Dit was ‘n stil groepie BT-Kaners wat Vrydagoggend by Hamelhof bymekaar gekom het. Die bekommernis van die eksamen was nog duidelik op sommige gesigte te lees. Die busse het egter nog skaars ‘n paar treë gery of dit was weereens die skertsende, singende groepie studente van ouds. Nog ‘n verdere middel tot “opwekking” was die talle waterpistole en ‘n hele waterbom wat Tielman getref het.
Sederberge September 1954
Ons was sewe-en-sewentig op die trein op pad na Graaffwater. Party het nog oor die afskeid van Ockert daar in die Kaapse Hawe gedink, ander het al begin droom oor die toekoms, maar wat ons in werklikheid saam beleef het, sou niemand vooraf kon raai nie.
McGregor April 1954
Op Vrydag, 30 April, het vyf-en-tagtig BT-kaners per bus na Robertson vertrek. Hier op pad na McGregor is die eerste nag met die sagte gesuis van reën op die tente, deurgebring. Die volgende dag stap ons met meer gestadigde weer deur McGregor om op Takap te gaan kamp. ‘n Skitterende krieketwedstryd het sy aanvang geneem. Die “veelslagtige” spanne het oor die algemeen beter met die mond as met die bal en kolf presteer. Daar is dan ook begin met die eerste kampvuur, waar die BT-Kaners kennis kon maak met die ultra-modern wonderbaarlike voertuig wat na Mars vertrek het. Volgens die laaste berigte sweef die voertuig nog tussen hemel en aarde. Read More
Ceres-Tulbagh September 1953
So tussen seminaar ingee en laaste klasse deur het die rugsakke en komberse darem ingepak gekom. Toe die bagasie ensovoorts weg is, was dit maar ‘n kort tydjie na die middag toe. Die treinskof het heelwat avonture opgelewer. So baie harte het weer sover getrek vir Tjaain en saam met hom die vinnige groet van ‘n vriendin geniet om helaas te besef dat dit slegs ‘n afskeidsgroet was. In ieder geval het hy en Tielman dit gaande geag om na hierdie krisis en voor andere latere kritieke oomblikke hulle in die trein se eetsalon te gaan versterk.
Montagu April 1953
Ja almal van ons sal saamstem dat nog ‘n baie hoge toer agter die rug is. Alles het sommer voor die wind gegaan en ons kon dit baie geniet.
Vieruur Vrydagmiddag was almal in die bus behalwe Miss Ross wat besluit het om maar liewer halfvyf eers te kom. Gou-gou was ons buite Stellenbosch en het die sewe-en-tagtig BT-Kaners weer hulle liedjies laat weergalm. Read More
