Gala 2012 – Bettiesbaai tot Pearly Beach
Son, see, berge (wind, reën) en meer…
‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman
Donderdag, 22 November:
Vir ‘n gewone rugsaktoermeisie, is dit vir my ‘n heel vreemde gevoel om net met my dagsakkie na die Neelsie toe te stap met die gewone pre-toeropgewondenheid. Dan praat ek nie eers oor die vreemdheid dat nie 3:30 die oggend is nie, maar dat die son al lekker warm bak, beslis hoe ek my Desembervakansie wil begin!
By die Neelsie gekom, word die gewone roetine gevolg, krat na krat wat uitgedra word en toermaters wat een-een aankom en bekendes wat gegroet word en nuwes wat voorgestel word.
85 jaar reünie en berghut inwyding
Die 85 jaar reünie en berghut inwyding vind plaas tydens Paasnaweek – 29 Maart tot 1 April 2013 te Wortelgat, Stanford.
Laai hierdie dokument af vir volledige besonderhede: Reüniebrief2013.pdf
Uitstappies vir 2013
Die Berghut leef!
“Die brand, wat op Kersdag weens weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag in bedwang gebring. Dit het egter weer opgevlam. Saterdagoggend het ’n sterk noordwestewind van sowat 40km/h die brand na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas.” – Die Burger, 30-12-2012
Die Berghut het in die middel van hierdie verskriklike veldbrand gestaan en het dit wonderbaarlik oorleef, met minimale skade slegs aan die waterpyp.
Baie dankie aan almal wat gehelp het met die brandbestryding en al die gebede.


