Twee Riviere September 2004

Vrydag 3 September: Eendag in 1969

Op die Neelsieparkeerterrein roep jy uitasem halt en laat sak die skommelende, eiewys rugsak op die teerblad terwyl jy rondkyk vir ’n bekende gesig of dertig. Dis terwyl jy die ding probeer balanseer tussen die obskure versameling plastiekverpakte objekte, wat jy nog “een of ander tyd” daarin gaan stop, dat jy bewus raak van ’n eienaardige gewaarwording. Dan tref dit jou, sodra jy die hoop kratte vol wit, geperforeerde en nie-wit, nie-geperforeerde items sien: die bus is nog nie hier nie. Wél. Voorbodes kom seker nie duideliker as dít nie. Read More

Overberg Roeitoer April 2004

Vrydag, 2 April

Hierdie storie begin, soos vele van sy voorgangers, by die Neelsie parkeerterrein. Sommige van die bestuurslede is al reeds besig om die kratte in die bus te laai toe toeriste een vir een hul verskyning maak. Oud toeriste is gretig om die verlore kuiertjies in te haal terwyl eerste toeriste skugterig geselsies maak met die wat hul reeds ken. Kort voor lank is alle bagasie ook gepak en ‘n bus vol afwagtende studente is oppad, weg van die kwartaal se bedrywighede, oppad na die Overberg Roeitoer 2003. Read More