Soos altyd het ons weer voor Hamelhof bymekaar gekom en hoewel ‘n paar byna agtergebly het, het ons darem almal Vrydagaand veilig op Kogmanskloof aangekom.
Omdat die een bus gebreek het moes ons ‘n myl of wat Montagu toe af stap waar ons die eerste poskantoor stormgeloop het en die arme inwoners van die dorp byna uitgeboer het. Hiervandaan is ons toe met die busse tot op Ladysmith vanwaar ons in die bloedigste hitte tot op Hoeko gestap het. Read More
