Bainskloof

Die weer vooruitsigte het nie baie goed gelyk met die aanvang van die Bainskloof naweek van 15 en 16 Oktober nie. Saterdagoggend was dit bewolk en koud en die moontlikheid van reënerige naweek het al hoe meer ‘n realiteit geword. Die groep van 10 het 07:00 die Saterdagoggend by die Neelsie bymekaar gekom en van daar is ons met twee voertuie deur na Bainskloof net buite Wellington. Soos wat ons Bainskloof pas op gery het, het ons deur die wolk lyn beweeg en ‘n mens kon skaars 20 meter voor jou in die pad sien. Read More

Tafelberg Kabelkarretjie

Dit was ‘n winderige Sondag oggend toe 20 opgewonde BTK’ners by Tafelberg sou opstap. Daar is eers gevrees dat die beloofte gratis kabelkarretjie rit nie sou gebeur nie, weens die wind. Die beamptes by die karretjie gesê het die wind gaan heeldag waai (alhoewel dit soos ‘n briesie gevoel het) en dat die karretjie nie sou ry nie. Min wetende dat moeder natuur te werke sou gaan… Read More

Haelkopskeure 2011

Dit was Saterdag, 1 Oktober 2011, met wolke wat laag oor die berge van Jonkershoek hang en ‘n koue luggie wat deur die vallei trek, toe 13 avontuurlustige BTKners regstaan om die geheimsinnige skeure van Haelkop te gaan verken. Met Wim Morris as ons gids, het ons begin met ‘n rustige stappie. Van ons het dalk gedink hulle was op die verkeerde roete, want aan die begin was die avontuur maar skaars. Dit was egter slegs die opwarming om ons spiere lekker los te kry, sodat ons gemaklik deur die skeure kon seil. Read More