middagete was besonders geurig en kleurig en ons vrese van ‘n te hoe sianied inname is darem nie bewaarheid nie!

Tydens middagete het groepie 5 se blikwassers mekaar onderling uitsorteer met iets soos : “Blikwasser, hou jou by jou pot!”

Ons kampplekkie vir die nag was weer langs die rivier .Die stap tot daar was in droe klofie / rivierloop af. Klim, klouter en gly was die stapstyl. Die wat moeg geraak het vir die sandstap het dan-en-wan langs die rivierloop op harde grond gaan stap en hul pad so tussen doringboomtakke deur gevind. Wild van die dag: ‘n klipspringertjie.

Lisa en Heleen het die wonderskoppie van Myprodolls ontdek.

Die laaste stukkie huppel ons met “As ek moeg word vir die lewe in die stad” na die donker graskamp oor ‘n semi-lopende spruitjie met soutneerslae wat soos sneeu onder voete kraak.

Slee die aand ws goed gevrek. Magies vol – ogies toe. Groepies het gebondelslee en dit was die beter opsie, want sleemaatjies sou buitendien slegte geselskp geweest vannaand. Behalwe groepie 4 was elke ander groepie lankal in droomland, en dit laat mens tog met ‘n vermoede dat groepie 4 se koskonkoksies moontlik ‘n energie-inspuiting mag wees!!! Of weet mej. tone en haar groepmaatjies van iets in die tone-kos waarvan die res van ons nie weet nie?!

Vrydag – Dag 6

Ons word wakker voor Vrydag breek. In daglig sien ons vir die eerste keer waarop en tussen wat ons gekook en geslee en geslaap het! Hierdie wat se reuk herhinner my sterk aan beesmis. Na kringetjie suiker al 49 van ons op beestepaadjies af. Ons is oppad terug…met gemengde gevoelens. 5 dae se stap is genoeg en dis goed om klaar te maak, maar hoe nader ons aan die einde kom, hoe minder word ons tyd van saamstap en -lag en -sing. Iewers het Eberhard en Leon en Retha en Katrien losgetrek en vrolik begin sing. Hulle het die eerste 160 liedjies in die sangbundel sommer singsing deurgedraf. Gamebreuk was kort. Groepie 4 het tot hul groot ontsteltenis agtergekom dat hul sjokelades weg is! Groepie het wel baie vreetsaam voorgekom….en mens wil amper dink dat hulle meer as genoeg sjokelade by hulle gehad het!

Beertjie is bly om te verjaar. Die blos in sy wange het als gese. Ons wonder of Katrien se begeerte om ou BTK-tradisies nie te laat wegsterwe nie, dalk ander motiewe verskuil het? Want haar rugsak as geskenk aan Beertjie was ‘n mooi gedagte…maar sjoe…dis bietjie swaar! Hierna het ons oor en om rotse en klippe gestap. ‘n Kort rukkie voor middagete stap ons ewe onskuldig oor ‘n boer se grond, minwetend dat hy heilig op sy sandplantasies is. Landerye noem hy dit! Boer was boos en boer se bulkende koei nog boser as boer. Middagete was reglangs die rivier op koelteklippe , net onder die Rafiki-valle. Daar is geswem, waterval besigtig, en in koeltekolle gele en slaap. Lisa roep vir die soveelste maal vroeg genoeg tone is oop. En beseerdes kom vir die soveelste keer op die nippertjie by tone aan. Lisa was toegpleister met deduld. Na ‘n goepfoto geeem is , val ons in die pad Die terugpad was ‘n stukkie rivierlangs, met visarende wat mekaar roep-roep. Robert is telkemale onstel deur mense wat net verby talle indrukwekkende rotsformasies strompel.

Die einde was in sig en ons laaste uitkykpunt is beloon met ‘n pragtige vlakte. Oomblikke later het dieselfde klompie kindertjies van 5 dae gelede ons terug verwelkom op Onseepkans. By die begin van die staproete eindig ons en almal is opgewonde oor duisende dinge.Op Pofadder is aandete geimplimenteer, geseen en verslind. Tot vroeg Saterdag oggend is ge-aaitem. Voor slapenstyd moes onafgehandelde dinge eers afgehandel word en skuld betaal word. Koekie moes Koos in Cokes terugbetaal omdat Koos hul pot een dag gedra het. Gideon word genomineer om die betaling te ontvang, Koeki stel voor hul speel ching-chong-cha…double or nothing…GROOT FOUT! Nes almal gedink het gee Gideon in op die onweerstaanbare versoek, want almal moet Gideon se ching chong cha – geskiendenis ken. Heelweek na elke aandete het hy en groepie-maats ge-chingchongcha vir skottelgoedwas. Hyt meeste van die aande verloor. … Eintlik is Gideon verslaaf aan ching chong cha. Net soos ons almal verwag het, verloor Gideon. Die uiteinde hiervan: ‘n dikbek groepie 4 en boos Coos.

Saterdag – Dag 7

Diegene wat reg geransoeneer het, eet hul laaste bietjie muesli. Ander moet vasbyt tot op Springbok…gelukkig het BTKners sterk tande. Ons pak in en word op ‘n laaste toertjie in pofadder geneem. Oom Koos Louw neem ons deur die jaar oue N.G. kerkie en vertel ons van dit, daai en die ander. ‘n Rukkie later maak ons ‘n stofstrepie op die pad Springbok-toe. Vir Coos was dit ‘n hartseer dag, om te terughuistoe sonder Dub. Sommige se Dub is ontvoer. Ander se Dub het weggeloop…die vlaktes in . Almal hoop dat die raaiselagtige verdwynig miskien eendag verklaar sal kan word. Springbok-stop het gesorg vir die honger magies…roommys, melkskommels, varsbrood ,chips. Op Vredendal sal Saddles nooit weer dieselfde wees nie.

Die terugrit was aansienlik vinniger as daarheen . Aangesien die bus se spedometer gekalf het…en John op gevoel gery het. Gretha het grootoog in Saddles ingekom en gese dat sy en Casper die bus nie teen 100km ph kon inhaal nie.

Die laaste stuk na Piketberg het Christo kitaar gespeel en ons het heerlik gePraise-en-Worship. Kuier-kuier eindig ‘n onvergeetlike toer in druppende Stellenbosch!

Seerlyf-blaasvoet-afknie-nat spat ons uitmekaar elkeen gevul met ‘n onbeskryflike skatryk gevoel……En niemand kan wag vir die vuurwarm-stort en sagtesagte bed!!!

Leave a Reply