Franschhoek September 1952

Dis Vrydag, 19 September 1952, en lieflike, maar ietwat warm Lenteweer trek ‘n klomp mense met kakieklere en rooi nekdoeke en nóg heel voete oor Helshoogte. Die kampvuur brand die aand op Pniel en Helgard slaan ‘n blikkie kedens los as wenner van die name ken-wedstryd. Die nag briek Martie weer woes en net ‘n boom red haar van ‘n gewisse bad in die kabbelende waterstroompie. Die volgende oggend egter is almal weer op die been en in die pad. Dié keer onder ‘n hittige son.

Read More

Kaap-Agulhas April 1951

“Ladies and gentleman it is indeed a great honour to me to address you tonight” Cheer!! Ja, dis einste die woorde van General Douglas Mac Arthur maklik ‘n groter hero onder die BT-Kaners as onder die Amerikaners, want hy gooi ons gedagtes weer “boots and all” terug binne in ‘n hoge, ja sommer ‘n baie hoge toer – die Agulhastoer van April 1951.

Read More

Vyeboom-Kleinmond September 1945

Saterdag, 22 September – Maandag, 31 September

Eienaardig-snaaks het die maan deur vliesige wasige skimwolkies geskyn toe ons Vrydagaand by die Uitspan in groepies staan en wag op bevel om voort te stryk na ons Rendezvous agter Industria waar ons soos almelewe weer koffetjies geskink en baie gou ou bekende liedjies soos: “Frü Morgens”, “Kamerad” en “Oi oi oi dis ….” laat weergalm deur die aandlug.

Read More

Porterville-Bokkeveld April 1945

Dit is eienaardig hoedat elke toer uit die staanspoor uit ‘n karakter dra wat hom vir goed onderskei van alle ander toere daarvoor of daarna. Natuurlik is dit nooit dieselfde groep mense wat elke keer gaan nie – en die omgewing en weersomstandighede bepaal ook tot ‘n groot mate die karakter van ‘n toer. So is daar byvoorbeeld nounog sprake, onder die ouer geslag, van die Groot Reëntweer van April 1941. Dit was ‘n groot toer vanweë die groot aantal toeriste – iewers in die koers van 110 – en ‘n groot reëntoer vanweë die buitengewone hoeveelheid water wat uit alle rigtings die toer benat het.

Read More