Laat een mistige Woensdagoggend is tien van die bestuurslede die Pieke uit. ‘n Ou tradisie het weer herleef: die nuwe bestuur gaan slaap op Die Pieke! Die swaar rugsakke (gelaai met enigiets van slaapsakke tot aarbeie en sjampanje) het die reeds moeilike tog nog effens bemoeilik, maar die blote gedagte om op Die Pieke te gaan slaap (of om die eerste keer daar te kom), was genoeg aansporing. Read More
Jonkershoekmarathon-Roete 1990
VRYDAG:
Vertrektyd halfsewe word toe vertrektyd halfagt en kort daarna word ons by Jonkershoek se hekke afgelaai. “Toe stap nou, julle wil mos stap!” Leon Verster en Antonie van Heerden het ons met gemengde gevoelens verlaat. Hulle akademie het geskree om aandag en hulle was lus vir saamstap, maar dit het ook fyn begin motreën. Ons was ook skaars in Swartboskloof toe is ons nat en teen die tyd wat ons gamebreak gehou het, het Ancil Theron en Desireé Erasmus ons verlaat nadat Desireé geval en haar oogbank oopgesny het. Ons was dus nou 21. En dit het nog steeds gereën. Read More
Assegaaibosnek
Toerskets …… toerskets?
Sestien paar voete kom toer teen die hange uit. Op pad na bo help oom Bethel eers drie Hervormde predikante om hul paadjie na Eerste Waterval te vind en een gawe tannie langs die pad sê “drink baie bergwater, dit maak jou mooi.” Read More
Woorde van die floperette
“My regverdige Dame”, oorsprong “My fair Lady”, wat vir die eerste keer op die Obiqua-toer (September 1963) opgevoer is, en weer op spesiale versoek op Gala 1963
WOULDN’T IT BE LOVELY
Ja, ou broer, ‘t was ‘n lekker toer
ver getree en diep geslee.
Voeg die wraak en skiete by,
o ja, dit was ‘n lekker toer. Read More
Rooi-Els Kamp
02 – 06 Desember 1937
In vrolike stemming wag twintig BT-kaners voor die Uitspan tot alles in gereedheid is, sodat die lorrie hulle na Steenbras kom vervoer. Daar aangeland, begin ons dadelik aanstap om sodoende nog voor sononder by die kampplek te kom. Die lorrie moes egter omdraai om met die motorpad by Rooi-Els te kom. Tant Elsie Grobbelaar, ons kampmoeder, sou ons dan ook eers daar ontmoet.
