Die abnormaal lange aanvangskwartaal het dan eindelik sy limiet bereik en ons twee dosyntjies plus een (ja ten minste soveel wyses kon Stellenbosch tog nog op die tydstip oplewer!) het in khaki geklim, die onontbeerlike deel van ons wêreldbesittings op ons rug geneem, ons komberse opgebondel, en gaan toer!
Oefeningsuitstappie na Steenbras & Koeëlbaai
18 Maart 1933
Die eerste uitstappie van die BTK hierdie jaar!
Baie was in hierdie woorde opgesluit. Vir die nuweling het dit nuwe ondervinding beteken, vir die veteraan het dit kans gegee om nuwe kennisse te maak en ou kennisse te vernuut.
Uitstappies 1932
Steenbras – Koeëlbaai – Uitstappie 12 Maart 1932
Oefeningsuitstappie van die BTK
Oor die sewentig mense het die Saterdagoggend voor die Uitspan hul verskyning gemaak. Die meeste van hulle – onbekend maar nogtans nie onbemind nie – sou vir die eerste keer met die BTK kennis maak. En hulle sou nie teleurgesteld wees nie.
Knysna September 1932
Knysna! Dis die towerwoord wat weer ‘n aantal entoesiaste besiel het om vir die September-vakansie hulle lot met die BTK in te werp. En op almal het dit dieselfde uitwerking gehad: al bars dit ook, maar ander jaar gaan ons weer saam!
Swellendam – Barrydale – Montagu April 1932
Nog nooit het so ‘n lekker klomp gaan toer nie, was die algemene opinie van die vyf-en-dertig toer-entoesiaste toe hulle die Donderdagmiddag van die stasie vertrek. En ek dink ons was reg. Natuurlik staan dit nog altyd vir enigeen, wat meen dat hy persoonlik nie as ‘n gawe kêrel beskou kan word nie, vry om met ons te verskil.