GALA 2021

GALA 2021 Knysna – Victoriabaai

Deur Lize Crafford

Dag 1 (Sondagoggend): Stellenbosch studente ry Knysna toe

Toeriste is tot ’n mate dankbaar dat die grense tussen Namibië en Suid-Afrika wel toe is (as gevolg van die pandemie) aangesien die voorsitter, Frederick van Zyl, wel die gala kon lei. Dit is nadat hy op die Whatsapp-groep ’n opstel geskryf het oor hoekom hy nie sal kan kom nie en dat die vorige voorsitter, Johan Slabbert, (alweer) die toer sou moes lei. Meneer van Zyl, wat gesê het hy sal wel vinniger en meer op tyd wees as die vorige voorsitter, maak steeds die toeriste 20 minute lank in die reën staan by die busse vir geen spesifieke rede nie.  Die reën is byvoorbeeld sub-ideaal vir ’n gala, maar ons laat ons nie onderkry nie. Ons het geweet ons gaan nat word op die gala. Die algemene tendens van die oggend: Die mense is moeg. Eintlik te moeg na die jaar, kwartaal en sy eksamens, maar steeds opgewonde oor ’n vakansie langs die see saam met kwaliteit mense en ’n paar middagslapies onder ’n kampterreinboom.

In die bus:  Hilda se hare is in die bus se lugreëling opgesuig, Martin spog met sy ongelooflike dadelballetjies en toeriste word blootgestel aan Frederick se, soos Maymarie dit noem, “gcob-musiek”. Toeriste, wat nie al in die bus aan die slaap geraak het nie, se asems word weggelsaan deur die beeldskone Tuinroete natuur. Dit is berge, bome en see. Dit is byvoorbeeld presies wat jy soek.

Ons kom by die kampterrein aan en al die ouens is nog nie eens uit die bus toe ’n ultimate frisbee spel begin nie. Frederick kry almal bymekaar en gee die reëls vir die toer deur. Paartjie, Elwin en Yvette, wys die toeriste hoe skiet werk. Die gaping tussen die hoeveelheid mans en dames op die toer is verbasend kleiner as op vorige galas en dit gee ’n paar manne hoop dat hulle ten minste een aand met daardie een meisie kwaliteit-slee sal kan bewerkstellig. Daarna, begin die dames ’n treintjie sakke tot by die tente vervoer, terwyl die manne die army-tente opslaan. Daarna speel en gesels ons langs die braaivleisvuur. Vergesel met die reuke van snoek, speel Frederick Spoegwoelf liedere en PF sing uit volle bors saam. Frederick speel langer as beplan aangesien Sibbe sê Martin gaan nog laánk braai.

By die swembad: Reinhardt neem deel aan ’n tjoepie-kompetisie. By die braaivleisvuur: Willie bemark homself deur perskes van hul plaas uit te deel (aan die dames) en kry terselfdetyd iemand om dit bekend te maak dat hy enkellopend is. Braaier Conrad kla heelaand oor die nat hout waarmee die snoek vanaand gebraai moet word. Die hout is so nat, dit is dié keer die gala-manne en nie soos gewoonlik die dames, wat wens dat hulle haardroërs kon saambring nie.

Uit die bek van die braaier:

Martin sê: “Ás ek nou iets moet sê oor die hout, sal ek sê die oom moet die hout weer kom haal.”

Stephan sê: “Ons het al takkies en amper al die blitz opgebruik, maar al die water wat uit die hout loop maak die vuur net weer dood.”

Fryhoff: “Die probleem is nie dat ons nat hout het nie, maar droë water.”

Cornel: “Die vuur blaas die water droog.”

Tussen die kokke gaan dit beter: Kosma, Sibbe, is opgewonde en dans en maak musiek deur paplepels teen mekaar te kap.

’n Groep stap by ’n heuwel op om die sonsondergang te gaan kyk. Dit was blykbaar “tjat-mooi” en bitterlekker. Daar was wit skapies tussen die groen gras en die son het die lug pienk en pers en oranje verkleur. Een toeris sê: “Liewe Jesus is besig om af te show. Dit was absoluut bekoorlik.” Dit was so mooi, Stefan (met die krulhare) het selfs gewag tot sonsondergang om Lana te skiet. Baie toeriste meen dit het gelyk soos een van die mooiste verlowings wat hulle al ooit gesien het. LT sê die uitstappie was lekker en Albert sê: “Albert sê ook so.” Grethe met die blonde hare sê: “Die grasvlaktes, die skapies en die son was baie mooi. Niemand het gedink die son gaan uitkom nie, maar hy het. Nogal ’n onverwagse outjie.”

Die braai het langer gevat as verwag, maar dit was, soos altyd, die wag werd. Op die spyskaart: Snoek, patats, knoffelbrood en koolslaai.

 

Items: (is kort geknip want die bure sê ons raas. Ons het gehoor daar was ’n dosent van Stellenbosch op die kampterrein.)

  1. Frederick kry die voorreg om vir sy eerste keer as voorsitter “Ballade vir ’n sterwende bok” voor te dra.
  2. Elwin en Fredeick los die toeriste in stukke met “Hans en Maans” wat bang is vir die vrot vis.
  3. Boer-soek-vrou aanbieder, Nina, help engelse boer Simeon om ’n vrou te vind.
  4. Grethe en Cornel doen “trill-trill” met ’n “trieng-trieng”.

Hekels

  1. Martin vra hoekom Willie perskes uitdeel en sê dat hy enkellopend is.
  2. Reneé du Toit vra vir Edelagbare Oneerlik wat het Charlotte bedoel toe sy gesê het:
    Ek sal haar trou.
  3. Marguerite vra wat het Sibbe bedoel toe sy sê: “Ek soek vir Willie.”
  4. Wat het Maymarie bedoel toe sy sê: “Ek hou van Retief.” Maymarie antwoord: “Retief, jy is nogals vanhoubaar.”
  5. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek soek nie ’n vrou nie, ek is ’n vrou.”
  6. Wat het Jaco bedoel toe hy sê: “Ek oefen snoek.” Jaco sê hy was besig om in die swembad te swem.
  7. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek hou daarvan as die dames in ’n ry staan?” Hy verwys hier na die treintjie wat tasse vervoer.
  8. Cornel wil by Reneé hoor wat sy bedoel het toe sy oom Erik, Edelagbare Oneerlik, genoem het.
  9. Wat het JT bedoel toe hy sê: “Jy moet jou posisie regkry.”

 

Dag 2 – Maandagoggend: Knysna – Buffelsbaai

 

Kristi, Helette en JT dink al weer gala is te maklik en gaan draf vyf uur die oggend. Nicolas het nie saamgedraf nie, al het hy belowe hy sal. Hulle draf in ’n uur ’n sekere aantal km asof ons op ’n fiksheidskamp is (Helette het gesê die sketskrywer mag nie sê hoe ver hulle gehardloop het nie, want dan klink dit soos spog). Marina is in die kostent besig met haar ontbyt en lewer kommentaar: “Ek is verbaas hoe rustig die oggend is. Glad nie gejaag nie.”  Die Toerpa, Oom Erik, wys die stokers hoe om water te kook. Hy staan en kyk hoe die manne sukkel en na drie keer se veruidelik verstaan Martin eers. Fryhoff is langsaan besig met die pap. Elke keer as die sketskrywer hom sien is hy besig om iewers te help. Hy sê: “Idle hands are devil’s work.” Dit is nou vir jou ’n ware stoker. Sy broer Jannie het buite geslaap: “Dit was lekker, maar ek het koud gekry.” Die toeriste sit in kringetjies terwyl hulle hulle ontbytpap eet. Die kringe is vol nuwe maats, maar dit lyk asof hulle mekaar al jare ken (party van hulle sal mekaar seker nog vir jare ken). In een van die kringe sit Lucy. Sy het ook buite geslaap en sê: “I got wet.” Na ontbyt word spikeball gespeel en Wraakkaptein Jaco probeer 10 nuwe toeriste uitkyk terwyl frisbees en rugbyballe rondom die misterieuse kringetjie rondsweef.

Dit is uiteindelik tyd vir die gala se eerste stap, dus klim ons almal in die bus.

Cornel staan voor in die bus en dirigeer die toeriste naaste aan hom soos ’n koor. Jannie en Fryhoff is die enigstes wat die ou klassieke Afrikaanse treffers ken. Uiteindelik kry ons iets wat almal ken, d.i. Klein Tambotieboom. Ons klim uit die bus naby die Knysa Waterfront. Jannie en Fryhoff sing “Tussen treine” terwyl ons op treinspore stap oor die Knysna-lagoon. ’n Paar manne spring in die lagoon terwyl ander toeriste net een voet voor die ander probeer kry. Iewers verduidelik bedryfsingenieur Martin hoekom die treinspoor op die verkeerde plek is en geskuif moet word. Waar die treinspoor eindig, begin ons opstap by wat Frederick die “klein heuwel” genoem het en waar plakkies “voldoende” sou wees.

Frederick is waarlik ’n goeie leier. Volgens ’n toeris het hy op ’n stuk toiletpapier getrap en selfs dié volg hom toe rond.  Daar was nogal baie op- en afdraendes en dit voel glad nie soos ’n gala nie. Waldo sê hy dog gala sou makliker wees. Net voordat ons by die paadjie afstap strand toe, ry Sibbe en haar span kokke by ons verby op pad kamp toe en helfte van hulle hang by die vensters uit.

Ons kom uiteindelik by die strand. Ons moes eers verby ’n hele span kameramanne loop wat een of ander advertensie skiet. Ek dink die groot Italiaanse oom wat staan en praat voor die kamera het nogal ’n interressante agtergrond gehad, d.i. 120 studente wat in die see in hardloop. Dit was ’n bloedige warm dag op die strand en ons is almal maar net te dankbaar vir die yskoue see. Stappers speel, swem en gooi frisbee. Die mens is gemaak om so te kan speel. Selfs Daniel Pascoe speel, al mag hy eintlik nie enige van die bogenoemde doen as gevolg van sy beseerde knieg nie. Dit is nou vir jou ’n gala. Hier eet nuwe toeriste ook hul eerste BTK middagbroodjies.

Ons kom by die kampplek aan en stap verby ’n restaurantjie waar daar later definitief baie draairoomyse gekoop gaan word. Buffelsbaai is ’n oulike kusdorpie, klein en rustig. Of wel, dit was voor die BTK daar aangekom het.  Dag 2 en Willie se perskes is klaar op; hy is steeds enkellopend. Onder die skuiling van die kostente speel Fryhoff kitaar en almal vra hom uit oor baardstyle aangesien hy al alles probeer het. Hy sê: “Met ’n baard kan mens nie help om absoluut ‘dashing’ te lyk nie.”  Die Volleyball-net is ook opgeslaan en die toeriste speel alweer. Daar is wel ’n paar wat in die muur se skaduwee lê en rus. Jaco probeer sy boek lees, maar wil ook slaap, maar wil ook speel (’n algemene verskynsel op ’n gala). Sterrenberg en ’n paar vriende het ook gaan snorkel en treur oor die feit dat hulle nie kreef kon vang nie.

Aandete word voorberei op die maat van musiek. Hilda speel ABBA en die kokke dans om die tafels terwyl hulle groente skil. Jannes-hulle smeek Madelein vir haar tennisbal sodat hulle kan krieket speel en sê as hy dit verloor sal hy vir haar ’n nuwe een gaan koop by “die enigste winkel in Buffelsbaai wat plakkies verkoop”. Braaier Jannie laat val die wors in die sand en noem dit “aswors”. Madelein herinner die sketskrywer vyf keer dat iets geskryf moet word oor die vrot vis wat ons op die strand gesien het vandag. PF kan blykbaar viool speel en sê hy het die touchies op Brenton se strand vandag baie geniet. Stappers sien ook ’n skool – of trop, soos party dit noem – dolfyne en Daniel was aangeval deur ’n seemeeu. Zaza, Nellie en Amy sê dat dit ’n “great” dag was en dat die maak van middagbroodjies goed is vir die siel. Stefan met die krulhare sê hy geniet al die formasies van rooibrand op toeriste se lywe. Hy is ook weer herinner hoekom hy so baie hou van skoene dra, want sy voete het vandag rooigebrand. Die waarskuwing op die toer se skyfievertoning om sondbrandroom op te smeer het nie gewerk nie en nou sit almal met rooi velle. Dit is byvoorbeeld nie hoe jy moet lyk nie. Stefan het “perongeluk” sy sleedate geduik tydens skiet vandag. Loreen sê die uitkyksirkel was ’n belewenis. Iemand anders sê: “Dit is nogal snaaks. Die een oomblik gesels jy lekker met mense en dan skree iemand “skiet is oop” en dan word jy getekkel.” Daniel het egter nie ’n probleem daarmee nie en sê: “Its nice to be tackled.” Daniel het blykbaar ook sy kop gekap met ’n byl toe hy besig was om ’n “stubborn stompie” te kap vir vuurmaakhout. Tone wou nog help, maar Daniel sê net hy het nie ’n pleister nodig nie, net ’n beanie.

Pieter ondergaan blykbaar ’n identiteitskrisis, want hy stel homself aan almal voor as Francois. Pieter som wel ook die dag mooi op: “Alles is lekker. Die mense is lekker.” Loreen stem saam: “Alles is lekker. Behalwe die brand.”

Items:

  1. Lize skop items af deur te vra: “Wat noem jy iemand wie se mes ’n R op het?” Roland het sy mes op die grond vergeet vroeër die aand.
  2. Gatiep en Marais speel weer I-spy. (Lize en Maymarie)
  3. Cornel vertel weer die storie van die hangkastannie met die “onooglike” pienk rok.
  4. Elwin sê “ja”en Nicholas sê “nee”. Christi sê “ja-nee”.
  5. Fred en Martin: Meneer Oom gaan eet by Ooskus se Weskombuis en is baie beïndruk met die kos: “Hy gly af soos ’n vet kind op ’n supertube.”
  6. Maya en Grethe doen ’n nuwe Item: Ligte Vrugte
  7. Lehani, Timon en Manie maak ’n verskyning (agter die verhoog, hulle is bietjie laat vir die gala).
  8. Stefan met die krulhare vertel vir ons ’n snaakse storie.
  9. Marguerite en Simeon doen ook ’n nuwe item oor ’n “gala-baba”.
  10. LT, Fred en Helette vertel stories.
  11. Sterrenberg vertel sy gunsteling grappie oor die driekoppige draak.
  12. Hilda, Manie, Maymarie, Jannie, Nina, Reinhardt en Nicholas lewer ’n uitstekende optrede oor mense in ’n filmteater. Hulle het selfs klankeffekte gehad te danke aan Hilda se luidspreker. Lion King se “Circle of life” maak die item.
  13. Hilda los toeriste in stukke met haar vertoning van Sylvia, Antonio en die Big Bad Bully of the West.
  14. PF, Pieter, JT, Christi, Lizaan, Marisa en Hannah is almal Koppe.
  15. Al die eertse toeris seuns vang vir ons ’n veldjie op die verhoog.
  16. Die goue toilet: Marietjie, Marguerite en Helette.
  17. Frederick hak nogsteeds vas met uitdrukkings soos “die oorlog was erger” en “moenie op my gil nie”. Hy lag darm vir homself.

Hekels

  1. Daar word vir Martin gevra watse snaakse klanke hy vandag gemaak het. Hy sê hy moes probeer engels praat met ’n meisie.
  2. Martin wil by Charlize hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het sy het ’n mes. Charlize wou blykbaar Lianca help om haar grondboontjiebotterbroodjie te smeer.
  3. Hilda vra vir Christi wat sy bedoel het: “Ek soek net ’n biedjie liefde.”
  4. Nina by Lizaan: “Ons kan dit agter die boom doen.” Sy wou blykbaar koffie in die bialetti maak.
  5. Wat het Sibbe bedoel: “Ek hou hom nou al vir 2 ure dop.
  6. Imke by Jannie: “Ons is nie maklik nie, julle is net moeilik.”
  7. Madelein vir Amanda: “Ja, nee dis ’n outjie.” Sy het verwys na ’n meisie se groot tas.

Dag 3: Dinsdag – BTK Sondag op Buffelsbaai

 

Toeriste het almal vanoggend probeer inlê, maar die vroegoggend hitte van die somer het ons almal vroeg uit ons tente. Dit het definitief niks te doen met die persoon wie se alarm 6h00 die oggend afgegaan het nie. By die gasstowe staan omtrent 20 bialettis en hul base reg om koffie te maak. Na gister se stap op die strand, skimp meer mense egter vandag vir Aftersun as vir koffie en Frederick herinner almal weer om vandag sonblok aan te smeer. Die eerste toeriste oefen vir hulle Wraakkonsert. LT kom uit die uitkyksirkel met pap op sy gesig, Jaco het pap in die baard en Nina op die gesig. LT sê later sy eetlus is gestil na al die pap. Helfte van die groep speel op die strand. Die ander helfte oefen vir die middag se Spikeballtoernooi. Marietjie motiveer die meisies om ook in te skryf: “Meisies, back jouself.”  Frederick en Reinhardt het wel die kompetisie gewen. Geluk.

Die kokke maak weer  middagete op die maat van Hilda se musiek. Roer jou voete op die kostent se vloer. JJ en Reinhardt probeer skaak speel. Ons is almal ook opgewonde oor Edward en Carly wat verjaar. Niemand sal die borshare en snor vergeet wat Reinhardt op homself geteken het nie. Ons sal ook nie eintlik verstaan hoekom hy dit in die eerste plek geteken het nie. Na ’n gesprek oor hoe baie meisies skeer, gaan haal Nina haar “epilator”. Party manne was braaf genoeg om hierdie skeertoestel aan te durf (Reinhardt se stem het wel huiwerig geklink toe hy ja sê vir die besigheid). Die mans bewe sommer van pyn nadat Nina hulle 2 sekondes lank geskeer het. Maymarie laat nie op haar wag om te wys dat vrouens ook sterk is nie en laat Nina amper haar hele been skeer.

Ons doen ’n paar tradisies en JT verduidelik vir ons hoe om ’n handstaan te doen. “Jy moet net genoeg gewig vorentoe…,” is al wat hy uitkry voordat hy op sy rug val. Na die nodige tradisies voltooi is, gaan ’n paar toeriste en gaan drink ietsie by die restaurant. Hulle kyk vir die eerste toeriste wat op die strand vir hulle wraakkonsert oefen en die res wat frisbee speel.

Oom Erik lei BTKerk en lees Psalm 96 en Psalm 103 en die toeriste leer oor God se karakter. Lizaan en Louw het ook vir ons gelei in ’n paar liedere. Daardie aand eet ons roosterkoek. Terwyl ons eet, hardloop daar ’n klein meisie by die kamp in met haar ma kort op haar hakke. Ons vra wie die dogtertjie gaan skiet. Jaco antwoord en sê hy sal eerder die ma wil skiet. Frederick speel kitaar met 120 toeriste wat om hom sit en sing. LT sing met passie en later sing PF ’n solo.

Items:

  1. Nina sê vir ons die ABC agteruit op.
  2. Jannie sê vir ons 10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
  3. Cornel sê vir ons Do Re Mi agteruit.
  4. Fryhoff sê vir ons A1, A2, Her.
  5. Madelein sing Sarie Marais agteruit.
  6. Charlotte en Lize Burger doen die boerboetie storie van die kwê-voël.
  7. Fryhoff en Jannie gee vir ons ’n uitbeelding van die boereoorlog. “Ons het nie verloor nie. Ons het net nie gewen nie.”

Hekels

  1. Martin wil by Maymarie hoor wat sy bedoel het met: “Martin is my stuk.”
  2. Waldo wil by Bianca hoor: “Ek wil deur Wesley se tande gaan.”
  3. Nina wil hoor wat het Heidi bedoel: “Nou is ek hot”
  4. Fred wil by PF hoor: “Haar ketting is te lank.”
  5. Martin wil by Zaza hoor: “Val net voor my asb.”
  6. Hilda wil by Martin hoor: “You owe me a child”
  7. Imke wil by Martin hoor: “Die Here het vir my ’n dadbod gegee vir ’n rede.”

Dag 4: Woensdag – Ons gaan Swartvlei toe

Ons eet vanoggend Weet-bix  (nogal met warm melk te danke aan die stokers). ’n Paar dames met opgeswelde lippe smeer hul sonbrandroom dik aan. Frederick begin vir ons die dag met Psalm 105. Ons klim stiptelik een minuut voor nege in die bus. Na een kilometer, klim ons weer uit die bus om te begin stap. Ons het ’n baba rob gesien en perongeluk skrikgemaak. Trevor sê dis die tipe rob soos die bose een op Happy Feet indien iemand gewonder het. Hilda moes gedra word want sy het haar voet seergemaak. Martin sê Hilda sit aan want sy wil eintlik net hê hy moet aan haar bene vat. Ons sien ook ’n groot swerm voëls wat opvlieg soos ons aangestap kom. Wat ’n voorreg om in die natuur te kan stap! Waldo het ook met ’n omie wat visvang op die strand gaan gesels. Michelle is baie trots op haarself omdat sy heeldag lank met stapskoene op die strand geloop het en nie een keer in die water getrap het nie. Dame-skiet vind plaas en Daniel Pascoe het weereens soos ’n mal ding aangegaan om sy dame te skiet. Na ’n lang dag se stap kom ons by ’n river waaroor ons blykbaar moet swem met ons tasse en al. JT sê: “Dit is nou byvoorbeeld die definisie van ’n verrassing.” Toeriste wat wou oorswem het hulle tasse in die bus gaan bêre en die res wat moeg was vir die son en hulle blase het met die bus (met lugversorger) kampplek toe gery.

Daardie aand het die Garden Route Kampterrein ons kom afneem en onderhoude met ’n paar van die toeriste gevoer. Dit is blykbaar vir ’n promosievideo wat hulle maak vir hulle kampterreine. Die BTK voel geëerd om deel te kon wees. Daar word onderhoude met Helette en Martin gevoer, maar natuurlik gebruik hulle net vir Martin wat sê: “Dis wat jy soek.” Reinhardt help daardie aand ook die kokke met die hoenderpotjie. Toeriste speel volleyball en ander sit in geselskringe.

Items:

  1. Martin was besig om oor ’n nuweland pawiljoen te gesels toe daar ’n brandweertrollie verby die slee ry. “Oeee, hier kom nog een. Ons gaan nou eers pause sodat hy verby ry.”
  2. Christi, Roland, Marguerite en Manie slip uit hulle Wiskunde klas.
  3. Klippies is alweer in die water gegooi: Sibbe, Amy, Marietjie, Nellie en JT.
  4. Stefan vertel ’n storie wat hy gehoor het by iemand.
  5. Marguerite en Marietjie is ninjas.
  6. Troepe: PF, Fred, Jaco, Manie, Retief, Simeon.
  7. Nooi soek ’n booi… Byvoorbeeld.
  8. Cornel speel vir die meisies viool.
  9. 2 suckers on a stick. Dit was chaos.
  10. Hilda vertel die storie van die oom/tannie wat rook.
  11. JP vertel vir ons ’n inspirerende storie.
  12. LT en sy “extractor fan”.
  13. Die Namibiërs is op die toer in die minderheid en wil hulle teenwoordigheid duidelik maak deur die Namibiese volkslied vir ons te sing.

 

Dag 5: Donderdag – Swartvlei tot Victoriabaai

Dit het daardie oggend so gereën dat ons amper na ’n bazaar toe sou gaan, maar ons besluit toe, al is dit ’n Gala, sal ons eerder Gericke se Punt toe stap. Daar word baie fotos geneem en Laurika en ’n paar ouens kyk wie die die langste op die hoë houtpale wat in die strand gekap is, kan staan. Daar word gelag oor Idelette se opgeswelde lippe. “Dit is byvoorbeeld ’n subideale botox-job,” meen een van die stappers.

Terug by die kamp, klim ons op busse en ry Wildernes toe, waar dit weer begin reën. Tristan sê: “Dit is byvoorbeeld sub-ideale weer.” Ons stap op die strand tot ons by treinspore kom wat al langs die berg loop. Ons stap deur grotte en verby ’n hippie-dorpie met die naam “Kudu-kop”. Pieter sê: “Ons moet die bordjie gaan steel. Wanneer in jou lewe gaan jy ooit weer kan sê jy’t ’n kudu-kop van ’n hippie gesteel?”  Baie mense se hoogtevrees was getoets toe ons oor ’n skrikwekkend hoog brug moes stap. ’n Paar stappers moes oor die brug kruip. Annelie wil bevestig dat sy wel oorgestap het. Wesley sê daardie brug was “terrible.” Ons stap rustig op die treinspoor en neem foto’s by die Victoriabaai-bordjie.

By die see: Almal is te honger om te wag vir middagbroodjies en gaan koop Chip ‘n Dip in Victoriabaai. Die branderplankryers vergeet dat hulle honger is en hardloop die see in. Lehani staar hulle aan en sê vandag se stap was die mooiste. Maja, wat langs haar sit en roomys eet, sê: “Die voeltjies fluit en dis groener hier in Victoriabaai.” Maar, binne die see is dit chaos. Jaco sê jy hoef net vir Nina te kyk dan sal jy verstaan hoekom. Sy kom uit die see gestap met stokkies, net en goggas in haar hare. Sy skud haarself soos ’n hond af en van die goggas beland in Zahn se oê. ’n Paar ouens het weer gaan snorkel, maar nie juis iets in die wilde waters gesien nie.

By die kamp: Die meisies maak weer jolig kos op die maat van ABBA. Die seuns help vanaand met die kosmaak: PF lek die bak vla uit en Cassie en vriende eet oortollige tamaties uit ’n staalbak.  Hilda is deur Sterrenberg ge-“intercept”, so Daniel slee vanaand maar met Jodi. Daniel besef toe: “Net soos in rugby, moet jy nie die bal gryp en dan nie weghardloop nie.” Die volleyball-net is ook in ’n japtrap opgeslaan. Jaco bewys dat hy Manie se Zambuck kan oopmaak. Timon het vir ’n uur of twee in die kampterrein se bad gelê. Retief leer almal backflips doen. Martin probeer weer gimnastiek doen en “back homself” om teen André Pretorius deel te neem.

Ons raas maar baie dié aand en die sketskrywer vra die busdrywers, Solly en Nicolas, of ons nie hulle slaap steur nie. Solly sê: “Julle is maar soos alledaagse kinders.”

Martin deel met Madelein een van sy wyshede: “’n Man moet soos hoender wees. Nie droog nie.” Tydens spikeball het Jaco se broek geskeer net voordat hy vir Nina dien. Daar word ’n sokkie by die kerk gereël en iemand skree dat dit soos ’n huisdans lyk. Al het ons vier ure soontoe gery om op vier liedjies te dans wat op vier pap luidsprekers gespeel word, was dit steeds die moeite werd en “tjat-lekker”.

Items:

  1. Price: Nina, Grethe, Hilda doen ’n item, met Manie wat halfkaal in die agtergrond rondhardloop.
  2. Arrrrrg…. Lighthouse! Die keer was PF die gelukkige eerste toeris wat die lighuis moes speel.
  3. Lize Crafford het ’n dramatiese sangvertoning gelewer.
  4. Andre, Retief, Stefan, Simeon en Louw doen ’n skit wat gaan oor Jesus wat bevryding bring, ons moet dit net aanvaar.
  5. Manie wys sy diepkant toe hy een van sy eie gedigte vir ons lewer.
  6. Daniel begin dié skit met: “Okay, we need twenty guys.”
  7. Maria, pull yourself together! (Frederick, Retief en Lize)
  8. Gesprek met ’n boer deur Hilda en Sterrenberg.
  9. Stefan haal ’n storie uit die argiewe.
  10. Roland, Cornel en Stefan steel telefoonpale.
  11. Retief “begin” die bakkie en Frederick en Jaco ry saam.
  12. Maja en Grethe loss tappers in stukke met hulle weergawe van Salomé.
  13. Manie en Frederick is vriendinne. “Ons is prim en proper.”
  14. K-k-k-kaptein sluit die aand af. (Nicolas, Willie, Jaco, Reinhardt, Frederick, Simeon.

 

Hekels:

  1. Maya vra wat Stefan bedoel het toe hy gesê het: “Iemand of iets het my lip gebyt.”
  2. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Ek wil ook so rokkie dra.” Willie sê hy soek daardie rokkies wat mens vir graadvang dra.
  3. Hilda wil by Stefan hoor wat hy bedoel het: “Haito Patato, buk of ek byt jou.”
  4. Fred vra wat Reinhardt bedoel het: “Sy is soos botter in jou hande.” Dit is blykbaar die beskrywing vir ’n dame wat baie lekker gesokkie het.
  5. Martin wou by Lize hoor wat sy bedoel het: “Hubaar, huwerlik, baarmoeder.”
  6. Lize wil by PF hoor wat hy bedoel het: “Hoe kan iemand wat so skerp is van Pretoria af kom?”
  7. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Wat ek uitmis in die slee, maak ek voor op in die bus.”
  8. Madelein vra wat Laurika bedoel het: “Martin, ons kon jou vir aandete geëet het.” Laurika se Martin het hoender gebraai en die die vuur was so warm, Martin het amper gaar geword.
  9. Madelein by Michelle: “Jy’s nie eintlik lekker om vas te hou nie.”
  10. Daniel vra vir Nicolas wat hy bedoel het: “My gesig is soos ’n meisie se been.” Nicolas sê jy het geskeer, maar nie skeerroom gehad nie.
  11. Carly by Martin: “Ek’s elke oggend warm. As ek gaan slap, is ek lou, byvoorbeeld, ek het “gecharge”.
  12. Hilda by Sterrenberg: “As ek moes kies tussen lengte en persoonlikheid sou ek lengte kies.”
  13. Roland wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Tente is soos vroumense, enige ene werk.”
  14. Yvette by Michelle: “Party mense lyk maar net soos koshuise.”
  15. Michelle by Madeleine: “It takes a team to get met dressed.”
  16. Martin wil weet hoe Simone kan sê dat vrouens gemaak is om te bakei. Sy sê hulle raak katterig as dit by sleeplek kom. Dit is wat dit is.
  17. Jaco wil weet wat Willie bedoel het toe Jaco hom vra hoe hy gestap het en Willie antwoord: “Langs ’n wese, half-mens, half-engel.”

Dag 6: Die laaste dag – Victoriabaai tot Stellenbosch (of Outeniqua)

 

Die son maak almal weer vroeg wakker. ’n Groep stappers verlaat ons om die Outeniqua te gaan stap. Dit het die vorige aand gereën en Carly sê dit is nie te sleg om in ’n badkamer te slaap nie.

Laaste woorde:

André sê die toer was vir hom kosbaar. Marine sê sy het die lekkerste van almal geëet op die toer, al is sy allergies vir amper alles. Dit is vir haar spesiaal dat almal kon saamkom en saamleef. Oscar sê hy kom volgende jaar terug, al het hy blase gebrand. Dit was vir Idelette ook regtig lekker en sy is hartseer dat haar eerste toer, ook haar laaste moet wees. Sy sê almal het haar so welkom laat voel. Laurika gee raad aan volgende gala-stappers: “Dra ’n langmouhemp om jou van die son te beskerm.” Jodi waarsku ook: “As jy besig om warm te kry, weet jy jy is besig om te brand. As jy besig is om koud te kry…brand jy nogsteeds.” Waldo sê ’n gedig op: “As we stand on the shore, staring into the sea, as time past came to be. What a priveledge it was for me.” Kyle beskryf die toer as “kwaai lappies”. Retief sê hy het die beste items op hierdie toer gesien. Hilda sê sy sien uit vir Lana en Stefan se troue. Yentl sê die toer was al te lekker en “dit is byvoorbeeld wat jy wil hê.” Helene sê toe sy op die Neelsie-gras sit om vir die toer in te skryf, het sy klaar geweet dit gaan lekker wees en sê dit was die beste besluit van haar lewe om saam te kom. Liska sê wat spesiaal is van die BTK is dat jy nog nader aan jou vriende kan kom. Sy sê dit is net onskuldige genot en dit voel amper asof jy heeltyd hoog is (of ons almal was net siek van sonsteek). Leah sê ook jy kan iemand goed leer ken as jy saam hulle sukkel en dat hierdie die soort mense is wat jy goed wil leer ken. Carly: “Dis die plakkie- en broekietan werd.” Willie sê hy het ’n engel gevind. Jannes is hartseer dat die toer eindig maar sien uit vir sy gratis Spur-burger. Michelle sê sy is moeg: “Dit was lekker, maar dis nou klaar.”

’n Paar stappers gaan Maan toe: Idilette, Jenny, Cornel, Willie, Lize, Daniel.

Nicholas de Wet is die “gelukkige” wenner van die Terrash.

2 weke later: Helfte van die stappers het Covid gekry, maar die algemene gevoel is dat die Gala dit werd was!

“Mag die torre van geluk teen jou voorkop vasvlieg.”

“Mag jou brand in ’n tan verander.”

  • Onbekend (maar ons kan aanneem dat dit seker Martin was)

 

 

Oorlogskloof 2021

Oorlogskloof 2021  

“…maar die oorlog was erger” 

Deur Lize Crafford

Dag 1 (18 September): Stellenbosch – Oorlogskloof 

7:00 by die busstop: 

Dit is September en as gevolg van die Covid-pandemie, net die tweede toer van die jaar. Die toeriste staan rond. Nuwe toeriste soek dringend na ’n bekende gesig en probeer hul beste sosiale vaardighede uithaal. Die oud-toeriste sien bekende gesigte en probeer die name onthou van mense saam wie hul twee jaar terug getoer het (oud-toeriste erken dat hulle moes terugverwys na die toerlys). Carmine is bang sy kry nie kos nie en kom met twee “tjat-groot” Lanzerac scones daar aan en Lize se vinger bloei want sy het probeer skottelgoed was die oggend (moenie die BTKmanne sê dat sy sukkel met hierdie huishoudelike taak nie).  

Die toerlyste word uitgedeel: Helfte van die toerlede is alweer van Namibië en Jaco vra angstig: “Ek weet nie of ek regtig Oorlogskloof wil gaan stap saam met ’n klomp Namibiërs nie.” Die aangewysde kokke is ook net ’n klein bietjie gestres oor die feit dat kos nie, soos gewoonlik, uitgedeel word voor die bus vertrek nie. Die voorsitter, Johan Slabbert (ja, hy’s nogsteeds hier), vra dat almal in ’n sirkel staan en lewer vir die laaste keer sy inleidende toespraak as voorsitter van die BTK. Toeriste word aanbeveel om enige van hul vrae te rig op die drie bestuurlede wat op die toer is. Nadat Elwin (wat nie saamgetoer het nie), almal se temperature gemeet het, mag helfte van die toeriste (tegnies) op die bus klim.  

In die bus: 

Die toeriste klim op die bus en die oud-toeriste dink die luukse busse skep onrealistiese verwagtinge van die gemaklikheid van ’n BTK-toer. Vyf-en-veerting minute later sien ons net goue kuite wat skitter onder ’n boom; ons moet alweer vir Jannie in Malmesbury oplaai.  

Op die bus maak die toerlede gereed vir Oorlogskloof: Martin maak vir amper tien minute sy mes met ’n slypsteen skerp en Carmine vyl solank haar naels.  

Om die tyd om te kry speel ons 30 Seconds word gespeel.Almal lag, veral toe iemand Port-Elizabeth met “fingerpuppets” probeer uitbeeld. Toeriste leer ook dat die nuwe voorsitter, Frederick glad nie kompeterend is nie.  

Net toe diegene wat nog ’n ogie wou knip in die bus dink Frederick se 2000s musiek is uiteindelik verby, begin die manne krieket kyk: twee selfone word daarvoor uitgehaal (net vir ingeval een sein verloor) en die mans bondel om die skerms. Vir die rekord: André Pollard het ’n ses geslaan en later teken Willie le Roux 3 lopies aan.  

Net voor ons by die waterval stop sê Martin: “Jy gaan koshuis toe as jy maatjies wil hê. Ek het ’n vriend in Jesus.” 

Waterval: 

Ons stop by ’n Waterval (naam?), Jannie koop vir hom ’n pakkie vrugtelekkers by die tannies onder die gazebo by die waterval.  

want Johan se tannie het blykbaar gesê ons moet. Volgens sy tannie droog die waterval nogal vinnig op na die reën so ons is dankbaar vir die voorreg om water te kan sien. Soos ons rustig staan en na die waterval kyk, sien ons 3 manne by die mond van die waterval op plekke loop wat jou ma ’n angsaanval sal gee.  

Trawal: Ons stop vir ’n pakkie chips en Daniel Pascoe klim by ’n paal op.………………Column Break………………Oorlogskloof:  

Deur Niewoudtville gery (ja, dit is regte dorp), kom ons uiteindelik by Oorlogskloof Natuurreservaat. Die bus klim op die grondpad en toeriste se koppe staar by die venster uit na die blommeveld. Sommige toerlede wonder hoekom ons 5 keer op die pad vir die badkamers kon stop, maar nie kon stop om fotos te neem nie. Dit is net velde geel blommetjies met klein pers kolle tussen-in wat bydrae tot die mooi tapestrie. “Wat mooi is, is dat daar so baie is” sê een toeris.   

Die busse stop die beginpunt van die stap en die kokke se angs word uiteindelik verlig toe die kos uitgedeel word. Om 16h00 eet ons middagete wat bestaan uit twee worsbroodjies vir elkeen en al die manne (en ’n paar dames) hoop dat daar sommige van die meisies is wat net een gaan eet. Johan kondig die ordentlikheidspraatjies aan en die dames en mans verdeel. Daar moet net gesê word dat die mand hard probeer lag het, maar ongelukkig was hulle te sag en die dames vertel dus defintief die snaakste grappie. Johan skree “sakke op” en 20 minute later begin ons stap.  

Groot tuin tot Brakwater: 

Na ’n gemaklike 4km stap, kom ons by ons eerste hut aan. Willie se tas is nog nie eers op die grond nie en hy begin al vir Jaco frisbee gooi. Die dames mag in die hut slaap: Luukse hut, longdrop en koue stort ingesluit. Party is onseker oor wat om te doen, aangesien hulle ’n tent al die pad moes saamdra. Johan sê dat daar blykbaar twee zebras en hul zebra filletjie net om die draai is. “Ek het hulle gesien,” sê een toeris. “Maar die filletjie kon dalk ’n gans gewees het.” Skiet word verduidelik in ’n blommeveld deur Johan en Marguerite; Johan verloor sy hoed en later sy meisie, toe Daniel Pascoe haar “intercept”. Daarna skree Johan, “SKIET IS OOP!” en eerste toeriste trippel huiwerig rond. Na skiet, maak Marietjie natuurlik Tone oop. Beserings a.g.v skiet: Hilda is in die been geskiet en Marietjie moes pleisters plak; Daniel se kniegbesering pyn aangesien hy agter Grethe met die lang bene moes aanhardloop. Soos dit donker raak, begin die stokers stook en kokke hardloop rond opsoek na hul groepie se bestandele vir aandete. Stefan speel kok aangesien sy groepie se kok, Nienke, nog eers in die koor wou sing die dag. Later, toe Nienke ook daar is en Stefan sy paplepels kon oorgee, vertel Jané dat haar kar gebreek het op pad, maar dat die vriendelike mense by beginpunt van die stap dit vir haar gaan regmaak.  

Items: 

HOU-MY-DOP (Frederick, Jaco, Retief, Schalk): “Ek hou nie daarvan as mense op my gil nie” en “As-se-b-LIEF” is uitings wat deur die loop van die stap nog baie kere gehoor is. 

Troepe (Sersant Majoor Frederick Van Zyl, Nico, Willie, Johan, Martin, Jaco) en die legendariese skoorsteen (die gehoor moes selfs uithelp.)  

Jané gaan wys vir Nienke Tannie Retief se Goue Toilet. 

Hilda begin haar item met “Ek belowe, ek rook nie”  

“Mevrou, djy weet mos” (Marietjie, Nina, Helette). 

Haans en Maans: “kompleet…kompleet…pleet soos ’n vrot vis”  (Frederick en Retief). 

Items 

Johan wil by Marguerite hoor: “Wat is hekels?” 

Marguerite wil by Nico hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Mens stap mos eintlik net vir die slee.” Nico: “Ek dink ons almal weet wat dit beteken.” 

Hilda wil by Jaco hoor wat hy bedoel het: “Ek wil hê almal moet weet eks single en ek soek.” Jaco: “Ek staan by wat ek gesê het.” 

Sy vra ook vir Jaco wat hy bedoel het toe hy vir Willie gesê het: “As sy nie vir jou gaan werk nie, sal ek haar vat.” 

Frederick wil by Marguerite hoor: “Frederick, jy het my.” Johan wil toe ook hoor. Marguerite: “Frederick het slegs “bangers” in die bus gespeel en ek het regtig van die liedjies gehou.” 

Wou by Schalk hoor: “As dit toeganklik is tot my mond.” Schalk sê hy het gepraat oor die sjokolade poeding.  

Martin wil by oom Francois hoor: “Wie se pap dra ek rond elke dag?” … “Nee maar, ek is ernstig nou.” 

Dag 2 (19 September): Brakwater – Kameel se Gat 

Oggend: 

Die toeriste hoef eers 7h00 op te staan en oud-toeriste dink terug aan die dae toe Louw van den Heever nog voorsitter was en hoe hy die stappers gereeld in die donker laat opstaan het (bv. 4h30 Drakensberge 2019). Die meisies word wakker gesing met “Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei” en die eerste-toerisdames giggel.  

Die lirieke van die klein-tyd treffer, “Daars blomme in die velde, daars riete in die vlei, wie sou dit als gemaak het? Die Here, jad is Hy!”, is die beste beskrywing van ons gevoel hierdie oggend. Een toeris sê: “Daar is blomme in die berge wat geen mens ooit gaan sien nie, maar steeds het die Here besluit om hulle daar te plaas.”  Maymarie besluit dat die meisies se sakke nie swaar genoeg is nie en begin soos Heidi blomme pluk om by ons tasse in te druk. Die Wraakkaptein, Daniël van der Merwe begin sommer vroeg die oggend met die wraaktradisie en die eerste toeriste kan net wonder en hul angs wegsteek.  

Stap: 

Ons stap deur bos en Daniel sê dit lyk asof daar enige oomblik ’n olifant om die draai gaan wees. Sommige van ons het agter Nico vasgesteek, aangesien hy eers sy waterbottel wou volmaak by ’n dun strompie water wat hy die “Fountain of Youth” noem. Toeriste skrik ook elke nou en dan vir die geritsel in die bosse, maar raak toe later gewoond daaraan toe ons agterkom dis net Daniel (met sy beseerde knieg) wat van boom tot boom spring in plaas van die paadjie volg. By die Game-Break haal Nico sy bialetti uit en vervolgliks gaan sit vyf meisies rondom hom. Die Bialetti is blykbaar deesdae die BTK-man se grootse hulpmiddel as dit kom by vrouvang. Later, sluit Martin ook by die groepie aan en eet braaisout uit sy handpalm uit. Hy praat so baie oor daai sout dat mens dink sy pa boer daarmee.  

Middagete: 

Nadat Gido vyf keer gesmeek het om te stop vir middagete en ’n swem in die rivier, stop Johan uiteindelik om 15h00 by ’n lekker rivierpoel. Frederick spring amper dadelik in en sê ook amper dadelik: “Dit lyk lekkerder as wat dit is.” 

Stap 

Die manne (en Maymarie) het Daniel, met die beseerde knieg, se tas van hom afgevat en maak beurte om dit by die berg op te dra. Dit maak dit egter makliker vir Daniel om wydsbeen by ’n krans op te klim. Grethe-hul het die beste deel van die dag se stap gemis toe hulle die makliker pad volg in plaas daarvan om deur die druppende skeure te loop. Die res van ons moes seile uithaal en opsit; Willie sien een waterdruppel en gly; Thalia vra of hy ok is, en gly toe ook; ons besluit toe, hier is dit elkeen vir homself.  

Die Hut – Kameel se gat 

By die hut aangekom: hardloop die dames om te gaan bad. Volgens Janê was dit “finominaal”. Na die gebad, is dit tyd vir kosmaak; Jannie sorteer sy groepie se biltong in hopies volgens vlakke van gemufdheid in die hoop om die Alles-wat-lekker-is-dis te red (toe net helfte van dit wat lekker was het die pot gehaal).  

In die hut: Soos mens die hut intree, sien jy net bene in die lug, Maymarie en Stefan wat ’n streksessie lei en ’n “streel-perseel” (d.i. ’n ry toeriste wat mekaar masseur). Maymarie skree: “Ons is defintief nie ’n cult nie”. Nico was aangewys as die groepie se beertjiepoedingskepper; Daar is voorgestel dat hy dit nie weer hierdie verantwoordelik sal hê nie aangesien hy die skeplepel drie keer in die pot laat val het; Almal sit om die groot tafels, behalwe Johan en Marietjie wat uit die sangbundel voorsing vanaf hul bunk-bed-verhoog; ’n Paar toeriste kyk jaloers na die rooiboekie en wonder hoe hulle een kan aanskaf; In ’n gesprek oor die fiskheidsvereistes van die stap sê Miguel in sy duitse aksent wat hy vanoggend gevoel het toe hy opstaan: “It was like a hangover for the muscles.” 

Buite die hut: Groepie 5 en Groepe B-vir-beste sit en luister hoe Frederick kitaar speel. Almal se oë traan (nie as gevolg van sy mooi liedere nie, maar die HEELTEMAL TE GROOT kampvuur wat ook Jané se baadjie amper 3 keer aan die brand gesteek het). Ons sing: “Dit is so le-e-e-ker om die Here te dien” en oom Francois leer ook vir ons ’n paar van die ou Duitse BTK liedere (Name?). Die sketskrywer is verbaas toe Frederick sê y wil nie seconds hê nie. Kondensmelkkoffie word uitgedeel, en groepie 5 oortuig groepie B om hul lekker sjokolades vir hulle te gee. 

Blikwasser Cornel vertel: “Ek het in die water gestaan en potte was, toe ek iets by my voete voel. Ek kyk af en sien toe ’n krap wat aan my tone begin kou.” Toeriste wil van hierdie geleentheid gebruik maak om weereens die blikwassers te bedank vir al hul moeite.  

Items (word alweer binne gehou. Die gehoor bondelslee sit op die bunk-beds) 

Frederick maak vir Maya ongemaklik as hy vra: “Maya, weet jy wat kan ek doen?” 

’n Martin Monoloog #1 oor Filemon en die verhaal van die leeu-jag. 

Johan en Nienke vermaak ons weer met hul klassieke, T vir Tjiken. Die keer word daar ’n “Tortel” ook gespy.  

Cornel vertel die storie van Die tannie met die pienk rok. Sê-ding: “Al wat hy sien is die ps…ps.. van die psalms.” 

 ’n Martin Monoloog #2 oor die In-Shape program van Strandfotein. Sê-ding: “As ek jou vang, is jy myne.” 

Frederick is die kelner by Weskus (of Ooskus (of Noordkus)) se Viskombuis en Nico probeer net vinnig genoeg die kos opskraap voor Frederick dit wegneem. Sê-ding: “Die kalmste is om belangrik te bly.” (Volgens Martin is dit sy lyn) 

Lize se aandete met haar 3 dogters Blaartjie (Charlotte), Blommetjie (Grethe) en Baksteen (Maymarie). (Toeriste wil steeds weet hoe Maymarie haar gesig so lank so kon trek).  

Dit het maar lank geneem om die BluKaptein Martin sukkel om “Flight 538525 and eleventy” te laat opstyg as gevolg van sy passassiers. Petrus (Johan) en Bets (Jané) maak weer ’n verskyning saam met hulle kat Matewis…Ek bedoel Kabous (Matewis is oorlede). As Petrus en bets nie problematies genoeg was, daag Noël (Mia) met haar kind (Nienke) daar op wat allergies is vir katte. Ek kan dit net as chaoties beskryf.  

Stefan vat goed voort in Rollercoaster en skree ook in die proses: “Moet nie vergeet om te glimlag vir die foto nie!” 

Hekels 

Hilda wil by Nico hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Groot sakke is vir groot meisies.” Hy meen, hoe groter die dame is in lengte, hoe langer sak sal sy kan dra.  

Sy vra hom ook wat hy bedoel het toe hy sê: “Ja, jy moenie meisies vra nie, jy moet hulle dwing.” Nico sê dit verwys na wanneer jy jou stoel vir ’n meisie aanbied.  

Johan wil by Jannie hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Jy ruik ook so.” Jannie sê dat Johan na hy gebad het soos ’n model lyk en voeg toe ook by dat hy ook so ruik. “Hoe weet Jannie hoe ruik ’n model?” Vra iemand uit die slee.  

Cornel wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Jy lyk soos ’n interlink lorrie.” Martin sê toe iets van ’n trekker (Martin praat te veel, die sketskrywer kon nie byhou met wat hy als gesê het nie).  

Martin wil aan oom Francois ’n mosie van wantrou rig.  

Maymarie wil by Hilda hoor wat sy bedoel het toe sy vir Nico sê: “Nee, jy sal my kan kry.” Hilda kan blykbaar nie onthou wat sy bedoel het nie.  

Martin wil weet hoekom Lize notule neem van die hekels. Lize: “Want dis my werk.” 

Hilda wil by Bernard hoor wat hy bedoel het toe hy vir Willie vra: “Is ons nog in sync?” Bernard sê Willie is sy tentmaatjie en hulle het ’n ooreenkoms: Alle drastiese besluite moet saam geneem word. Hy wou dus net weet of hul altwee nog op dieselfde plek is “as ons in die bos ingaan.” 

 

Dag 3 (20 September): Kameel se gat – Doltuin  

Oggend: 

Op die BTK, eet almal te veel en slaap te min.  

Almal is bly dat ons ’n hele halfuur langer kan slaap. Die meisie het alweer in die hut geslaap. Di mans moes aan takke en stompe hang. Marguerite raas met die meisies wat opstaan voor die mans vir ons gesing het; Oom Francois vra: “Waars Martin, ek het hom nog nie vandag gehoor nie.” 

Dit is amper tyd om te stap; Marietjie is nog in haar slaapklere en die inhoud van haar tas lê nog op die vloer, aangeien die ry van die Tone-kliniek nog heeloggend vol was; die blase en stywe bene vang uiteindelik met almal op. Heeltemal teen die BTKultuur word musiek oor iemand se luidspreker gespeel. Dit bring wel ’n nuwe joligheid tot die vroeë oggendure.  

Stap en Game-break 

Ons klim-en-klouter by “Die skoorsteen” (’n laaang skeur) op. Soos ons bo-op die plato kom vra Oom Francois of ons die ou Cremora-advertensie ken, “Its not inside, its on top.” Dit is blykbaar wat gesê word as jy dit deur “Die skoorsteen” gemaak het. Ek dink wel hierdie skoorsteen was makliker om op te klim as die skoorsteen in Sersant Majoor Van Zyl se skoorsteen van twee aande terug se Items. Die meisies word bymekaar geroep, klim en spring tot op ’n klip, doen baie moeite en nee toe een foto met ’n polaroid kamera.  

Van die plato af, kan ons afkyk op gisteraand se hut. Daar bo, met die reuk van sonbrandroom, gelag, gessels, Johan se flou grappies en ’n ligte windjie wat waai, skop die rus werklik in en almal vergeet van aanlyn-klasse en tessise en voel uiteindelik asof ons op vakansie is. (DAAI FOTO) ’n Paar dames sit op die krans en lees Psalms.  

Ps 8: “When I look to your heavens, the work of your fingers, the moon and the starts, which you have set in place, what is man that you are mindful of him, and the son of man that you care for him?…O Lord, our Lord, how majestic is your name in all the earth!”.  

Ps 46: “Be still and know that I am God. I will be exalted among the nations, I will be exalted in the earth!” 

Frederick speel alweer musiek op sy luidspreker en lei ’n dansklas, maar Jané neem later oor.  

Stap 

Marguerite stamp haar knieg en “Dit was seer!”; Daniel Pascoe het elke boom, tak, klip en bos geklim. Iemand sê: “Hy was net crazy vandag.” 

Middagete 

Martin het blykbaar “soos ’n vet baba op die klip geslaap.” Daniel sit op sy hurke en drink water uit die stroompie soos ’n kameelperd. Thalia sê wat vir haar die mooiste is van die middagete-plek is die “riete wat groei in die droogte.” 

Hut 3 – Doltuin 

Daar aangekom, sê Johan: “Julle kan maar swem, dip, rus en tekere gaan.” Ons het vroeg by die hut aangekom en almal stem saam dat dit waarlik net ’n lekker dag was. Dié wat die water gewaag het, het hulself sommer skoongeskrik van die koue. Soos elkeen uitklim lyk dit asof hul aan bomskok lei. Frederick gryp die kitaar, ’n sirkel vorm en ons sing saam tot die son sak. Nienke se harmonië… Terwyl ons kosmaak, kyk ons ook na die mooi maansopkoms. 

Wraakkonsert (slee in die hut) 

Al die eerste toeriste staan buite op die hut se stoep en die oud-toeriste wag in spanning vir die wraakkonsert om te begin. Die eerste-toeriste skree toe, “RASPUTIN!” en stap in ’n ry by die hut in. Dit begin natuurlik met Martin wat weer ’n storie vertel terwyl die rolspelers in ’n sirkel rondom hom sit: “Lank, lank gelede in Niewoudtville…” kyk Rasputin (Bernie) National Geographic en ’n mengelmoes van verskeie diere kom op die verhoog te voorskyn. Daarna skuif Rasputin die kanaal na Boer-soek-’n-vrou, met Martin as die boer en Charlize as Karen, die aanbieder. Martin se vereistes vir sy kandidate: “As sy nie die oog vang nie, kan sy nie die hart vang nie. Ek soek ook nie ’n potplant nie, sy moet kan praat met my. Eks ’n welgeluksalife man.” Die kandidate: 

Lara Croft (Lara): “Hy moet kan skiet en kuite hê.” 

Raponsie van Tangled (Grethe): “Hy moet toring kan klim en kuite hê.” 

Die Pope van Texas (Charlotte): Die sketskrywer gaan eerder nie hier herhaal wat gesê is nie.  

Koningin Stefanus (Stefan): “Hy moet kan visvang wanneer ek wil. Hy moet my met my onderarmhare en als aanvaar.” 

Paris Hilton (Sam) en haar Louis Vuitton (Louis): “He should be able to carry my Louis Vuitton bag for me and fill it with money and schnacks.” 

Martin se Moekie (Cornel) maak ook ’n verskyning en begin die storie van Martin se geboorte vertel en verseker ons dat dit PG en bo die belt is. Haar water breek blykbaar in die woestyn en Martin se eerste woorde was suiwer Namaqualands. Van daar af kon sy hom nie stil kry nie. Martin boer met Butternuts. As bewys skree Willie van ’n bunk-bed af: “Eks ’n butternut!” Martin kry sommer sooibrand as hy vir Koning Stefanus sien en besluit om eerder te BTK as om te Boer-soek-vrou.  

Let wel: Die wraakkaptein, Daniël van der Merwe, was op sy eerste toer (ook Oorlogskloof) by dieselfde hut gewraak! 

Items 

’n Martin Monoloog #3: Die mededinging met die ystervarke.  

Cornel vertel die verhaal van Die glasoog. 

Die visvang-storie: Niemand sal die hoppery en Willie se rittelings van die drie rolspelers vergeet nie. Retief probeer als net onder beheer hou en elke vyf sekondes Frederick Jnr. se bene moet toemaak sodat hy nie die ratter verander nie.  

Jannie kon nie die geleentheid mis om die Oorlog tussen die Duitsers uit te beeld as daar ’n regte Duitser (Miguel) op die toer was wat saam hom en Stefan dit kon opvoer nie.  

Stefan is Pieter is op reis in Rusland. 

Johan, Frederick, Jaco en Schalk speel die seerowers met Lana as die “Lighthouse”. Sê-ding: “Hugo!” 

Die Pikkewyn-puncline is deur Maymarie gelei.  

Ithe cream, Ithe Cream! 

Jannie en Johan en Mnr Fourie se bottelstoor. “As dit waar is, is dit waar.” 

Hekels 

Jannie wil by Stefan hoor wat hy bedoel het toe hy vir Hilda sê: “Jinne, maar jy skiet lekker.” 

Jaco wil by Willie hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Jaco, ek hou nogal van die ouer poel.” Willie sê: “Dit is seker maar die waarheid.” Die ouer dames sit regop en wonder of die Berg-en-Trouklub uieindelik iets sal oplewer.  

Martin wil hoor wat bedoel was toe Willie vir Hilda vra: “Waarvoor is die foto?” en Hilda antwoord: “Vir die kleinkinders.” 

Jaco wil weet wat Willie bedoel het toe hy gesê het: “Die mooi was mooi.” 

Martin wil by Maymarie horo wat haar intensie was toe sy vir sy nommer vra. Maymarie sê: “Martin het gepraat van ’n baie lekekr trouvenue, en ek sien potensiaal.” 

Johan wil by Martin hoor hoekom hulle trouvenues bespreek het. Martin: “My supervisor trou.” 

Stefan wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Haar gatvel is nie geskik om op haar gesig te sit nie.” Martin vertel weer ’n lang storie wat niemand kan volg nie.  

Jaco wil by Bernard hoor wat hy bedoel het: “Julle moet my asb van Carmine af beskerm.” Bernard sê: “Ons was besig om te stap en ja…die aard van die saak is dat Carmine besig was om gevaalrik te raak. Sy wou my met ’n bos slaan. Ek het daarom om hulp gevra.” 

Hilda wil by Nico hoor wat hy bedoel het toe hy vir Schalk sê: “Ek sal regmaak vanaand.” Nico sê: “Hy is hier om goeie verhoudings te bou op die staptoer en die aand is ’n goeie tyd om verhoudings te bou.” 

Daniel wil by Jaco hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Het hy betaal vir die romantic date” en “Ek moes oefen op hom.” Jaco sê een van sy vriende het kom kuier en hulle het toe op ’n piekniek gegaan soday hy kon oefen hoe om ’n meisie op ’n date te vat.  

Jannie wil by Nina hoor wat sy bedoel het toe sy uitkyk op manskamp en sê: “Ek soek iemand.” 

Martin wil weet: “Wie se pap dra ek?…Nee, eks ernstig. Ek gaan dit more op die stoep los.” 

 

Dag 4 (21 September): Doltuin – Pramkoppie 

Oggend 

Dit was definitief die koudste oggend van die toer. Frederick het weer sy luidspreker aangesit en ’n paar treffers gespeel. Hilda en Nina haal ’n hele ABBA dansroetine uit toe Dancing Queen begin speel en later is helfte van die toeriste besig met ’n line dance; dit blyk asof Frederick nie net toekomstige toree gaan reël nie, maar ook ’n paar dansroetines. Schalk verjaar ook “T vir Toevallig” vandag en ons sing vir hom en hy bloos vir ons. 

Middagete (om 15h00) 

Middagete bestaan uit provitas met berge grondboontjiebotter. Soos die sketskrywer opstap dameskamp toe, sy sy hoe al die groepies middagslapies vat. Ons almal is maar moeg vandag.  

Stap 

Ons stap tot by ’n plato met ’n baie mooi uitsig. Ons het almal in ’n ry op die rand van die krans gesit en oud-toeriste wat Drakensberge gestap het, raak sommer nostalgies. Daniel en Hilda (slot en sleutel) sokkie ook, met hul sakke, op die rotse. Stappers sien net draaie en dips.  

Hut: Pramkoppie 

Die dames mag weer eerste gaan bad en Martin kla: “Ons wag so lank vir ons vrouens. En dan, wanneer ons hulle kry, moet ons nog langer wag vir hulle om reg te maak.” Toe Jané vir haar groepie probeer kosmaak, kom sy agter dat sy net een pot het. Blykbaar het ’n paar manne groepie vyf se potte gesteel om mee te gaan bad. Kok Jané was nie beïndruk nie.  

Die mans lyk baie deftig met hulle knopieshemde en dasse vir damesskiet vanaand. Maya en Willlie se sleedates hardloop rond op soek na hul. Blykbaar was hulle skottelgoed. Johan sê: “Net soos mens nie mag diepslee nie, mag hulle ook nie diep skottelgoed was nie.”  

Items 

Nina skop die items af deur die Alfabet van agterstevoor op te sê.  

Hilda en Die Sondagbraai. “Ouen, ek weet nie wie se vrou was daai nie.” 

Mario en Luigi word uiteindelik deur Frederick, Johan en Helette opgevoer.  

Cornel en Roland span ’n draad wat dien as Telefoonlyne. Gido ne Helette hou die draad bo en Moekie maak weer ’n verskyning.  

Daniël van der Merwe wil vir ons ’n liedjie speel en party mense kry trane in hulle oë. Hy vertel hoe hy in Lockdown leer kitaar speel het en hierdie liedjie geskryf het oor die visarend wat hy saam sy pa gesien het. “Ek item nie baie nie, maar dit is my laaste toer so ek wil graag my laaste item doen.” Almal bars toe uit van die lag toe Daniël die kitaar helemal los en soos ’n visarend skree.  

Ninja Maymarie doen ’n backflip en ninja Nina skop die lug.  

Jannie sing ’n lied oor batterysuur en ’n air-guitar. 

Frederick en Jaco is in Pofadder se enigste kroeg. Toeriste wonder steeds of daar pikkewyne is in pofadder.  

Marguerite en Johan doen uiteindelik TRILLL TRILLL! Dink nie toeriste gaan gou Marguerite se diep huilery vergeet nie.  

Peanuts en dakroewe (Nico en Johan, met Cornel en Louis as die swaaideure) 

Mia kla by Dokter-dokter Jaco.  

Frederick en Johan vermaak ons in hul stywe BTK-meisie t-hemde. “VRIENDIN!” 

Ja-nee 

Nooi-soek-’n-boy: Een van die nooie soek graag ’n man met ’n “vars, warm fluitjie asem.” 

Frikkie en Sarel klim alweer die olifant.  

Mr. Price 

Oom Francois vermaak ons ook met ’n item.  

Willie rap die gedig wat hy op skool by die Eistedfodt opgesê het en Bernard beatbox. “Saterdag…Saterdag…Saterdagaand.” 

Lollipop. 

 

Hekels 

Cornel wil by Lize hoor wat sy bedoel het toe sy sê: “Al die BTK-ouens is mos lekker.” Lize sê dit is maar net die waarheid.  

…? “Waarvoor het jy so mooi aangetrek? Om vrou te vang. Martin vra verder: “En vir wie spesifiek?” 

Jaco wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Sys darm nou baie mooier as nounou.” 

Cornel wil ook weet. Die punt is, Lize het gebad, gesig gewas en hare gekam en toe lyk sy baie beter as vroeër. Maymarie sê ook: “Jys genoeg, vriendin.” 

Daniel wil by Stefan hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Gladwrap is vir die bene.” Stefan sê dit is ’n goeie behandelikg vir schin splints.  

Wat het Grethe bedoel toe sy vir Roland sê: “As jy iets uithaal, dan gaan jy dalk gewig verloor.” Grethe sê as jy gronboontjiebotter saam jou pap eet, sal jou tas ligter raak.  

Wat het Maya bedoel toe sy vir Nico sê: “Nico, vir die laaste keer, ek gaan jou boude masseur.” 

Martin wil Hilda hoor wat haar intensies was toe sy gevra het of hy van haar naam hou. Hilda sê dit is ’n pick-up line wat sy geleer het en sy wil toets of dit werk. Toeriste wil weet of dit wel gewerk het.  

Nienke wil by Tracy hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Lick to your hears desire.” Tracy sê dat sy na haar groepie se sjokolade verwys het.  

Martin wil by Hilda hoor wat sy bedoel het toe sy vir Retief gevra het: “Retief, het jy en Grethe nounet eriertjie gekap?” Hilda sê sy het gepraat van die toestand van Retief se Speckled Eggs.  

Lize wil by Zahn hoor wat sy bedoel het toe Lize haar vra saam wie sy slee en Zahn antwoord met: “Ugh, Schalk.” Zahn ontduik hierdie vraag deur te maak asof sy aan die slaap is.  

Jané wil by Jannie, Johan, Bernard, Retief en Willie hoor hoekom hulle met groepie 5 se pot gebad het. Johan: “Ek het nie geweet wie se pot dit was nie. Ek is net dankbaar ek was nie daar nie.” 

Martin wil by Jané hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Hy is hakkerig.” Jané sê Martin vertel so baie stroies dat dit soms klink soos ’n plaat wat vashaak.” Sy voeg by dat sy stories wel baie lekker is.  

Nico wil by Martin hoor wat hy bedoel het: “Ek wil nie haar water hê nie.”  

 

Dag 5 (22 September) 

 

Dit is die laaste dag van die toer. Toeriste eet die bietjie pap en kondensmelk wat nog van hul kospakkies oor is en dink al aan die Spur-burgers van Terrash. Die salige oggend word onderbreek toe Willie ge-blou-yskas word. Toeriste huil toe Voorsitter Johan Slabbert sy rol oorgee aan die nuwe Voorsitter Frederik, wat belowe om meer stiptelik as sy voorganger te wees. Frederick se eerste woorde as Voorsitter: “Ons stap oor ’n REGTE vyf minute.” Drie minute later begin Frederik sy eerste stap as toerleier met die blaas van sy fluitjie en die woorde: “Stap nou!”  

Stappers stop na 500 meter om eers die Boesmantekeninge te besigtig. Daar kon stappers ook die land se hele geskiedenis leer deur Martin wat die tekeninge aan ons uitlê.  Ons stop weer by “High Precipice” (wat waarlik die regte naam vir hierdie plek is). Stappers neem fotos, staar filosofies in die verte in en Daniel Pascoe oorweeg om af te spring. Ons stop ook later vir ’n game-break stop ons by ’n wonderlike waterstroompie waar Nico ’n reëndans doen en Daniel in die stroompie sit – nadat daar gevra is dat niemand in die stroompie sit nie.  

Ons het ook gestap op hierdie dag, maar daar is niks om te vertel, behalwe vir die interressante gesprekke en beeldskone natuur wat altyd saam met ’n BTK-toer kom, nie. 

Ons bereik ons eindbestemming en sit tussen veldblommetjies terwyl ons vir die bus wag. Retief wen die Gentleman’s Challenge, maar Frederik voel dit was onregverdig en sê volgende keer sal hy duidelike wegspringlyne trek. 

Stappers gaan Maan toe: Daniel van der Merwe se BTK-ervaring kom vol sirkel. Sy eerste toer was ’n paar jaar terug by Oorlogskloof en so ook nou sy laaste toer. Hy was die Wraakkaptein by dieselfde hut waar hy gewraak was. Ons sê totsiens aan nog legendes nl. Lize en Daniel Pascoe asook Jane, Nienke en Mia, wat die dames se items ’n hupstoot gegee het oor die jare. Ons groet ook vir Bernard en Willie en is hartseer dat hulle nie meer toere saam ons kon doen nie.  

 

Terrash? Ek kan nie onthou wie gewen het nie. Ek dink moes die keer wegkyk. 

Wildekus 2021

Wildekus 2021

“Ons is Wilder as die Wildekus”

‘n Skets van gebeure deur Lianca Coetzee

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Read More