Daguitstappies 1935

Die Koeëlbaai Uitstappie 18 Maart 1935
Dit is die eerste uitstappie van 1935. ‘n Verbasende groot getal neem daaraan deel, ook Rosenhof en Denneoord kan ons in ons midde verwelkom. Dit lyk of die BTK vanjaar populêr sal wees! Byna kry die lorries nie almal by Steenbras nie, al het een seksie al sesuur voor die Uitspan staan bewe. Die lorrie was natuurlik laat. Van die hoogte aan Stellenbosch se kant van Somerset stap ‘n vrolike groep al aan solank hul maats op Stellenbosch gehaal word.

Read More

Uitstappies 1934

Muizenberg – Kalkbaai – Vishoek – Uitstappie 17 Maart 1934

Om betyds te wees vir die twintig-oor-agt trein was glad nie te vroeg vir die vrolike vyftigtal BT-Kaners, waarvan meer as helfte eerstejaars was. Mooi so! julle begin reg, het die ou ingeburgerdes gedink.

Read More

Uitstappie na die Pieke gedurende A.N.S. -Week 1934

Ten spyte van hoë-hak skoene, lang witbroeke, boordjies en dasse; ten spyte van die koue snywindjie op die lorries in die vroeë oggend en van die groot meerderheid van besoekers onder ons geledere, heers daar uit die staanspoor ’n eg BTK- “spirit”.
Met ’n flinke pas stap ons tot by die brug, waar die skape en bokke van mekaar skei – die skape na die watervalle en die bokke na die Pieke.

Read More