George – Knysna Gala 1982

Dat ék met ‘n BTK-aangeleentheid betyds vertrek, sal seker nooit gebeur nie! Ten spyte van vooraf dreigemente soos: “Ons ry; al is die bestuurder nie daar nie”, het ons nog ‘n rustige driekwart uur laat weggekom. Ou toeriste hoef mos nie betyds in te pak nie! (laasgenoemde ‘n skimp op Gustav Sahlertz, as hy dit nog nie besef het nie.) Read More

Wildekustoer Julie 1982

09 – 18 Julie 1982

Vrydag/ Saterdag:
As gevolg van die gebruiklike betroubaarheid van die plaaslike openbare vervoermaatskappy, vertrek die toer in ekstra BTK-tyd vanaf Stellenbosch. Sommige oorywerige eerste toeriste was reeds twaalfuur gestewel en gespoor, reg om te gaan, terwyl Ronél Wiid-nie-hoe-latie-bus-vertrekkie haar gebruiklike wyle na die ander arriveer. Ons vertrek toe darem net twee ure laat. Read More

Witels 1982

Witels – ‘n moet vir elke BT-Kaner – het hierdie slag ‘n uitkoms vir die somerskoolganendes, nabywonendes en vroeë aankomelinge gebied. Neels, Gustav, Francois en sy broer, Barry, Ernst, Bessie, Gina, Johanna, Marienne en die uwe vertrek gewapen met plastieksakke en nogmaals plastieksakke. Read More

Struisbaai-Infanta Gala 1981

20 – 27 November 1981

Vrydag, 20 November:
Op ‘n mooiweers dag wat ‘n goeie toer voorspel vertrek die wa reeds vroegoggend met ‘n jolige klomp BT-Kaners. Ons laat sak maar liewer ‘n sluier oor hulle duistere bedrywe vir die res van die dag.

By die bus daag slegs die eerste toeriste betyds op. Die ou toeriste verskyn drentelend op die toneel, so asof die bus laat gaan vertrek. Sommige is wasbleek van die eksamen, terwyl andere se sonbruin gelaat getuig van ‘n minder strawwe eksamen-rooster. Read More