Aan Grootrivier

(‘n Dag uit die Knysna toer)

Yl vlieswolkies het stadig na die Weste geskuif toe die eerste sonstrale die toppe van die bome raak. Ongemerk en saggies was die oorgang van duisternis na lig. Heerlik het die môre aangebreek en fris soos ‘n pas ontluikte roos. Hier en daar het reeds ‘n mossie met sy vroeë gesang sy mede bosbewoners gewek met ‘n aanhoudende “getjielp tjielp tjielp.” Weldra het die bos weerklink van blye voëlsang. Die donsige veertjies word reggeskud en uit volle bors word dié nuwe dag toegejuig. Daar sal vandag sonskyn wees, en sonskyn bring nuwe lewenslus. Read More

Die stigting van die BTK

Die Bergklim en Toerklub is ‘n natuurlike voortsetting van ‘n Bergklub wat vroeg in hierdie eeu doodgeloop het en ‘n Natural History and Geography Society wat ook nie ‘n hoë ouderdom bereik het nie. Die Klub het egter gegroei uit ‘n wesenlike behoefte wat in die Stellenbosse studentesamelewing in die laaste tyd gevoel is. Wat is die toestand tot hiertoe? Studente kom op Stellenbosch en na ‘n driejarige verblyf gaan hulle van hier weg sonder dat hulle éénmaal ‘n uitstappie in die pragtige natuurskoon om ons heen gemaak het. In die kort vakansies bly meer en meer studente op Stellenbosch omdat daar nie ‘n doelmatige organisasie is wat hulle vakansies kan help reël nie. Read More