Knysna na Vicbaai Gala 2011 Skets

Vrydag 18 November
Dis middernag in Stellenbosch en amptelik het die dag waarop die BTK gala moet begin aangebreek. Jou goedjies is waarskynlik al gepak en gerred om vroegerig in die bus gelaai te word om te vertrek vir ‘n son, see en slee vakansie. As daar egter sketskrywer agter jou naam op die toerlys staan, is dit meer waarskynlik dat jy nog eers vier jaar se gemors uit jou koshuiskamer moet verwyder. Dit is egter haalbaar en teen die tyd wat die twee busse met ongeveer 120 studente gelaai is is jou lewe op Stellenbosch vir die volgende paar maande agter slot en grendel en is jy reg vir ‘n week wat jy vermoedelik nie gou gaan vergeet nie. Read More

Boegoekloof stel nie teleur

Op Saterdag 25 Febuarie het ‘n groot groep BTK-ners in die mooi Jonkershoek natuurreservaat gaan stap. Die roete sou loop op met Kurktrekkersnek en af met Boegoekloof tot in Riviersonderend met sy bergpoele. Regtig min mense weet eindlik van boegoekloof en die oopte wat dit bied. Die gewone roetine sou wees om bo Kurktrekkersnek links te draai en verder te stap met panorama. Maar draai jy regs af, stap jy net miskien ‘n nuwe avontuur raak! Read More

Oranjerivier roei

Hiermee lig ons julle graag in oor ‘n paar belangrike punte rakende die April toer vir 2012…

Vir die van julle wat nie weet nie, die BTK gaan in die April vakansie op die Oranjerivier roei!  Die toer sal plaasvind vanaf 31 Maart tot 5 April. Inskrywings sal op Maandag 12 Maart open vir lede en op Dinsdag 13 Maart vir nie-lede. Ons sou almal wat nie lede is nie aanraai om lid te word VOOR 12 Maart…ons voorspel baie belangstelling vir die toer en lede kry voorkeur. Verdere inligting oor die kostes verbonde aan die toer sal nog bekend gemaak word. Read More