Ceres – Tulbagh September 1931

Dis nou al ‘n heeltemal gewone iets om aan die begin van elke weekvakansie so ‘n vyftig-, sestigtal BTKaners op Stellenbosch stasie in die trein te sien klim. Maar hierdie keer moes menige buitestaner sekerlik sy kop geskud het vir die klomp, want daardie Donderdag nog, en al dae tevore, het dit gereën en gespat soos dit net in Matieland moontlik is. Nietemin is ons weg, en kom die namiddag op Wellington aan.

Read More

Franschhoek – Elgin – Gordonsbaai April 1931

Donderdagmiddag, 2 April 1931 verlaat ‘n groep van drie-en-vyftig stappers die populêre plek van aankoms en vertrek – die Uitspan.

‘n Veronderstelde eenheid maar in werklikheid groepies van vreemdelinge bestyg Helshoogte. Die Hoogte, getrou aan sy naam, het dan ook ‘n paar toeriste goed laat besef dat die middagson hier bietjie sterker brand as in die laer dele van die vallei.

Read More

Knysna Toer

Kan dit regtig waar wees dat ons weer Knysna toe gaan – Knysna waarheen die BTK sy eerste toer georganiseer het? Dit is tog so en hoe anders is die vertrek van Stellenbosch-stasie as die eerste keer. Toe was die BTK nog jonk en onbekend en meeste het hom met huiwering beskou, maar nou is hy alombekend, alombemind en oral word die lede van die BTK beny. Die teleurgestelde gesigte van ‘n paar van die stoere lede van die klub wat verhinder was om saam te gaan was die laaste indrukke van Stellenbosch en dit het die gelukkige toeriste nog meer laat besef watter besondere voorreg hulle te beurt val. Read More

Hermanus Toer

Tennyson se “Brook” sê:
Men may come and men may go,
But I go on for ever.

So ook het ons paartjies wat al amper fossiel-toeriste is, gevoel toe ons op Eersterivier die klomp nuwe gesigte rondom die intree-blik koffie beskou het. Onwillekeurig het ons gewonder wie van die klomp die grapmakers gaan wees, wie die baasstappers, wie die mense wat wa-ry aantreklik gaan maak, en eindelik vir wie die BTK sal beteken “Bok en Trou”. Besonder aangenaam was ons verras om dr Bobbie weer terug te sien in sy element, naamlik as beskermer van ‘n BTK-toer. Read More

Grotte-toer

Sku-sku het die een-en-vyftig toeriste mekaar aangekyk toe hulle die Donderdagmiddag op Stellenbosch-stasie bymekaar gekom het. Dr Grobbelaar (en hierby sluit ons natuurlik die hoedjie in) was die enigste wat op sy gemak gelyk het. Maar dank sy die langgerekte treinreis na Ladismith – toe ons naderhand van verveligheid in ‘n “trok” gaan ry het – het ons mekaar gou leer ken. Die “meneer” en “mejuffrou” het plek gemaak vir “Wa”, “Kloppie”, “Ampie” en andere. Die rit per lorrie van Ladysmith na Prins Albert het nog verder alle stywigheid uit almal geskud. Read More