25 September – 02 Oktober 1981
Vrydag, 25 September: na McGregor:
‘n Handjievol BT-Kaners, een natverfwavrag-vol, vertrek vreugdevol van Neelsie. Op pad uit Stellenbosch waai ons eers vir al die studerende studente wat agterbly om ‘n Septembervakansie in sy glorie te stuur. McGregor is nege-uur die aand al stikdonker en selfs die polisiestasie is dig toe. Die enigste lewendes is siele agter die kroegdeurtjies en terwyl die wa daar pad vra na ons slaapplek, skop ons agterop so lawaai op, dat ‘n tannie verontwaardig deur haar hortjiesvensters loer. So ‘n lawaai is selfs voor die kroeg nie gewoonte nie. Read More
