“kom versier jou naweek met avontuur”
Kom skakel bietjie jou avontuur knoppie aan en absiel saam met die BTK op die naweek van die 3 – 4 Maart in die Groothoek kloof by Matroosberg. Ons begin die Saterdag oggend vroeg opstap teen Matroosberg waar ons dan in Groothoek kloof afgaan en die avontuur tot in die rooi druk. Daar doen ons 6 abseils die dag tot ons by ons kampplek langs die stroom aankom en lekker die aand daar ontspan. Die volgende oggend maak ons gereed om nat te word, want swem is ons voorland. Ons doen 3 abseils en ons spring 2 keer van rotse af, gly so paar keer op ons boude af en spring so bietjie van klip tot klip om die water te vermy, vir eers sit ons soos reptiele op ‘n klip in die son voor ons verder in die mooi kloof afstap. Read More


