Weskus Toer

Sien foto’s van hierdie toer onderaan.

Saterdag 3 September: Waai my jas in ‘n taaibos vas

PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE…..dis die eerste klanke wat jy hoor na ‘n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen ‘n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken en jy sien nuwe gesigte, ou gesigte, moeë gesigte, mooi gesigte en een gesig wat sleg tweede gekom het in ‘n barfight. Eers later vind jy uit Evans Coetzee het eintlik derde gekom. Dis skielik nie meer donker nie en jy wonder by jouself hoe jy die donker oorleef het met drie gingers op die bus.

Na selfs nie Worsie Visser vir Jan Greyling en Rone McFarlane uit mekaar se arms kon kry nie reken Simon Streicher genoeg is genoeg en besluit dat daar met hulle gemaak moet word soos sy pa met hul honde maak wat mekaar te goed leer ken. Gelukkig het George Dienern MOS vir ons gesê ons moet ons waterbottels volmaak voor ons op die bus klim.

Gerhard Fouche is lus vir ‘n plaasontbyt en wil die skapies langs die pad slag vir spek. Saam met ‘n goeie plaasontbyt gaan ‘n stukkie vars nuus goed af. Die nuus is egter nie so vars nie nadat dit ‘n rukkie in die Son gelê het nie. By die Piekenierskloofpas af ontmoet jy vir Julian en jy wil net vir hom sê: “Look it’s more fun when you do it like this!”

Op ‘n stof paadjie iewers tussen Hondeklipbaai, Garies en nêrens stop die bus en jy dink by jouself. En dit maak seer. En jy hou op dink vir die volgende 5 dae… want nous jy by die Weskus. Sommer vinnig kom jy agter die kospakkers is jou enetjie voor met die ophou dink ding, want deur die toer kom jy agter die sop, pasta sous, groepie 7 se stofies, Dupie se pap, die derde blikkie kondensmelk, die perlemoen, aarbeie en room, sjampanje en kreef is als in Stellenbosch agtergelaat.

Gelukkig is daar ‘n silwer randjie om die donker wolk, want nous die sakke darem bietjie ligter soos jy gou agtergekom het met Anton Kraemer se vernuftige skaaltjie. Sommer gou is jy spyt oor die kristalglase, Johnnie Walker blue label, lazyboy en DSTV skottel wat jy by die huis gelos het.

Charlie de la Harpe en Magriet Muller verduidelik hoe skiet werk. Maar Charlie is nie entoesiasties genoeg na Magriet se sin nie en sy verduidelik: “Jy VAT haar!” Hierna vertrek Pieter Retief, Doepie en Gerrit Coetzee Angola toe om items te verduidelik. Anton Kraemer verduidelik hekels deur vir oom Francois Loedolf te vra hoekom Andrea Burger eerder kruppels as gingers wil uithaal.

OP MET DIE SAKKE!!! Jou sak pla maar effens, maar gelukkig is die BTK manne daar om te help met die inbreek van die sak. Nes jy jou ritme vind is dit tyd vir middagete. Jana de Wet spring sommer dadelik in en doop haar Harmonie hoedjie in die tamatiesous. Wraakkaptein Daniel Kots Kotze dwing sommer gou sy gesag af deur vir Neall Visser te ontbied na die uitkykkring. As seun van die Weskus word Neall gekroon as eerstetoeris convenor. Hys egter nowhere en vind eers op die aand van die wraak uit dat items gelewer moet word. Meer hiervan later.

Magie vol, skoene uit en ons vat weer die pad. Jy haal diep asem en trek die vars weskus seelug deur jou neusgate in, luister na hoe die weskus branders breek soos Septunus die seegod van die Weskus asemhaal en jou siel kry vlerkies soos die van ‘n weskus suikerbekkie wat hom verlustig in die soet nektar van die kleurryke weskus blommetjies. Soos die weskus sandstrand seesand jou tone kielie kyk jy op en jy wonder nie meer waars Wallie die walvis nie, want hy waai vir jou.

Ons leer mekaar ken en so vind Judy le Roux en Daniel Kots Kotze uit dat Simon interplanetêre kommunikasie swot. Dis blykbaar ekwivalent aan ‘n ingenieursgraad. Jy wonder by jouself wat gaan eendag van daai twee se kindertjies word…

By die kampterrein aangekom moet Christiaan Rabie eers wakker gemaak word waar hy in die bakkie lê en slaap. As jy geweet het wat jy nou weet sou jy ‘n emmer water saam Anton en Charlie gestuur het. Oom Francois en Anna-Marie Muller praat ordentlik en herhinner die mense dat die BTK net voetspore agter laat.

Na ure se spekulasie oor wat presies die delwers gaan delf, word dit bekend gemaak dat hulle wel diamante gaan delf. So gesê, so gedaan… en die pouhokke staan, te danke aan Gerhard Fouche, Bernard Meyer, Jarret Engelbrecht, Armand Heymans en Jacques Smidt. Jy wonder by jouself hoekom hierdie taak in die hande van ‘n spul elektriese ingenieurs en rekenmeesters onder die leiding van ‘n regsgeleerde gelaat is? Hoekom dan nie eerder in die bekwame hande van aspirerende siviele ingenieurs soos Leroi Pols, Conrad de Kock of Diederick Dippenaar nie?

Die rugsakke is nog skaars van die rue af en Gerrit, Dupie, Pieter Retief, Leandri Groeneveld, Sanmarie Malan en Nina van Schalkwyk steek pyp op en raak warm van binne met ‘n stoute whiskeytjie. Neall staan nader met sy “ice tea”.

Met net 12 stofies tussen sewe groepies is die stokers MD Greyling, Rigardt Hoving, Hugo Minnaar, Reinhardt Venter, Simon, Diederick en Conrad in ‘n stryd gewikkel om eerste klaar gestook te wees. Reinhardt vat goud vir Groepie 6 en hulle wen die voorreg om te kyk hoe die res van die groep eet. Hulle is bly hulle het hul skottelgoedwasser ingepak, totdat sy, Vasti de Lange,terugkom sonder die helfde van hul skottelgoed, insluitend Bianca Grotepass se lepel en Christelle Leuvennink se spork. Hulle is seker spyt hulle het nie vir Neall gestuur nie, aangesien hy dit skoon sou gewishy washy het.

Die sleekring word ingewy en sommer gou-gou die itemverhoog ook. ‘n Paar ou hande maak die verhoog sommer snotglad as ‘n bende slakke wat ‘n skilpaadjie beroof. Murray Heymann kyk hoe Anton se vrou stuksgewys verbydryf, waarop Anton vir sy vrou skree “Maria, pull yourself together!”

‘n Onverwagte swart beer maak sy verskyning in ‘n kroeg. Apparently he eats, shoots and leaves.

Hekels maak soos rooikappie se tuinhekkie: oop en toe… Christiaan sluit die aand af deur uit Psalm 133 te lees. Soos die laaste klanke van Die Magaliesberg se Aandlied die nag indryf lê jy terug in jou slee en kyk hoe ‘n ster verskiet. More oggend mag jy dalk nat gedou wees maar dis ook oraait want die sterre skitter nie so as jy in jou bed by die huis lê nie.

Nag dames.

Sondag 4 September: Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind, dis julle wat die wind laat waai!

“Groepie x, julle muesliwater brand!!!” waar die veranderlike x enige gegewe groepie nommer verteenwoordig en julle die is wat nog slaap.

Dis die eerste oggend van toer en jy is redelik laks om jou warm slaapsak te verruil vir die berugte BTK-meusli. Na jy die snooze-knoppie al so twee keer gedruk het besluit jy dis dalk tog tyd om op te staan want net gister nog het Christiaan Rabie vir jou vertel hoe hy graag laatslapers nat gooi.

Tussen die etery deur sien jy hoe Bianca en Christelle rondsluip met eetgerei. Of dit gesteelde goedere was en of hulle bloot hulle blikwassers verkeerdelik van nalatigheid beskuldig het sal ons seker nooit weet nie.

Soos jy jou goedjies pak begin die wat nie laat geslaap het nie saamkom en begin die dag met samesang. Judy lees ‘n gedeelte uit Job se lewensverhaal en dan is dit weer: “Op met die sakke!”

Daniël Kots Kotze en sy squeeze Juicy Judy vat slot en sleuteltjie. Charlie los sy squeeze agter vir die dag en gebruik vandag wat hy geleer het in Bing Bakkie-bestuur.

Sommer gou-gou is dit gamebreak en groepie 7 se game is eerste opgelos en word teen ‘n perfekte 5°C bedien. Waterdraer Evans kon egter nie die sand en stokkies oplos nie. Dupie verduidelik die veelsydigheid van ‘n snor en hoe dit gebruik kan word om jou game mee te filter.

Op met die sakke!

Na jy ‘n mooi entjie verder gestap het sien jy vir Charlie in die verte aangestap kom en nie te lank daarna word middagete aangekondig. Jy dink by jouself dis seker nie toevallig dat Charlie juis NOU hier moes aankom nie.

Die ou manne besef daar is nog net geen dae sewe ure, 13 minute en etlike sekondes oor voor die soetheid van die wraak. Spontaan word ‘n sirkel gevorm en die manne besluit dis tyd om vir Annika Pieterse, Annika Pieterse, Annika Pieterse, ANNIKA PIETERSE uit te kyk.

Soos die toer vorder begin die groepies begin elk ‘n identiteit ontwikkel. Met bewarings-ekoloë soos Anna Marie, Eleonore en Annika is groepie 2 so groen dat hulle nie eers voetspore agterlaat nie. Jy wonder by jouself waarom Michelle Duncan dan nie ook in die groepie is nie, maar dan besef jy dat sy tien teen een uitgeskop is toe dit rugbaar word dat sy van kursus verander het.

Anton reken weer sy groepie is nie sosiaal genoeg nie en kontrakteer ekstroverte van ander groepies om die geselswerk in groepie 5 te kom doen. Sy plan misluk egter en die ekstroverte begin om met mekaar te gesels.

Die pad langs die strand word weer gevat. Jy kan nie besluit of jy jou plakkies of skoene moet aan trek nie… Right weskus-nikes sal dit wees!

Voor in die pad in die pad is egter ‘n oponthoud. Jy kom by ‘n bamboes-drukgang aan en wonder hoekom net sommige mense mag deurgaan. Dan besef jy dis maar net Gerrit en Anton se manier om almal op die toer se name te leer.

Op die lang wit strande rek die groep sommer gou gou uit. Jy hoor gereelde “Oe kyk die mooi blommetjies” en “Haai, was daai ‘n walvis?”. Jy wonder of daar ‘n direkte verwantskap is tussen hoe fiks jy is en hoe gereeld jy dit sê. Jy kom ook sommer gou agter dat nie net Neall van die Weskus is nie maar Rensa Pronk ook want elke keer as iemand noem hoe mooi die wêreld is sê sy dankie.

Terwyl gewag word vir die gatkant van die groep om in te haal vervaardig Neall die weskusklong ‘n bambuzella. Gerrie laat nie op hom wag nie en speel die bambuzella soos ‘n franse horing – weskus style! Kort daarna vra Simoné van Tonder vir San-Marie Malan of sy haar hande tussen haar bene kan sit. San-Marie weier summier. Simoné sê verontwaardog: “Hoekom nie, jy wil my dan die heeltyd wil soen!”

By die kamp aangekom lyk dit of al die manne goed raakgeskiet het want konstruksie aan die Wolleseum o.b.a. die Weskus Kolloseum begin dadelik. Daar is duidelik groot verwagtinge vir die eerste-toeris konsert aangesien ‘n hele amfiteater uitgelê word.

Na die Wolleseum voltooi is suiker die manne af strand toe vir ‘n rondte raakrugby. Al die ware manne speel saam insluitende Simoné, Janneke, Sanmarie Malan, Rene en Leandri.

Verder langs die strand af besluit Jana, Grietjie en Christelle om te gaan was en benut die natuurlike fasiliteite oppad terug. Hulle word egter herhaaldelik onderbreek deur ‘n bakkie wat die strand patroleer.

Na aandete verby is begin Groepie 4 die Copa Cabana liedjie sing en verbeel hulle hulle is weer terug op hulle eerstejaarskamp en speel ken mekaar speletjies.

Daar is nog net geen dae geen ure, geen minute en geen sekondes oor nie – die wraak het aangebreek.

Die eerste-toeris konsert begin en regverdig beslis die bou van die Wolleseum.

Nina van Schalkwyk is ‘n dieretuin bestuurder met Armand as haar toerleier. Sy gooi vir Arie wat paradeer as ‘n gorilla in die hok saam met Ricus die Gemmerkat wat paradeer as ‘n leeu. Ricus is meer ontsteld as Arie want hulle gaan dan nou albei hulle werk verloor.

Neall probeer die feit dat daar nie juis items voorberei is nie toesmeer en verbeel hom hy is Tolla van der Merwe wat geselsies maak om die kampvuur om die ander eerste-toeriste tyd te gee om vir oulaas aan hulle items te skaaf.

Die onverwagte sukses van die items gaan egter na die eerste-toeriste se kop toe en gevolgik kort hulle hulp met die sing gedeelte van die vertoning. Dit kry hulle van Simon wat homself voordoen as ‘n eerste toeris. Dit is egter nie genoeg nie en na hulle die vierde keer probeer om De Machtige Koning te sing moet hulle eers weer gaan oefen. Dis blykbaar die multi-tasking wat hulle ondergekry het.

Later die aand plant Esther en Gerrit hulle groente Armand die awesome arbei, Susan die sappige sampioen, Nina die nice naartjie, Jan en sy boontjierank, Annika die armsalige aartappel, Naude die nors noem-noem, Andrea die awkard aspersie en Gerrie die gomkommer.

Daarna maak Gerrit sy koppe-winkel oop en George kom soek ‘n nuwe kop. Die duurste kop is Nina se kop aangesien dit nog nooit gebruik is nie!

Almal weet dat die Weskus ‘n baie gevaarlike stuk van Suid-Afrika se kuslyn is. Gelukkig kan Andrea Streso help want sy doen diens as ‘n vuurtoring wat deur Dupie en Gerrit aangesteek word. Die Weskus is vir eers veilig vir skepe om verby te vaar.

Hekels is oop!

Esther wil by Diederick weet wat hy bedoel het toe hy gesê het hy hou daarvan om in die water rond te vroetel.

Diederick is weer reg met ‘n hekel vir Esther en wil weet wat sy bedoel toe sy gesê het dat sy vir een toer vir Jan kry en Rone hom die volgende een.

Michelle du Toit wil by Pieter Retief weet wat hy bedoel het toe hy gesê het dat BTK meisies ‘n unieke spesie is. Hy besluit om sy eie graf nog ‘n bietjie dieper te grawe en antwoord met: “Jy kry hulle nie op ‘n ander plek nie. Hulle is mal rugged en bad min.”

Om die aandag van homself af te kry vra Pieter Retief vir Oom Francois wat Christelle bedoel het toe sy by middagete gesê het: “Nee sjarrap ons maak eers liefde.” Dit werk egter nie besonders goed nie aangesien hy self ook betrokke was by Groepie 6 se liefdemakery oor middagete.

Esther, vir hierdie toer, en Rone, vir volgende toer raak klein bietjie bekommerd toe hulle hoor dat daar ‘n derde vrou in Jan se lewe is – sy room mamma.

Pieter Retief sluit die aand af deur die bekende Joh 3:16 te lees.

Nag Dames

Maandag 5 September: Gee die hond wind

Jys wakker. Dis koud. Jou slaapsak is natgedou en jou klein lepel is weg. That saves a lot of awkwardness! Teësinnig kruip jy uit jou slaapsak uit en gaan kyk of jou stoker nie al weer die muesli water aangebrand het nie. HOE kry hulle dit reg? Dis jou gelukkige dag want die muesli water is net reg en ekstra soet in Johan Wiid se groepie.

Ydi Coetsee lees die oggend uit Jesus se bergrede in Matteus. Anton word aangewys as die dag se slot en kies vir Kara as sy sleutel.

“Op met die sakke!” en die pad word gevat. Oppad lê daar ‘n verlore kroegyskas en sommer vining is Neall en Gerrit op hul perdjies en maak net DOODSEKER of iemand nie dalk n paar koue biertjies agtergelaat het nie.

Sommer gou is dit gamebreak en groepie 7 bespreek die moontlikheid van vroulike groepieleiers. Siende dat Jan so dominerend is het Esther baie sterk gevoel oor die geleentheid om stem dik te maak.

Sakke op en ons stap voort. Die vibe van die toer is skielik anders….jy kan agterkom die meisies berei hulself sielkundig voor vir die middagete wat voorle terwyl sommige van die gesoute manne verwoed onderhandel vir die moontlikheid van ‘n ekstra stukkie kerrievis.

Dupie se sak lek kondensmelk en jy besef ewe skielik hoekom daar alewig meisies soos brommers rondom hom hang. Van die kondensmelk beland op sy been en Magriet, wat teen die tyd al keelvol is vir Charlie se blonde beenhare, gryp die kans aan met ope arms en lek summier Dupie se been skoon.

By middagete aangekom was jy lanklaas so dankbaar vir ‘n stukkie skadunet. Terwyl jy luilekker agteroorlê en jou skoene uitskop sypel die geur van vars seelug by jou neusgate op. Jy word uitgebowl soos die reuke van vygies, gousblommetjies, pietsnotjies en….kerrievis jou neushare kielie. Anton se neushare is klaarblyklik te veel gekielie want hy sluk sommer man-alleen 2 blikke kerrievis af, ‘n daad wat selfs Chuck Norris nog nie kon regkry nie.

Christiaan gee vir Grietjie ‘n blik kerrievis. Hy verstaan duidelik nie hoe lebola werk nie.

Gerrit wil bewys sy groepie het AL hulle kos opgeeet en bemark die laaste broodjie aan almal. Op die ou end is Murray die slagoffer van Gerrit se Portugese verkoopsvernuf.

Damesskiet is oop en die manne val soos vrot vlieë. Die gelukkige dames wat hulle skote terug gehou het kry die kans om elkeen ‘n hunter-gatherer plat te trek soos die manne wat gaan mossels uithaal het terug kom nadat die stof reeds gaan lê het.

Neall besluit die manne kort nog ‘n Bambuzella om te gebruik as ‘n waarskuwingsinstrument by die pouhok eerder as om te brul. Pieter Retief besluit toe dat die Bambuzella eerder ‘n mishoring genoem moet word.

By ‘n veldjie blommetjies aangekom besluit George dat dit tyd is vir die groepsfoto. Dis dan ook een van hierdie blommetjies wat Christiaan wil hê hy en George moet in hulle monde sit en dan mekaar soen. Blykbaar het hy en George, soos op vorige toere aan die lig gekom het, ‘n baie oop verhouding.

Met die groepsfoto afgehandel kies die groep weer koers Suide toe. Dalk het George en Christiaan die meisies aangesteek want ewe skielik lyk hulle almal heel fraai met ‘n blom agter die oor. Jy hoop maar hulle het weggebly van die Pietsnotjies af.

By Waterval aangekom wonder jy – waar is die waterval?

Jy kan sien dat damesskiet ‘n groot geleentheid is want nie net suiker die brawe manne en dames af water toe nie, maar die dames kry selfs blomme in die pouhok en Gerhard en Dupie open ‘n barbershop met ‘n view. Dis net jammer hulle sleedates maak later bekend dat hulle eintlik van die rugged look hou.

Die stofies fluit en sommige groepies s’n meer as ander soos mossels hors’deurves voorberei word. Jy weet dan sommer ook rerig jys nou by die Weskus want saam met jou mossels kry jy ‘n tuna’tjie. Al wat nog kort is ‘n stoute krefie.

Jy hoef egter nie te lank daarvoor te wag nie want skynbaar het elke item vanaand ‘n kreef in. Dis egter Simon wat die kalklig steel met sy sokkietreffer. As jy nie in jou slee gelê het nie sou jy hom definitief staande toegejuig het. Later is jy egter baie bly jy het nie want Ooi, ooi stoom stoom warm onder die appelboom sit vir die res van die toer in almal se koppe vas.

Dronk op sy vorige sukses gaan Simon, Diederick en Ricus voort en sing van Albie the racist dragon.

Soos die aand aan gaan wonder jy of dit Kareoke aand is want Christelle, Grietjie, Jana, Rensa, Kara, Magriet, Sanmarie Marits, Esther en Rone sing ‘n medley om die manne se ego te streel. Ons kon glad nie uitpluis hoe die liedjies gekies is nie aangesien nie eers een van die talle liedjies met Gerrit se naam in die medley gehaal het nie.

Dis duidelik nie net die BTK meisies wat uniek is nie maar die manne ook, want hier by die BTK poep en burp die meisies, skeer en bad hulle glad nie en die ouens – hulle like dit!

MD sluit die aand af en lees Jer 1:19 wat sê dat jou vyande jou nie sal oorweldig nie want die Here sal jou red.

Nag dames.

Dinsdag 6 September: Kinders van die wind

Dis die derde oggend van toer en jy is redelik laks om jou warm slaapsak te verruil vir die, teen hierdie tyd, gevreesde BTK-meusli. Na jy die snooze-knoppie al so twee keer gedruk het besluit jy om dit weer te druk. Dit was egter die verkeerde keuse want Christiaan voer sy dreigement van die eerste dag uit en wys vir Anton, Gerrit en Bernard presies hoe graag hy laatslapers natgooi.

Anna Marie lees uit Jesaja om die dag te begin. MD word aangewys as slot en kies vir Rene as sy sleuteltjie. George abdikeer vir die dag en Christiaan vat voor.

Op met die sakke en soos jy in die pad val merk jy dat Christiaan sy walvisrugwerwel ingepak het. Jy wou nou niks sê nie, selfs nie nadat eerder op dit as sy stoeltjie gesit het nie, maar skynbaar geniet hy die werwel vreeslik. Jy wonder by jouself hoe so ou vertrou kan word met die leiding van die groep maar aan die ander kant is dit dalk ‘n verbetering.

‘n Entjie af in die pad tel Jan Judy se verlore tandeborsel op. Soos hy dit teruggee breek hy dit per ongeluk waarop hy sê: “Kyk hoe lyk hy binne!”

Die weer speel lieflik saam en daar waai nie ‘n windjie. Johan, wat affie strand is, is duidelik nie hierdie windstil weer gewoond nie en raak kens. Deur die loop van die dag raak hy goed kwyt soos dat Ydi ‘n koei is, hy nie in sy groepie teel nie en dat ons sommer sy maag Doug kan noem.

By middagete is daar weer ‘n lieflike afdak waaronder almal hulleself gemaklik maak. Murray wil tone oopmaak maar besef dan dat hy, soos enige goeie stripklub, altyd oop is! Gerrit, Armand, Neal, Jacques, Johan en Dupie gaan sit egter eerder in die son en pak ‘n rondte Weskus-poker uit met mossels, polisie-keps en slakkie-skulpies as chips.

Dit lyk of nie net Johan sonsteek opgedoen het nie want by die kamp gekom besluit die manne om eers te bad en toe te gaan raakrugby speel. Dis seker ook die rede waarom hulle vlak verby die dames se wasplek stap om by die rugbyveld uit te kom. Uit die gesprek wat volg kom dit na vore dat Daniël die enigste een is wat nie wil erken dat hy Magriet se pienk bikini gesien het nie.

Johan bly egter agter om eers agter die sleepwa te verklee. Dis dalk die rede hoekom almal so vinnig koers gekies het rugbyveld toe. Michelle du Toit en Karen van der Linde, wat ‘n voorete slee wil inwerk, moet net terug gehou word sodat hulle hom nie met die broek om die enkels vang nie.

By ete word mossels weer as hors d’oeuvres bedien. Ek weet egter nie hoekom ek dit noem nie want by die Weskus is dit mos standaard praktyk. Groepie-skakelings is aan die orde van die dag. Weereens – dis egter standaard praktyk.

Items loop soos ‘n jet! Jy wonder waar die besprekingslys is vir die verhoog. Arie open die verhoog. Dalk is my geheue soos die van ‘n goudvissie want ek kan nie punchline onthou nie. Simon baai nog in die vorige aand se glorie en lewer die vertaalde weergawe van sy nuwe single. Dit het egter nie heeltemal die effek wat die oorspronklike weergawe gehad het nie en hy val weer terug op dit wat werk – ooi ooi, stoom stoom, warm onder die appelboom!

Daniel Kots Kotze, Murray, Christiaan, Charlie, Anton, Adrian Mouton, Daniel Schoonwinkel en George ry trein. Jy wonder egter nou nog hoeveel kaartjies hulle gekoop het. Volgende gaan soek Sakkie en Gerrit hulp by dokter Kopenhol vir hulle slaapprobleme. In die spreek kamer word daar nie koffie bedien nie maar soetwyn uit Gerhard Fouche se ma se kristalglasies.

Diederick soek sy verlore hondjie. Simon bring die hondjie terug want die het gespeel saam met die voëltjies wat hy vir sy sleedate gevou het.

Anna-Marie spandeer ‘n nag in Naude se hotel. Dis egter ‘n vermorsde aandjie aangesien nie een van hulle van al die beskikbare dienste gebruik gemaak het nie.

Die BTK maak voorsiening vir almal, selfs vir die dowe Adriaan, Carolien Bogaerts, Lisa Huylenbroek, Petru Malan en Nina Keyser wat gaan kuier by Club Decibel. Die kroegman kan egter nie uitpluis wat hierdie beteken nie. Nee dis nie nog een van hierdie nie – die dowe mense sing net saam.

Murray wil graag met Aldi Pieterse trou. Om dit reg te kry moet hy egter ‘n slam word en kreef opgee. Arie bekeer hom met ‘n swaai beweging van die hand en sê hy is nou ‘n moslem. Murray reken as hy dieselfde met ‘n kreef doen raak die ‘n hoender.

Ek dink Gerhard, Simon en Conrad het ook ‘n item gelewer maar hulle beweer dat almal reeds toe geslaap het. Dit was egter nie die heel laaste item van die aand nie en Kaptein, Kraaines, Kraai, Kreef, Kok, Kannonier, Kajuitknaap, Kelner en Kkkkk maak almal wakker met die ou grys merrie vir ‘n marathon Kapteinsitem.

Met hekels word dit rugbaar dat Sanmarie Marits haarself graag natmaak. Dis egter nie wat julle dalk mag dink nie. Sy was net baie morsig skottelgoed.

Pieter Visser sluit die aand af met Psalm 8 wat lof bring aan die Skepper.

Na nag-dames gaan slaap die dag diere en die nag diere kom uit. Gerhard maak van die geleentheid gebruik om die meisies skrik te maak deur sy masker wat hy nog heeltoer dra af te haal.

Dis duidelik dat slee vroegtydig kortgeknip is want ‘n middernagfees breek uit rondom die kampvuur. Van die ou toeriste raak nostalgies oor hulle laaste BTK aand en pik ‘n traantjie soos hulle terugdink.

Vrydag 7 September: Like a candle in the wind

Ooi ooi stoom stoom wakker onder die appelboom! Soos jy wakker word sê jy dankie dat Simon tot dusver nog nie enige ambisies geopenbaar het om ‘n professionele loopbaan in die musiekbedryf te begin nie.

George besef hy is oud en moedig die nuwe generasie aan om die vreugde van die jeug te geniet soos die Prediker sê.

Net daarna kom jy agter hoe oud George rerig is toe hy, Gerrit, Judy, Vasti, Esther, Arie, Karlien en Lisa maan toe gestuur word. Gerrit noem dat, na sy mening, die BTK verkeerdelik as die Bok- en Trouklub bekend staan aangesien hy as senior student na lang jare in die BTK steeds nie ‘n vrou kon vang nie. George moedig weereens die jeugdiges onder ons aan om elke geleentheid aan te gryp en so veel as moontlik te toer. Hy wys ook daarop dat wat Gerrit gesê het nie noodwendig waar is nie.

Hugo word aangewys as slot en kies vir Janneke as sleutel. Die laaste stukkie pad word aangedurf, maar dis egter nie te lank nie of George stop eers weer die groep. Met Hugo en Janneke se aankoms besef mens watter spesiale verhouding daar tussen ‘n slot en sy sleuteltjie bestaan toe almal vir hulle Can you feel the love tonight sing. Na die gesingery bedaar hoor jy hoekom George nou eers weer almal gestop het – hy was vanmore so bewoë dat hy skoon vergeet het dat Adriaan Mouton verjaar.

Soos die laaste stuk Weskus pad aangedurf word kyk jy vir oulaas rondom jou en waardeer die pragtige natuurskoon en die mense saam met wie jy gestap het. Die pad loop weg van die kus af en warm wind dreig om jou in die pylvak te knak. Man is man en vrou is vrou en gelukkig kom almal heelhuids by die bus aan. Jy dink by jouself, gelukkig was hierdie nie SO taai toer nie, dit kon erger gewees het. Dan besef jy jy was eintlik maar net gelukkig want Suzaan Louw het sommer blase vir jou part ook gekry.

By die bus aangekom soek die manne verwoed na ‘n meisie se sak vir die gentlemen’s challenge. Die eerste toeriste kom agter dat die uitgeslape ou manne reeds lank te vore die ligste sakke geshotgun het. Adrenalien vlakke is hoog. Testosteroon vlakke is hemelhoog en Christelle staan nader met haar nekdoekie om die manne af te sit. Toe die stof gaan lê is dit Neall die Weskusklong wat op sy tuisveld al die ander in die stof laat byt het – ‘n hele paar van die manne letterlik. Dinge kon egter heelwat anders gewees het as die resies begin het met George wat roep: “Skiet is oop!” Veral vir Evans want volgens hom bult sy spiere saam soos ‘n resiesperd gereed om weg te spring as hy daardie woorde hoor.

Al die BTK toerusting word terug gegee en Dupie het iets op die hart. Hy vertel van die Burger Challenge wat ‘n oud en gerespekteerde tradisie van die BTK is. Almal is nog vol adrenalien en testosteroon van die Gentlemen’s Challenge. Soveel so dat daar ‘n rekord 22 kandidate is wat wil deelneem aan die Burger Challenge. Dis ook die eerste keer in menslike heugenis dat daar ‘n meisie, Nina van Schalkwyk, deelneem.

By Vredendal se Spur aangekom berei almal hulleself sielkundig voor – die deelnemers oor hoe hulle daardie burger so vinnig as moontlik ondertoe gaan stuur en die toeskouers vir dit wat hulle nou gaan aanskou. Dupie sit die spulletjie af en jy sien net Spursous spat. Dis ‘n naelbyt affêre en op die ou end is dit ‘n photo-finish met Ricus wat net-net voor Gerrit klaar maak.

Die dames se milkshake challenge is dalk nie so ‘n glorieryke geleentheid soos die manne en Nina se burger challenge nie maar daar is steeds groot eer op die spel. 21 dames suig op die strooitjie waaronder Nina van Schalkwyk wat besluit het om in haar eie gewigsklas ook deel te neem.

Dit is Karen, Carolien en Petru wat gelyk die hasie oortjies maak vir ‘n gedeelde wen.

Die milkshake challenge is egter nie die laaste opwinding in die Spur nie en jy sien amper sommer ook ‘n boksgeveg soos George en Christiaan spook om die rekening uitgesorteer te kry.

Nadat dit uiteindelik afgehandel is kan die pad Stellenbosch toe aangedurf word.

Op die bus word daar vir oulaas bietjie gesing, speletjies gespeel en saam gekuier. En jy dink by jouself… vir iemand wat aan die begin van die toer gedink het hy gaan ophou dink het ek nogal baie gedink! Gou gou is ons op Stellenbosch en nog ‘n toer is verstreke. Jy skarrel rond om seker te maak jy groet almal en dink finaal by jouself: “By die Weskus wil ek bly dis die wêreld net vir my, sorgloos en kommer vry!” en as jy dan nou nie by die Weskus kan bly nie beslis by die BTK.

Francois du Plessis

Appelboom
Ons was vyf op Swellendam
Ons het baklei om jou te vang.
Ek was eerste in die ry
Jou bikini’t my verlei.
Jou mamma het gesê
Dat ek jou nooit sal hê.
Maar jou lippe was so lekker
Skelm agter die trekker.

En jou lyfie wikkel
My hande sal nie sukkel
My mond is naby jou
Ons plesier die aandjie gou
Ooi ooi, stoom stoom
Warm onder die appelboom
Hooi hooi, nooi nooi
Vir my is jy so mooi.

Jou weer gevind op Pofadder
Jy’t vlinders in my maag laat fladder
Ek verlang na jou kersie soen
Jy’t dinge aan my hart gedoen.
Jou pa het ons gejaag
Maar ons het dit bly waag.
Dis net ek en jy
Daar waar die bokkies wei.

En jou lyfie wikkel
My hande sal nie sukkel
My mond is naby jou
Ons plesier die aandjie gou
Ooi ooi, stoom stoom
Warm onder die appelboom
Hooi hooi, nooi nooi
Vir my is jy so mooi.

Apple tree
We were five at Swellendam
We fought for your brown tan.
I was first in the line
Your bikini was so fine.
Your mum put down her foot
She said I was no good.
But your lips taste like nectar
Sneaky behind the tractor.

And your body moves
I let both my hands loose
My mouth gets close to yours
We’ll end this night in chorus
Steam steam, chii chii
Naughty under the apple tree
Hey hey, who who
To me you’re always beautiful

Found you again in Pofadder
Felt butterflies sadder and sadder
I now long for your cherry lips
As my heart sinks down to my hips
Your dad chased me away
But we risked it anyway
It is just you and me
There where the goats walk free

And your body moves
I let both my hands loose
My mouth gets close to yours
We’ll end this night in chorus
Steam steam, chii chii
Naughty under the apple tree
Hey hey, who who
To me you’re always beautiful

Medley
Jan, Jan, Jan die bielie van die bosvled
Jan, Jan, Jan hys ‘n man wat kan

Roné: Jan asseblief tog squeeze my!

Charlie with your look so down with your big fat eyes and a big fat frown
The world doesn’t have to be so grey

Ken jy vir Sakkie se Sakkie, Sakkie, Sakkie boeredans?

Ken julle vir Dupie sy bynaam is dop
Hy het vir die Springbokke doelgeskop!

Didi didi didi Diederick

Down in the jungle
Where nobody goes
Is a big fat Neall
Washing his clothes
With a wishy washy wishy washy wishy washy
That’s the way he washes his clothes!

George, George, George of the jungle
George, George, George of the jungle
Strong as he can be!

[nggallery id=4]