Gala – son, see, berg en meer!

Die BTK se alombekende gala-toer en see-vakansie is om die draai! Ons stap vanjaar van Bettysbaai na Pearly Beach. Dis ‘n roete wat jy nie wil mis nie. Ons kombineer al die lekker van die Overberg binne een week se avontuur, pret en plesier. Die toer sluit in: ‘n dag in die Kogelberg Biosfeer Reservaat (‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied), oornag op Wortelgat en aktiwiteite op die Kleinriviermond en natuurlik die mooiste spierwit strande van die Kaap! Dis die ideale tyd om jou vel die nodige son te gee na ‘n lang jaar as ‘n Matie en seker te maak jou somervakansie begin op die regte noot. Kom maak nuwe vriende, sien ‘n stuk van ons kuslyn wat jy nie aldag sal stap nie en wees reg vir die hoogtepunt van die jaar! Read More

BTK bestuur vakature – BTK management vacancy

BTK bestuur 2012/2013 vakature

 
Die bestuur kondig hiermee ‘n vakature op die bestuur vir die termyn 2012 – 2013 aan.
 
Kosdogter / Kosknaap
Beskrywing: dit is die kosdogter/kosknaap se verantwoordelikheid om kos te beplan en te organiseer vir alle naweekuitstappies en bestuursvergaderings. Wat toere aanbetref is die bestuurslid slegs verantwoordelik vir die meng van die BTK-muesli, maar kan die kosma ondesteun in die aankoop die kos vir die toere indien dit so verkies word. Die bestuurslid moet georganiseerd wees, verkieslik `n kar hê, en `n liefde vir pick n pay kan ontwikkel! Read More

Amatola 2012 Skets

14/07/12 Dag 1 – Die Vloed

Die Junie vakansie was lank en heel vakansie lank sien jy nou al uit om die 100 km lange Amatola staproete aan te pak. Jyt gehoor dis ‘n katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Voor jy egter kan begin bekommerd raak oor of jy reg is vir die stappery moet jy eers die ongeveer 1000 km en 15 ure op ‘n (effens dodgy) El Josa bus deurmaak. Hoekom doen ons nou weer hierdie aan onsself?

Baie gou word die busrit ‘n interessante affêre want daar word agtergekom dat die bus soos ‘n goedkoop horlosie “water resistant” en nie “water proof” is nie. Die slimmes besef dat die geheim is om vir die hoogtes te skiet en klim in die bagasie kompartemente bo die koppe van die res in. Hierdie dien dan sommer ook as ‘n vyf ster bed. Op Plettenbergbaai word die eerstejaars Marse van der Merwe en Huldi Marais sommer gou uitgeken want hulle kan bevestig dat dit wel is waar die groep hulle bevind. Lekker matriek rage! Read More

Keerom Junie 2012 Skets

Keerom, Junie 2012, ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Dinsdag, 12 Junie:

Of jy nou hiernatoe gery, ge-hitch-hikehet, dalk selfs ‘n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na die (hopelike) afgehandelde eerste semester. Jy stap verby die vuur wat lekker knetter, en soos wat jy in die huis kom hoor jy net orals die vrolike gelag van studente, jy weet nie by watter geselskap om aan te sluit nie. Read More

Berghut-Werksuitstappie

Op die naweek van 25 tot 26 Augustus het ‘n groep van ses BTK’ners na die voltooide BTK Berghut by Crystal Kloof net buite Hermanus gegaan. Die opgewondenheid was groot, want hierdie was die eerste keer wat BTK’ners in die nuwe Berghut sou oornag. Read More