Rooi-els

Op Vrydag, 19 April het ‘n party van vier-en-vyftig studente van Stellenbosch na Gordonsbaai vertrek waar kamp geslaan is. Die volgende dag is die party die berg uit na Steenbrasdam. ‘n Sterk suidooste wind het die nag almal uit hulle slaap geblaas en krete van mense, deur angs bevang omdat tente op hulle wil neerstort, het die wat nie vir wind omgee nie, ook nog gedwing om te gaan help tentpenne inmoker. Read More

Aan Grootrivier

(‘n Dag uit die Knysna toer)

Yl vlieswolkies het stadig na die Weste geskuif toe die eerste sonstrale die toppe van die bome raak. Ongemerk en saggies was die oorgang van duisternis na lig. Heerlik het die môre aangebreek en fris soos ‘n pas ontluikte roos. Hier en daar het reeds ‘n mossie met sy vroeë gesang sy mede bosbewoners gewek met ‘n aanhoudende “getjielp tjielp tjielp.” Weldra het die bos weerklink van blye voëlsang. Die donsige veertjies word reggeskud en uit volle bors word dié nuwe dag toegejuig. Daar sal vandag sonskyn wees, en sonskyn bring nuwe lewenslus. Read More