Die 85 jaar reünie en berghut inwyding vind plaas tydens Paasnaweek – 29 Maart tot 1 April 2013 te Wortelgat, Stanford.
Laai hierdie dokument af vir volledige besonderhede: Reüniebrief2013.pdf
Die 85 jaar reünie en berghut inwyding vind plaas tydens Paasnaweek – 29 Maart tot 1 April 2013 te Wortelgat, Stanford.
Laai hierdie dokument af vir volledige besonderhede: Reüniebrief2013.pdf
“Die brand, wat op Kersdag weens weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag in bedwang gebring. Dit het egter weer opgevlam. Saterdagoggend het ’n sterk noordwestewind van sowat 40km/h die brand na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas.” – Die Burger, 30-12-2012
Die Berghut het in die middel van hierdie verskriklike veldbrand gestaan en het dit wonderbaarlik oorleef, met minimale skade slegs aan die waterpyp.
Baie dankie aan almal wat gehelp het met die brandbestryding en al die gebede.
Deur Michelle du Toit
Dag 1, Saterdag, September 2012
Saterdag, 8 September, vind ‘n klomp ywerige BTKaners hul weg na die Neelsie om 03:00 – die res van ons was slegs effe laat. Toerlyste word ontvang en tasse ingelaai, maar dit is net die mosies waardeur ons gaan. Soos die meerderheid van die groep (Magriet en M.D. uitgesluit), is ek nog vas aan die slaap. Klein deeltjies van gesprekke oor kitare, bekfluitjies en ‘n blouswembroek dwaal verby my ore, maar dit is nie lank nie en my oë val toe.
En dus sal julle verstaan as my verhaal eers ‘n paar ure later begin – so skrams voor 07:00, toe my oë weer oopgaan. Read More