Oranjerivier 2017

BTK Oranjerivier

9 – 15 Julie 2017 

DAG 1 – SONDAG, 9 JULIE 2017

Die verlate Neelsie parkeering word oorweldig deur ‘n groep van 50 studente wat met opgewondenheid die bus laai met kratte en sakke. Die bus vertrek seweuur uit ‘n nat Stellenbosch. Oom Simon lê dwars oor die paadjie van die bus en slaap. Die paar BTKaners wat rondloop in die bus moet seker maak hul struikel nie oor hom nie.

Die bus maak sy eerste stop in Klawer. Simon skrik wakker met, “Ons is hier!” Hy het gou besef daar lê nog ‘n lang pad voor. Frisbee word gegooi en die BTKaners se bene jik om te begin stap.

Read More