Wat beteken die BTK vir my?

As ek vannaand terugdink aan die kamp, dan vergeet ek al die baie bogpraatjies, al die baie spontane opwellings van gedagtetjies (wat ek soms nogal nie anders as uitgesproke geestig kon bestempel nie), al die heerlike en eerlike pogings om te lag (sommige het geslaag, ander nie), al die baie kleingeweervuur en aanvallery, en al die aanvallighede, die enkele bestrawwing en die ongetelde vermanings aan die nie-kwaad-bedoelende komiteetjieslede – alles vergeet ek, want ek wil vanaand nie meer lag nie, ek kan nie vanaand so lag soos gisteraand nie.

Read More

Die Eerste Namakwaland Toer September 1934

Stadig vermeerder die groep in kakie op die stasie. Die trein kom. Dit is reeds vol maar ons skud toe maar in of op soos ons heel toer gedoen het so goed soos kon. Ons moes by Eersterivier en Bellville oorklim maar eindelik is ons veilig in ons verskillende afdelings op pad na Namakwaland. Alreeds vergader ons op die brug en sing so goed soos dit wil. Read More

Ons Dorp – ’n Opstel: Standaard VI 1934

Oom Kon het ons dorp gestig. Sy naam is Twaalfmeisiesfontein. Oom Kon is toe dood.
Dis jammer. Ek sou baie van oom Kon gehou het. Oom Kon het die plan aan die hand gegee net na die groot Kaffer Rebellie van 1934 tot 1936.

Oom Kon met nog 12 Tantes en Ooms. Amal was maar detertyds min of meer klein boggems.

Read More

Victoriavalle en Zimbabwe Julie 1934

04 – 27 Julie 1934

Vir die eerste maal in sy bestaan sinds 1928 het die BTK dit onderneem om ook in Julie-vakansie ‘n toer te onderneem. Die plan vir die toer het reeds by die Bestuur van 1933 ontstaan. Veel propaganda was nie nodig nie, want dit was pas bekend dat daar ‘n plan is vir so ‘n toer toe was daar baie aspirant toeriste. Read More

Skiereiland Mei 1934

Op Woensdag, 8 Mei het die Aprilvakansie uiteindelik gearriveer en drie-en-dertig min drie opgesaalde toeriste het hom om halfagt in die môre met vrolike harte vol blye verwagting op Stellenboschstasie tegemoet gegaan. Met Oktober-weelde, met “Somer en son en saffier” wou hy vergoed vir sy vertraagde geboorte en die poging was so goed as volkome geslaag, nee, want die druppeltjie reent moes by anders was dit was g’n volmaakte BTK-toer nie! Read More