Eindelik het die lang verwagte dag aangebreek waarna menige ou toeris met intense verlange uitgesien het en die nuwelinge met hoopvolle verwagting. Op Donderdagmiddag het ‘n string BT-Kaners belaai met toerbenodighede getou na die Uitspan vanwaar die tog sou begin. Die vyf-en-vyftig stuks versier met oulap se rooi om die nekke en op die koppe het vrolik hier weggetrek – voorwaar ‘n heterogene spul wat eens in die kookpot van die toer moes saamgesmelt word. Ons Kaptein dr Koertze wat die uitbundige klomp moes in toom hou het hom meesterlik van sy taak gekwyt en meer dan een toeris vir altyd gewen. Lank lewe ons Kaptein!
Clanwilliam-Wupperthal-Warmbronne Oktober 1935
26 September – 08 Oktober 1935
(In ander woorde die SEDERBERG-TOER)
Op ‘n nuwe avontuur gaan ‘n klompie getroue ou BTKaners weer hierdie vakansie. Die Cederberge – ‘n Onbekende land! Watter vreemde en dierbare herinneringe sal ons weer hiervan terugbring?
Knysna April 1935
18 – 27 April 1935
Donderdagmiddag, 18 April was Stellenbosch stasie weer ‘n toneel om jou oor te verbaas: Sewe-en-sestig reisvaardiges babbel en raas en lag, spog met nuwe rooi nekdoeke, soek na rugsakke en spring rond van ongeduld.
Knysna Liedjies
Ons Knysna Toeriste 1935
Ons stap met doekies rooi
Ons stap met meisies mooi
Ons leier stil bedaard,
Stap voor met bosboubaard.
Read More
Die Ligter sy van Studentelewe 1934
Honderde jongmense, mans en meisies, wag nou net die eksamenuitslae af om oor hul toekoms te besluit, en van hulle is talle nou al besig om voorbereidings te tref om een van die dae na ’n universiteit te gaan vir verdere studie.