Gala 2009 Grootbrak na Jongensfontein

Wat is die storie?

Die lewe kan op ‘n baie “lame” manier teoreties met ‘n boek vergelyk word. En dit is: “Daardie persone wat nie reis nie, lees slegs die eerste bladsy”

Dag 1: Donderdag 19 November 2009 Ontmoetings en afwagtings

‘n Oomblik aan die kus is ‘n leeftyd op die bus. Read More

Visrivier Canyon Junie 2009

Klik hier vir toer video op youtube.

“viskriklik lekker”
‘n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman

 Woensdag 10 Junie

Snorre en sakke

Die laaang ry toe die inskrywings vir die toer oopgemaak het het jou ‘n idee gegee hoe gelukkig jy is om hierdie toer van die BTK te kan meemaak. Maar jy is nie so positief vanoggend nie, dit is TE vroeg dink jy, terwyl jy vir oulaas kyk of jy die nodigste in het, paspoort, stapskoene, tandeborsel… Read More

Oranjerivier Roei

Klik hier vir toervideo op youtube.

“Roeiers, is julle reg om te roei?”
‘n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman

Maandag 6 April

Kennismaking met die vyand

Dit is vroegoggend op die Neelsie-kampterrein, en 60 gesigte, party meer bekend as ander, wag jou in. Die Oranjerivier is ver, of so hoor jy en julle wil gou in die pad val. Voorsitter Lodi Muller laat nie op hom wag nie, en wanneer hy almal daaraan herinner om hulle paspoorte byderhand te hê, is die laaiers minder vriendelik toe Anina Botha se sak toe die heel diepste gepak is van almal s’n, paspoort en al… Read More